Springbokke se vlug vertraag

Die Sprinbokke vier hul oorwinning teen Engeland tydens Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd. (Foto: Verskaf).

Springbok-ondersteuners sal effe langer moet wag om al hul Bokhelde Dinsdag by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg op tuisbodem te verwelkom, aangesien een van die Springbokke se vlugte vertraag is.

Die Springbok-groep reis in twee groepe uit Japan met afrigter Rassie Erasmus, kaptein Siya Kolisi en verskeie ander spelers wat na verwagting 16:30 sou land. Dié vlug van Japan via Sydney in Australia is egter weens tegniese redes vertraag en word nou omstreeks 19:00 verwag.

Ondersteuners hoef egter nie te bekommerd te wees nie aangesien die eerste vlug met spelers soos Pieter-Steph du Toit, Duane Vermeulen, Cheslin Kolbe en Makazole Mapimpi na verwagting betyds sal land. Dié groep sal dan hul weg deur doeane vind na ’n mediakonferensie wat vir 17:30 geskeduleer is.

Die tweede groep sal ongeveer 20:00 by die eerste groep aansluit, sodra hulle geland het.

Al die spelers sal ook ʼn kort openbare verskyning op die lughawe maak.

Gautrein het intussen aangekondig dat alle Springbok-ondersteuners in ’n Springbok-hemp sonder enige bagasie gratis met die Gautrein van enige Gautreinstasie na en vanaf die lughawe kan reis om hul Bokhelde in lewende lywe te sien.

“Ná die Springbokke se ongelooflike oorwinning in die Wêreldbeker-rugbytoernooi, het Gautrein besluit om hierdie glorieryke prestasie te vier deur gratis ritte aan alle Springbok-ondersteuners te bied, sodat hulle die span kan verwelkom op die OR Tambo Internasionale Lughawe,” sê Jack van der Merwe, uitvoerende hoof van die Gautrein-bestuursagentskap.

Dié gratis ritte is geldig van 13:30 tot 15:30 en 18:00 tot 20:00. Dit is nie duidelik of Gautrein dié tye gaan aanpas weens die skielike vlugvertraging nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ondersteuner ·

Hi Bokke, Gautrain hoef dit nie te gedoen het nie, dit is ‘n baie groot vergunning wat hulle maak, nou is dit ook ‘n probleem, (Tipies SA’ners) Baie dankie Gautrain

Gerda ·

En eweshkielik breek Gautrein en kan hulle nie die belofte na kom nie….

JK ·

Die Gautrein beweeg op tyd 96% van die tyd, maar (tiepies Saffa) moan oor die 4%.

JJJ ·

Belaglik hoe julle kan moan oor als. Geen wonder SA is waar hy is nie. Geen land kan groei as die nasie so is nie.

Apools ·

Gaan eenmaal oorsee, na ‘n eerste wereld land. Kyk hoe werk ‘n geintigteerde passiers trein netwerk en kyk hoe werk ‘n geintigteerde goedere trein netwerk. Kom terug SA toe. Lag of huil.

Scalla ·

Ek het my springbok trui in my rugsak saamgebring, na werk aantrek en wou hop op Gautrein lughawe toe en dan huistoe, sal blykbaar nie toegelaat word met my sak nie.
Verneem ook intussen vlug is vertraag, dankie, maar ek gaan hulle eerder mis.

bokke ·

Maar nie een trein sou geloop het as dit nie vir swart arbeid was nie. Useless, sou staan soos wit olifante sonder spore.

Swartwolf ·

Baie minder treine loop agv ee bestuur by transient en prasa…. baie meer passasiers trein ongelukke ook. Baie treine brand agv taxi assosiasie sabotering veral daar in die kaap in.

Judge Dredd ·

Julle “positiewes” se naiewe besluite maak ons al letterlik dood vir dekades – kry maar vir jou.

Erika ·

JJJ ek stem met jou saam, niks of niemand is ooit goed genoeg nie al probeer hulle hoe hard.

WESKUS NOOI ·

Kon hulle nie maar saam in 1 vliegtuig gevlieg het nie???

Kallimaari ·

Nee, hulle kon nie, aangesien ‘n vliegtuig nie beskik oor genoeg sitplek in besigheids-klas vir die hele bok span op een slag nie. Dit sou dus behels dat die span in ekonomie moes vlieg, wat onder normale omstandighede nie problematies sou wees nie, maar dink jou in, die arme manne sou nie uitgelos word tydens die vlug nie soos wat Jan Alleman alewig om hulle kom hang nie. En na die laaste 6 weke gun ek die span darem so bietjie luukse rus.

Ant ·

Hoe great is dit van Gautrain, good job baie dankie !!Wens ek kon join

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.