Springbokke gegroet: ‘M**r hulle dood’

Fikile Mbalula, minister van sport, groet die Springbokke voor hulle na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker 2015 Foto: @springboks, Twitter

Fikile Mbalula, minister van sport, groet die Springbokke voor hulle na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker 2015 Foto: @springboks, Twitter

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, en ʼn groot skare het die Springbokke Vrydagaand by Montecasino in Johannesburg gegroet voor hulle na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker.

Mbalula het ʼn eenvoudige boodskap gehad vir die Springbokke. “As julle nie met die trofee terugkom nie, gaan julle my nie by OR Tambo sien nie. Maar as julle met die trofee terugkom, sal ons in ons duisende opdaag,” het hy aan die 31 rugbyspelers gesê. “Gaan Engeland toe, m**r hulle dood, bl*ksem hulle, só sê die minister van sport,” het Mbalula in Afrikaans gesê.

Hy het die span verseker die nasie ondersteun hulle ten volle. “Gaan na Engeland en verteenwoordig ons land. Maak ons trots. Staan vir dit wat julle weet wie julle is. Vee die trane van hierdie nasie af. Ons is wenners danksy die Springbokke. Ons glo in hierdie span. Ek sê aan Suid-Afrika, swart en wit, pers en goud moet agter die Springbokke staan.”

Mark Alexander, adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse rugby-unie (Saru), het ook gesê die hele land moet die Springbokke ondersteun. “Hierdie span dra die hoop en drome van die nasie. Julle weet waarlik wat dit beteken om groen en goud met trots te dra. Ons sal ons ongekende steun aan hulle bewys,” het Alexander gesê.

Gert Oosthuizen, adjunkminister van sport en ontspanning, het gesê hy glo Suid-Afrika sal met die hoogste prys terugkeer. “Namens die presidensie van Suid-Afrika bedank ons julle dat almal agter die Springbokke verenig. Ons glo julle gaan die Webb Ellis-trofee terugbring waar dit hoort,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Willi ·

Klomp twee gesigte die lot. Eers was dit amper hofsake om die bokke te keer, transformasie kastig die oorsaak ens ens. Jy kan nooit die duiwel Mbalula vertrou nie, aan die spits van alles en nou wys hy sy swak karakter en maniere ook.

sanja ·

Andre ek stem saam!! Ons het gisteraand na die nuus gekyk, waar dit uitgesaai is, ek kry eintlik skaam!!! President Zuma het ook ‘n boodskap gelewer en sy sinne wat hy gebruik het en sy woorde het my SA hart sommer laat warm klop. Ai……Inelkgeval STERKTE BOKKE, BRING (WEER) DIE BEKER HUIS TOE!!!

Bruno Stef ·

Sou aanvaarbaar gewees het as Fikile en Oosthuizen nie hulle onkunde so luidrigtig te kenne gegee het nie die mense het hulle self genooi om die NARRE van die geleentheid te wees.Dit is n verleentheid vir baie mense maar oppertuniste moet van alle geleenthede wat beskikbaar is gebruik maak om n indruk te probeer maak asook hulle eie ek.

Ai, ai ·

Swak…

Maar sterkte, Bokke, ons is hier reg agter julle — bankvas !!!

Winston ·

Swak. Ek het eintlik die wroeging voel opstoot. Is dit ons “leiers” se woorde??Voorspoed Bokke ek glo julle kan!! Al kom die wind van voor af.

christine ·

Ek was so skaam,beoefen die sport en goeie sportmanskap, los die lokasiemaniere maar by jou huis sies

Freek Engelbrecht ·

Ek dink nie sulke woorde pas om van n openbare verhoog af te gebruik nie. Ongelukkig wys dit die kwaliteit van die leierskap in die R.S.A. Dit moedig geweld op die sportveld aan.

