Springbokke gevra om wit linte te dra teen plaasaanvalle

Foto: ASICS / SA Rugby.

Die Vryheidsfront Plus het ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gedoen dat die nasionale span Saterdag tydens sy kragmeting met Nieu-Seeland ʼn wit lint uit solidariteit met die landbougemeenskap dra.

“Plaasaanvalle is ʼn saak van nasionale belang. Plaasaanvalle en -moorde is vroeër vanjaar in die parlement as ʼn saak van ‘dringende openbare belang’ gedebatteer. Plaasmoorde bring voedselsekerheid in die gedrang en het daarom ʼn direkte impak op al die inwoners van die land, wit en swart,” het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Volgens Groenewald toon beskikbare statistieke aan dat daar sedert Januarie vanjaar al meer as 60 mense in meer as 277 aanvalle op plase vermoor is. “Dit is veel meer as die sowat 50 mense wat verlede jaar in 457 aanvalle vermoor is aangesien dit nou eers begin Oktober is.”

Groenewald het gesê niemand in die land kan die desperate situasie van die landbougemeenskap ontken nie. “Selfs die minister van polisie, Fikile Mbalula, toevallig die vorige minister van sport, het onlangs gesê landelike veiligheid moet geprioritiseer word in ʼn poging om landbouers te beskerm,” het Groenewald bygevoeg.

“Die VF Plus vra daarom dat almal in die land, ongeag hul politieke oortuiging, Saterdag ʼn wit lint op die bors dra. Dit is om te wys dat hierdie veldtog niks met politiek te make het nie, maar uit erkenning dat ʼn groep mense wat onontbeerlik is vir die suksesvolle voortbestaan van die land en sy mense onder beleg is en almal se steun nodig het,” het Groenewald gesê.

Saru het aan Maroela Media bevestig dat hy die skrywe ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Yster ·

Mooi so. Hierdie is nou n goeie toets vir SARU. Kom ons kyk wat gebeur. Kan ons ni die All Blacks vra om dieselfde te doen. As al 30 spelers dit doen kry die Wêreld die boodskap van wat hier gebeur.

Eish ·

Ons hou duimvas hul doen dit. Ek wonder of hul nie moet toestemming hê van die IRB nie.

Leeu ·

30 goetertjies op die arm gaan absoluut niks doen nie. Lande sit met hulle eie probleme, hoekom worry oor n 3de wereld land. Almal wat gaan kyk kan dit ook dra, gaan niks verander nie.

rollie ·

Daar was 72 plaasmoorde verlede jaar as ek reg onthou. Gaan dit meer wees hierdie jaar?

leon ·

My raaiskoot is dat SARU nie die beroep op die dra van armband sal ondersteun nie.

Hendrik ·

Goeie idee, maar ek eet my hoed op as dit gebeur. Rugby, soos ons ander kultuurskatte word al sederd 1994 afgetakel – so probeer hulle ons identiteit vernietig.

@ Armand ·

Lol Sjef jy is darem baie positief .. VAN TOE AF?? Werk bietjie uit in hoeveel jaar is dit tweekeer gewen? Ons is nou in 2017 – net tweekeer die wb gewen? Beslis iets groots fout.

Sjef ·

@Armand , dan is daar beslis ook groot fout met die All Blacks ook, sedert 1995 het hulle ook nog net 2 keer gewen. Klink my ons is goeie weers vriende.

Hendrik ·

Sjeff, 1995 se wen was maar nog op die rug van die ou bedeling. Kyk waar staan SA rugby vandag – in sy glorie in getransformeer. Verder word ons Afrikaner kultuur afgetakel deur ontkenning van ons vakansiedae, verdraaiing van ons geskiedenis, verbanning van Afrikaans uit universiteite, transformasie van Afrikaanse skole na Engels, veral in die platteland, kaping van RSG … ek kan die heel dag aanhou. Ek eet my hoed op as SARU instem dat die Bokke met die wit strikkies mag speel. Op die heel beste sal hulle instem en die boodskap verdraai dat die strikkies teen alle moorde is.

Kiepie ·

MM wie is Groenewald en watter organisasie verteenwoordig hy/sy? Of mis ek iets in die berig?

UnSub ·

Het jy die berig gelees???? Ek haal aan: “leier van die VF Plus.”
Dis ‘n plesier.

