Springbok vra die groot vraag

(Foto: Willie le Roux/Instagram)

Willie le Roux, die 33-jarige agterspeler wat in 2019 die Webb Ellis-trofee saam met die Springbokke in Japan omhoog gehou het, gaan trou.

Le Roux het op Instagram verklap dat hy en Holly Clare Nichol, wat al vyf jaar lank saam is, Vrydag verloof geraak het.

Gelukwensings het van oral af ingestroom vir die paartjie.

“Uiteindelik my chom! Well done. Mooi myle vir julle!” skryf sanger Arno Jordaan.

Finally strike die sniper die knie. Congratulations julle. Blessings in huwelik,” voeg Stormer Juan de Jongh by.

Le Roux het in 2019 deel van die Verblitz-opset geword nadat hy vir ʼn paar seisoene vir Wasps in Engeland uitgedraf het. Die ervare Springbok-heelagter het egter in April vanjaar op Twitter sy Toyota Verblitz-spanmaats en die klub se ondersteuners vir ʼn “ongelooflike” vier jaar bedank. Hoewel hy niks van sy toekomsplanne verklap het nie, word daar in riemtelegramme bespiegel dat die Stormers dalk in die ry staan om sy handtekening te bekom.

Le Roux is in Stellenbosch gebore en hy het sy skoolloopbaan aan Paul Roos Gimnasium voltooi.

Hy het sy stempel in die Springbokke se jaareindtoer na Europa afgedruk toe hy saam met spelers soos Cheslin Kolbe en Kurt-Lee Arendse sommer so vanuit hul eie halfgebied met die bal gehardloop het.

Le Roux het sy internasionale buiging in 2013 teen Italië in Durban gemaak en hy het die Springbokke reeds in 83 toetse verteenwoordig waarin hy 13 drieë gedruk het.

Willie Le Roux & Holly Nichol Congratulations on your engagement ????????We wish you all the love and happiness in your life…May GOD Bless you????????Love you lots❤️

Posted by Hanlie le Roux on Saturday, June 24, 2023

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Willie Le Roux (@wjjleroux)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Mag hulle hope geluk in hul huwelik hê. En tekkies wat sy in die veld kan dra.

Tino ·

Lyk my hy het hard geoefen om goed te kan vang en nou begin dit vrugte werp…

Geluk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.