Jessie Aylward ·

Saai die rugby op sabc 2 of 3 uit dat elke SA dit kan sien EN geniet dan kan ELKEEN wat in rugby belangstel AGTER ons SPAN staan. Almal het nie geld om DSTV’s te kan bekostig nie EN so kan daar n paar lewens gered en minder ongelukke ook wees want nou moet die mense in pubs gaan sit en kyk Hulle drink n dop of 2 te veel en neuk in n boom vas of nog erger in n ander onskuldige familie vas. Dit kan n lewe red en 1 minder in die tronk sit Dis maar 1 voorbeeld : By die pub is dit 1 of 2 mans of n man en vrou wat sit en rugby kyk en dronk raak oor hul nie by hul huis dstv het nie nou kry jy n hele gesin wat by familie of vriende gaan “braai “en rugby kyk en dieselfde gevolge van drink en bestuur

Asjas ·

Ek stem saam met jou. Ons het jare terug dstv afgesit want ons was moeg vir die swak programme en heruitsendings die heeltyd. Rugby is ons nasionale sport en behoort toegangklik vir almal te wees. Ons betaal mos tv lesensies. Saai uit op SAUK!

Marie ·

O wereld.Multichoice sal hulself betjorts. Almal sal hul DSTV kanseleer. Hulle weet solank hulle die sport kanaal “hef in die hand” het moet almal die volle pakket neem om sport te kyk. Blerrie skelms.

Maretha ·

Sterkte Bokke. So jammer dat daar altyd in Afrikaans gevoel word deur ander talliges. Om rugby te speel beteken nie om te m..r en te bl..sim nie. Onkunde

Jessie Aylward ·

Vir die SPRINGBOKKE alle voorspoed manne . Wen of verloor julle bly ons hero’s. My opinie van die minister van sport se uitlating oor as hulle nie beker huistoe bring nie gaan hy hulle nie by die lughawe inwag nie is ongevraagd. Ons manne doen hul bes en as enige iemand dink hul kan beter doen laat hulle dan die trui en boots aantrek en self gaan speel. (daar is) net 1 ding wat ons manne moet verander en dis hul toks “Een drag maak mag” Ek hou nie van die rooi ,geel,groen en allerhande kleure wat hul nou dra nie

CHRISTA ·

Wys jou hoe diskriminerend ons minister van sport is. Het hy dieselfde vir Bafana Bafana (of is dit Banana Banana) gesê?

Cum Laude ·

Sirkus Nar Fikile Mabula! Jy was die skande van die dag en eintlik die hele Farewell gespoil met jou shebeen uitlatings. Die bokke was seker bly om uit jou geselskap te kom. Jy gaan seker saam om jou politiek te doen daar op ons budget! Wat is volgende? Sing die volkslied?

pop ·

Ek het ook skaam gekry. Wie se vir die man ons praat so, en dit in die openbaar. Vloekend en bar. Ons afrikaanssprekendes is mos opgevoed, nou maak hy of ons maplotters is. Dit was nou kommin.

Gerhardt ·

Ek stem saam met almal hierbo. Die “minister’ se maniere is swak. Dis baie maklik om in ‘n ander taal te vloek. Ek kan ook, dit maak my nie oulik of “inklusief” nie. Die man is ‘n twee stert jakkals, agreraf wil hy die span uitemekaar haal vir “transformasie”, vooraf is hulle sy “helde”. Waarom het mens in elk geval ‘n “minister” van sport nodig?

Sam ·

Bitter teleurgestel in ons lands leiers, verteenwoordigers. Hy moet onmiddeliks die trekpas kry. As iemand nou sterf wie teen die bokke speel. Wat die bokke moet hulle dood moer. Waar kan ek die onverantwoordelike onmanierlike minister rappprteer

Champ ·

Ek wil net by die man weet wie het hom die reg gegee om sulke bars krutaal in my kinders se teenwoordigheid te uiter. Dis n skande vir al ons kykers. Glo nie die Bokke gaan dit maak nie, te veel politieke inmenging groete.

Susan Joubert ·

Aikona baba Fikile. Moenie m**r se op National Tv nie? Oki by die rugby waar die bokke speel nie. Hulle is S.A. Se trots en moet ten alle tye met respek behandel word. Ek hou duim vas en is trots op julle bokke!

Gus ·

Oo, jitte, die skynheilige preutse klomp. Lag bietjie vir n nar, sien humor raak, as dit iemand soos Leon Schucks was, het almal dit saam geniet.
Sportminister en ANC is nie my gunstellinge, maar hy vermaak my.