Nel ·

Is ‘voedselsekerheid’ al rede waarom plaasmoorde veroordeel moet word?? Elke boer wat vermoor word se lewe is ‘n miljoen maal en meer werd as ‘n bord kos op die tafel…..

Johanna Botha ·

Dis n baie goeie ding om aandag te vestig op al die sinnelose plaas moorde, want die anc se of doen NIKS …sal ook gaaf wees as hulle kan begin punte score.

Adam ·

Wie wil jy sien punte “score” , die Bokke of die VF Plus. Beide het dit ewe nodig, maar dit sal ‘n groot verrassing wees indien die versoek by Sy “Ydele” Jurie Roux verbykom. Dit is egter hoog tyd dat ons plaasmoorde, asook alle vorme van geweld, onder die buiteland se aandag bring. SA is tans nie van veel internasionale belang nie en dit is elkeen van ons se plig om die boodskap uit te dra.

MM ·

SARU – ek hoop julle gaan dit goed keur – en dat almal wat die Rugby gaan bywoon dit sal dra – As dit nie deur die Springbokke gedra mag word – sal ons +-50duisend mense op die paviljoene het wat dit sal DRA. Dankie VF – Neil nee dit gaan defnitief nie net oor Voedsel nie – maar oor ons BOERE ook – moet daar altyd iets negatiefs gese word as “IEMAND” iets wil doen – Regtig

A van C ·

Ek het my nek uitgesteek en hierdie dieselfde versoek aan die All Black bestuur gerig via epos.

Daar’s niks om te verloor nie, die ergste wat kan gebeur is hulle kan my ignoreer.

Laastens gaan ek my ook nie steur aan Suid-Afrikaners se negatiewe kommentaar rakende hierdie berig nie.

Eish ·

Wel, ek dink dit gaan wys waar die lojaliteit lê. Probleem gaan wees spelers van ander agendas. Wanneer jy n gronddiefstal aanhanger is, gaan dit bietjie bots met jou siening.
Indien die All Black’s dit wel dra en die bokke nie, hoop ek vir n allesoortreffende, geskiedenisboekherskrywende, plaaslike boerboknederlaag.

Johan ·

En sê my bietjie – wat doen jy om aandag daarop te vestig?

Liewe Heksie ·

Julle hoop verniet die Springbokke gaan dit doen, as dit gebeur sal ek die eerste een wees wat sal sê “Jammer”. Die Springbokke sal te bang wees om hulle name aan iets soos Plaasmoorde te koppel, dit is te “wit”, te bang hulle word as rassisties geklassifeer en hulle betalings kom in die gedrang.

Boet Fasie ·

Saam met die wit bandjies , ‘n minute van stilte na die volkslied sodat die hele wereld kan weet en hoor van die moord op boere

Eish ·

Minstens is die bal aan hul kant. Hoe hul hom speel, kan dalk n beduidende invloed hê op ondersteuning. Die bal is in SARU se hande. Die lieflingsport van die Afrikaner is dalk net uitgelewer aan hewige politieke besoedeling.

Ou Vlakvark ·

Die SA rugbyspelers het die opsie om uit innerlike oortuiging die knie-sit posisie in te neem terwyl die SA Nasielied gespeel word, soortgelyk aan wat die Amerikaanse spelers die afgelope tyd doen.

Eish ·

Hoekom?
In solidariteit indien hul nie die wit dra nie?
Nkosi sekeldraer het nog nooit en sal nooit my op my knieë bring nie. Ek staan te moeilik op.

Armand ·

Ek kan verstaan dat Afrikaners negatief is oor kwessies soos hierdie. Met elke plaasmoord en plaasaanval word ons net meer mismoedig. Dit verg egter van ons om aan te hou hoop op ‘n beter toekoms. Hoe? Ek weet nie, maar die Here weet en ek glo dat Hy ‘n plan het. Ons vra altyd wat om te doen; daar is baie wat ons kan doen en hierdie is een manier wat ons kan gebruik om die wêreld te wys hoe Suid-Afrika se witmense vermoor word. Dra wit linte, wit hemde, verander julle profiel foto’s na wit. Laat die wêreld sien!

@ Armand ·

Ek stem saam Armand, hier is alweer ‘n paar dwarstrekkers hier. So asof een van hulle Springbokke is, maar dit sal selfs goed wees as die toeskouers ook ‘n wit lint of band om hulle arms dra. Laat die wereld sien, laat die wereld weet, my vriende in oorsese lande sê daar kom NIKS van die plaasmoorde in hulle koerante nie. Hier word ons gebombardeer met elke aanval in Amerika en Europa en hulle weet nie van EEN boer wat hier vermoor is nie.

