Springbokkie op nuwe Wêreldbeker-truie lei tot ongelukkigheid

Jean de Villiers in die nuwe Springbok-trui vir die Wêreldbeker. Foto: Saru/Facebook

Jean de Villiers in die nuwe Springbok-trui vir die Wêreldbeker. Foto: Saru/Facebook

Die Springbokke se nuwe truie vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi later vanjaar in Engeland is amptelik bekendgestel, maar het tot groot ongelukkigheid onder gebruikers op sosiale media gelei.

“Die belangrikste doelwitte in die ontwerp van klere vir die Springbokke was om gewig te verminder sonder om sterkte prys te gee. Die trui vir die 2015-Wêreldbeker-rugbytoernooi sal die ligste nóg wees om deur Suid-Afrika gedra te word, 70 g. ligter as enige vorige trui,” het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gesê.

Die nuwe truie is Donderdagaand tydens ʼn spoggeleentheid in Kaapstad bekendgestel. Foto’s van die nuwe truie het kort daarna op sosiale media begin versprei. Talle mense was ongelukkig oor die Springbok wat nie voor op die trui verskyn nie maar eerder op die mou.

Saru het toe ’n verklaring uitgereik waarin hulle gesê het dit is slegs ʼn “tydelike verskuiwing” om te voldoen aan kontraktuele vereistes van die toernooi se organiseerders. Volgens Saru is die plasing van die Springbok op die mou slegs vir Wêreldbeker-gebeure en is dit die eerste keer in Oktober 2010 al deur Saru gekommunikeer.

“Die Springbokembleem is op die linkermou van die truie geplaas vir alle daaropvolgende Wêreldbeker-rugbytoernooie: vir mans, vroue, Sewes en o.20’s. Ander lande – soos Australië – skuif ook hul spanne se embleem na die trui se mou vir Wêreldbeker-gebeure.”

Saru het verder gesê die plasing van embleme word nie deur borge bepaal nie en dat dit die gevolg is van huidige regulasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Manie ·

Hulle kon eerde die Protea heeltemal verwyder het, en dan die Groot emblwem in sy plek gesit het met die kleintjie steeds op die arm! Dit is “Branding” Soos hy nou is skep dit verwarring en dit gaan daartoe lei dat die Springbok gaan verdwyn! Met wie se kop wil hulle nou eintlik smokkel?

Philip ·

Hoekom sit hulle nie maar ‘n ebleem van nkandla daarop nie?

Gwen ·

Sjoe, ’n volle 70 gram. Ek is seker die spelers gaan die verskil agterkom. Plaas hulle die politiek rondom die trui verminder…

Gerhard Bezuidenhout ·

Het die ANC se veelbesproke sportminister n hand hierin.

nico ·

Ag moeder wat n verskoning die truie moet nog net n geel kleur wees en die naam verander na banana benana

Betsie Bester ·

Haal af daai hengse groot protea op die bors dan
is daai trui nog 70 gram lighter, en sit terug die
Springbok waar hy hoort. Hulle wil dan nou so “lig”
as moontlik gaan.

jacques ·

In die vorige wereldbeker was die embleem ook op die trui en dis niks met politiek uit te waai nie , dis n vereiste van die irb

Joe64 ·

Dis om te kyk hoeveel rugraat daar in die Afrikaner steek. Binne drie maande het almal dit so aanvaar en drink bier en juig as die proteas speel, dink nie ‘m oomblik aan die feit dat hy die ondergang van homself en sy kultuur finansier en ondersteun nie. So ‘n volk verdien wat hom toekom!

Nico ·

Waar sit die magtige All Blacks, Engeland en Ierland se embleme? Viva All Blacks!

HEVW ·

Die verduidelikings is eweeens so leuenagtig as zuma sn.Dit is maar weer gorillamentaliteit om die springbokembleem uit te faseer. Ons weet mos lankal die embleem word met afkeur bejeen vanwee sy historiese aard en dat dit verbind word met die Boere Afrikaner. Die embleem sal later op die gatsak van die bokke wees.

Deon Hoon ·

Saru wil tog so graag daai bok uit die sisteem kry. In rugby is dit `n eer om `n springbok te wees, nie `n protea nie. Die LOGIESE sou wees om die protea op die mou te sit. Hoop daar is genoeg wat soos ons voel.

HEVW ·

Joe 64, stem saam. Dit is soos n salami wat skyfie vir skyfie gesny word. By elke skyfie is daar n skokgolf tot alles weer tot ruste kom, dan word die volgende skyfie gesny. In elkgeval is die oordrewe sportbeheptheid daar om ons aandag van die werlike probleem van die land af te lei.

Tom Theron ·

Die nuwe komende Afrikanerrepubliek sal weer ‘n springbok embleem hê. Los maar die piesangs dat hul hul eie kleur en geur spannetjie bou wat in elk geval nie springbok embleem wrrd is nie.

Philip Swanepoel ·

Jy is SO reg!!! En dan wil die Banana Benanas nogal die 2023 Wereldbeker aanbied? Teen daardie tyd is DIE land ten gronde en leeg gesteel!

esther van huyssteen ·

Dink hulle ons is almal idiote!!!!!!! Dis net die begin van die einde van die springbok-embleem!!!!

Michiel ·

Wat probeer hy nou sê met die 70g ligter – was die vorige springbok bietjie oorgewig?? LOL! Streamline die outjie dan, sit die protea op die mou, die maer springbokkie voorop en SIEDAAR! Probleem opgelos. Ai…..

Yolandi Trollip ·

70g kan sekerlik nie so fantasties wees nie, Victor se verbande alleen weeg seker ‘n kilogram.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.