Petrusmypoepstinkook ·

Dankie tog iemand wat sy sin vir humor positief kan gebruik. Jis dis skandelik dat ons mense se stuck op high horse benadering het. Asb tog erken dit nou maar as een van daai nasionale party narre dieselfde gese het sou julle gou se: ooo pietie praat met soveel passie.

Dave ·

Poppie, ek is verdomp bly jy het ‘humorsin’ in aanhalingstekens geplaas. Ek sou dit ook doen.

Eliza-beth ·

Is dit nie snaaks dat, as iemand nie weet hoe om snaaks te wees, hulle, of onder die belt, of met swak taalgebruik, DINK hulle is snaaks.

tina ·

Ek wil my verstout om te se , dat ek nog nooit sulke swak gedrag verwag het van ‘n prominente figuur, wat veronderstel is om leierskap te toon. Die, gee maar net ‘n geheim weg van swak sportmanskap en ongeletterheid, wat nog te se om ‘n ambassadeur te wees in ‘n nasionale sport, waar die bokke Suid Afrika internasionaal verteenwoordig.
Ek sidder om te dink as die die springbokke volgens kwota-stelsel ingedeel is, watter skandes sou hul maak, as hul die uwe se gedrag reflekteer.
Nee, daar is perke, en ek distansieer my van derdewereld se opvoeding.
Dit lyk vir my dat hierdie soort van taal en gesprekvoering die tendens van ons tyd gaan wees, as ek so na die walglike gesprek van die nuut gekose anc-jeugliga leier van limpopo lees, wat ook n verleentheid is en onder die belt kommentaar lewer van een of ander vroulike teestander. Dit maak my sommer naar.

Lientjie Schwim ·

Hopelik kan die buitewêreld hierdie woorde ‘translate’ en dan begin sien met watse tipe van Barbaarse Wreedheid ons geteister word in die nuwe Suid-Afrika. Sjoe, wonderlike voorbeelde wat ons ministers stel vir ons..

nicoprinsloo ·

Ek nooi die minister uit om sy fout te herken en jammer te se vir die woorde wat hy kwyt geraak het wys ons jy kan ook n fout maak

Dave ·

Nico, hier’s nie tyd vir flikflooi nie. Bly uit politiek want dit is nie vir sissies nie.

Jaco Grobler ·

Stem saam, soos wat ek kon aanvoel oor die radio die dag is die hele afskeidsgeleendheid deur gevoel van trots, mooi woorde van sterkte, en in statige stemming oorheers, ek was vir die oogggend weer hoopvol en trots om ‘n Suid-Afrikaner te wees, en hier kom die persoon wat die meeste professionalisme moet betoon en maak alles ‘goegkoop’. Sterkte bokke, ons weet julle karakter is veel dieper as oppervlakkige uitlatings, julle voel die hart van die land as julle die g&g aantrek, julle speel vir ons, die gewone mense, en nie vir die ‘eer’ om as helde by die lughawe ontvang te word op terugkoms nie.

Hannes. ·

Hy se hy gaan nie daar wees as hulle sonder die trofee huistoe kom nie. Dit sal ons nog so n verleentheid spaar. Maklike som om te maak. Sy teenwoordigheid is die grootste verleentheid.

annie ·

En dit is hoe julle n voor beeld vir ons moet wees julle is grapgate vir die mensdom maak julle eie naam ..,…..

CHRISTA ·

Dit bring die ANC se ware kleure na vore – als en almal wat nie na hulle sin is nie moet doodgemaak word!!!

GES ·

Mbalula se lokasie gedrag is ‘n verleentheid vir sport wêreldwyd. Sport en geweld het niks in gemeen nie.

Christie Joubert ·

Sterkte aan die Bokke. Maar, daardie patetiese ou boodskappie spreek boekdele oor sy (geen) opvoeding. As die nie so vieslik was nie, kon ek dit dalk lagwekkend gevind het. Jy wys maar net weereens vir ons dat jy geen maniere het nie. Die wêreld lag vir ons!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.