Gogga ·

Pragtig Vryheidsfront ek stem 100% saam met die dra van die wit linte! Die plaasmoord kan nie so aangaan nie. Jy is net totaal uitgelewer aan die moordenaars en die Regering steur hul nie daaraan nie!! Dis nou tyd om te wys hoe ons daaroor voel!!

Wit boer ·

Sjoe, geen wonder ons Afrikaners word so uitgeroei nie, dit is nie asof hulle gevra het dat die Springbokke WAPENS moet dra nie, dit gaan oor die simboliek daaragter. Maak ook nie saak of die Vryheidsfront of ‘n weduwee van ‘n vermoorde boer dit gevra het nie, dit gaan oor eenheid .. oor die feit dat jy OMGEE vir ander. Maar almal sit weggekruip in hulle veilige golf estates terwyl boere en hulle vrouens wreed verkrag, gemartel en vermoor word. Ek WED julle SARU gaan dit teestaan.

Thea Gerber ·

Dalk kan die bokke wen teen die ABs as hulle wapens dra, maar ek sal ook wed daarop dat die bokke nie toegelaat sal word om wit bandjies te dra nie, dit sal as rassisties beskou word.

FM ·

Nee wat, die anc en eff sal betoog teen die dra van wit bandjies. SA rugby sal dit as te sensitief beskou. Ek sal in die lug opspring as dit wel gebeur en dan weet ek SA is op die herstelpad. Maar julies en zuma sê mos die blankes het die grond gesteel. Daarom sal hulle alles in hul vermoë doen om dit te verhoed. Mooi VF Plus dat julle probeer. Julle het my volle ondersteuning.

alwyn burger ·

Die VF+ moet ophou om politieke puntjies aan te teken! .SARU gaan die versoek nie teenstaan nie……hulle gaan dit nie eers OORWEEG nie.

Deliladelange ·

“Die VF Plus vra daarom dat almal in die land, ongeag hul politieke oortuiging, Saterdag ʼn wit lint op die bors dra. Dit is om te wys dat hierdie veldtog niks met politiek te make het nie, maar uit erkenning dat ʼn groep mense wat onontbeerlik is vir die suksesvolle voortbestaan van die land en sy mense onder beleg is en almal se steun nodig het,” het Groenewald gesê.

Klaar lees tot aan die einde, nê.

LMF ·

Wat as elke toeskouer ook een by die hek kry en dit ook aansit dit behoort iemand se aandag te trek net dalk kan iemand wat n verskil kan maak dit raaksien en hoor vir my wen of verloor ek sal dan eers trots op my springbokke wees

Zach ·

Lol, wat n grap ! Ons onderstuen die springbokke en die sport maar die springbokke sal nooit ons saak onderstuen nie.
Ons dien die sportafgod maar die afgod weier om ons te dien !
Wit stukkies gaan nooit gebuer nie !!

Ou Erdvark ·

Die SA rugbyspelers het die opsie om uit innerlike oortuiging en uit solidariteit met die landbougemeenskap die knie-sit posisie op die veld in te neem terwyl die SA Nasielied gespeel word, soortgelyk aan wat die Amerikaanse spelers die afgelope tyd doen. Die toestemming van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) HOEF NIE VOORAF GEVRA TE WORD NIE.

Chrisjan ·

Dis nou ‘n baie goeie idee.Hier is nog een : laat die bokke weer in rooi klere speel.Dan is dit minder traumaties as hulle weer pak kry.

Boet Fasie ·

Kom ons kyk watter toeskouers Saterdag met die toets die “guts” het om ‘n wit bandjie om die arm te dra ten ondersteuning van die plaasboere wat vermoor is .Kom ons begin by onsself en dat die golf versprei na ander om ons.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek kyk na BAIE jare nie meer rugby nie maar Saterdag gaan ek spesiaal kyk of dieSpringbkke die wit lintjie dra. Sal die rugby-unie die WIT linte toelaat of die bruin kleur wat iemand voorgestel het. Hoop ons word nie teleurgestel nie.

Koos ·

Ek eet my hoed op as hulle dit doen! Sou wel indien dit gegaan het oor 1976 se Soweto onluste….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.