Springbokspan ʼn ‘netjiese balanseertoertjie’

Rassie Erasmus: Foto: Twitter/ @Springboks

Kritiek sal daar altyd by die kies van ʼn Springbokspan wees, maar die groep van 43 spelers wat Rassie Erasmus Saterdagaand bekend gemaak het, is ʼn netjiese balanseertoertjie.

ʼn Mens maak dié stelling gegewe die spesiale uitdagings wat die Springbokafrigter Rassie Erasmus die hoof moes bied.

Erasmus moes voldoen aan die vereiste getal bruin en swart spelers, en die SA Rugbyunie (Saru) se vreemde aanvaarding van Saterdag se toets teen Wallis in Washington DC skep boonop ʼn unieke uitdaging in die geskiedenis van Springbokrugby.

Hy is ook besig met ʼn regrukaksie van die fiasko waarin sy voorganger Allister Coetzee Springbokrugby gedompel het. Oor bietjie meer as ʼn jaar moet Erasmus naamlik sy span vir die Wêreldbekertoernooi in Japan (20 September tot 2 November) aankondig en voor dan in die oorblywende sowat 18 toetse die voorste kandidate in ʼn eenheid saamsnoer.

ʼn Werklike oordeel van die huidige groep, eintlik twee spanne, sal nietemin eers gedoen kan word wanneer Erasmus, waarskynlik Maandag, die spanne aanwys wat eerskomende Saterdag in die VSA moet speel.

Dit sal allermins die land se bestes wees wat die twee opeenvolgende neerlae op die afgelope twee jaareindtoere teen Wallis in Washington moet gaan wreek. Na verwagting sal daar min van dié toets se spelers wees wat daarna ook teen Engeland op die daaropvolgende drie Saterdae ingespan sal word.

Die groep van 43 sluit 19 bruin en swart spelers in. Dit is 44,18% van die Bokgroep se samestelling en baie naby aan die vereiste mikpunt van 45% wat vir vanjaar gestel is.

Suid-Afrika se twee agterosse in die Superrugbyreeks, die Stormers en die Bulls, het albei nege spelers in die groep. Daar is 14 spelers van die Sharks en net vyf van die voorste SA franchise, die Lions, in die groep.

Erasmus het ook vyf spelers van oorsee af in sy groep gekies. Hy sal ʼn nuwe kaptein, of dalk een vir die Walliese toets en een vir die Engelse reeks, moet aanwys. Die twee wat die span verlede jaar aangevoer het, Warren Whiteley en Eben Etzebeth, is albei op die krukkelys.

Die 17 nuwelinge is die meeste wat nog tegelykertyd deur ʼn Springbokafrigter aangekondig is, en oortref selfs die getal wat vir die eerste toetse/toere ná die Anglo-Boereoorlog en die twee Wêreldoorloë gekies is.

Die huidige groep verskil egter van daardie Bokspanne in dié opsig dat Erasmus vir ʼn toets teen een land en ʼn reeks van drie toetse teen ʼn ander die daaropvolgende drie weke moes kies.

Vlugvoosheid het uiteraard ʼn belangrike rol in die groot getal spelers in die groep gespeel.

Daar is soos maar altyd die verrassende insluitings en weglatings wat die wenkbroue sal laat lig. Erasmus het nietemin ʼn goeie balans tussen die nuwelinge en die ervare manne gehandhaaf met Beast Mtawarira (98 toetse) en die twee manne van Montpellier, Bismarck du Plessis (79) en Frans Steyn (56), wat die meeste toetse gespeel het.

Die groep (getal toetse tussen hakies) ‒

Voorspelers (24)
Nizaam Carr (Stormers, 5), Bismarck du Plessis (Montpellier, 79), Dan du Preez (Sharks, 3), Jean-Luc du Preez (Sharks, 10), Pieter-Steph du Toit (Stormers, 32), Thomas du Toit (Sharks, 0), Jason Jenkins (Bulls, 0), Steven Kitshoff (Stormers, 23), Siya Kolisi (Stormers, 28), Wilco Louw (Stormers, 5), Frans Malherbe (Stormers, 17), Bongi Mbonambi (Stormers, 14), Oupa Mohojé (Cheetahs 18), Franco Mostert (Lions, 18), Beast Mtawarira (Sharks, 98), Ox Nché (Cheetahs, 0), Sikhumbuzo Notshe (Stormers, 0), Trevor Nyakane (Bulls, 37), Marvin Orie (Lions, 0), Chiliboy Ralepelle (Sharks, 23), Kwagga Smith (Lions, 0), RG Snyman (Bulls, 0), Akker van der Merwe ( Sharks, 0), Duane Vermeulen (Toulon, 39).

Agterspelers (19)
Lukhanyo Am (Sharks, 1), Curwin Bosch (Sharks, 1), Damian de Allende (Stormers, 28), Faf de Klerk (Sale Sharks, 11), Robert du Preez (Sharks, 0), Aphiwe Dyantyi (Lions, 0), André Esterhuizen (Sharks, 0), Warrick Gelant (Bulls, 2), Travis Ismaiel (Bulls, 0), Elton Jantjies (Lions, 23), Jesse Kriel (Bulls, 29), Willie le Roux (Wasps, 41), Makazole Mapimpi (Sharks, 0), Sibusiso Nkosi (Sharks, 0), Embrose Papier (Bulls, 0), Handré Pollard (Bulls, 26), Frans Steyn (Montpellier, 56), Ivan van Zyl (Bulls, 0), Cameron Wright ( Sharks, 0).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Niklaas ·

Soos dit altyd is , sal nie al die keuses by almal byval vind nie. Dis beslis een puik en sterk groep , al glo ek net dat Ishmael gelukkig is en Dillen Leyds ongelukkig is om nie gekies te wees nie.

Nouja ·

Sal nie verbaas wees indien die meerderheid van hierdie spelers van die toneel sal verdwyn teen die tyd dat daar teen die AB en Australië gespeel moet word nie

pieter ·

Dit lyk na n goeie gebalanseerde span maar ek het alle belangstelling in sa rugby verloor nadat die anc dit gekaap het met hulle diskriminerende wette en die aswin voorval was die kersie op die koek so al wat ek wil sê is sterkte ek hoop die All blacks vermorsel hulle

DHK ·

Ditto, Thys. Ons volk is onder bedreiging soos nog nooit tevore maar die manne kerm oor watter prima donnas in die span moet wees en watter nie. Dis inderdaad laat in die dag vir ons mense…

Andre Nel ·

Thys, jou woorde is ongelukkig die haartseer waarheid, hulle moet ook maar nou liewers die Springbok span in die verlede los, en hulle nou maar die Proteas doop.

Haan ·

Stem volkome saam. Ek weet van baie manne wat ophou Rugby kyk het. Tyd om die meer dringende bedreigings in die gesig te staar

What a joke! ·

Maar net nog een simptoom by oor hoekom die die land brand Thys…

LHS ·

Ag nee wat, twak. Die afgelope 3 jaar oorheers die Leeus die super reeks wat die SA spanne aanbetref maar steeds word sukkelende Bulls, Stormers en Shark spelers wat geen inpak in enige wedstryd kon uitoefen bo hulle verkies. Is die afrigters van daardie 3 spanne dan so swak dat hulle met al daardie wonderlike spelers by hulle steeds niks in die super reeks kan uitrig nie.? Hasbeens word gaan haal van oorsee, vir wat? Gekyk spesifiek na die wedstryde van die Bulle en Sharks teen die Jaguars, was daar een van daardie wonderlike uitverkore lede wat net effe gelyk het na internasionale materiaal, verseker nie veel nie. Wat het Lleyds oor die afgelop weke gedoen behalwe dat spelers bo oor hom gehardloop het, so moenie reken hy was ongelukkig nie. Absoluut belaglik dat die span van SA wat die heel beste vaar bykans geen spelers in die finale span vir teen Engeland gaan hê nie.

Dup du Plessis ·

Let wel…in SA….want al die SA spanne word op dieselfde wyse gekniehalter…maar wanneer jy moet speel teen spanne wat MAG kies wie hul wil, verander die prentjie….dit gaan al vir n dekade aan en klomp spelers is in die stelsel wat nie daar moet wees nie en andersom…..om NZ met jou bestes te klop is moeilik….met 2 of dalk meer wat dalk nie die bestes is nie is dit basies onmoontlik….het my ook gelukkig van rugby onttrek na jare se self speel en ook kinders wat gespeel het..

John ·

….en nou word beide oorloe in een seisoen herhaal. En die voorlaaier le en roes in die skuur… binnekort vol rotte en… niks….

ferdi ·

Laaaaaangkal kla met SA rugby ondersteun eerder myself as om verder geld in di ANC in te druk en spelers te verryk totsiens SA rugby

Andrea van Vuren ·

Hierdie siek tendens het al by skolesport begin. Gaan kyk wié word gekies vir provinsiale skolespanne ? Gaan staan langs die netbalvelde en jy sal jou hande saamslaan oor die gehalte spelers wat gekies word. Ek weet van menige teleurgestelde ouer wat hulle kinders nie meer gaan blootstel aan sulke onregverige vernedering nie. Dis vir my moeilik om om die woord kwota te skryf…

Johan Maritz ·

Ferdi jy is so reg ons moet sukkel en spaar om te oorleef sodat hulle in weellde kan leef. Ek het in 1994 al rugby vaarwel toegeroep en ook n brief in beeld geskryf dat paviljoene gaan leegloop. Ek is ook nie gepla oor die wat se ek is negatief nie, onthou net dinge en omstandighede rondom jou maak jou positief of negatief. Sterkte vir julle en ek hoop die 45% bruin en swart toeskouers kom ook na vore.

What a joke! ·

Dit is die grap van alles wat die anc ten watter kostes ookal net nie kan verstaan nie en min gee hul om, want solank die witman opgeneek word dan goed so in hulle oe! Al die is so goed vir die blanke in Suid Afrika want stadig maar seker sal hy sien dat alles waarvoor hy omgee gekaap is! So hoekom dit ondersteun???
Nou dat hul die anc die grootste ondersteuners en rugby liefhebbers naamlik die blankes verjaag het met hul kwotas sisteem en so die spel so erg afgewater het dat die geld begin opdroog wonder ek ok wie gaan daai kwota span ondersteun,?? Ek hoop ok by harte dat Australia en NZ hulself ontrek en weier in die nabye toekoms om teen so n rassistiese sisteem en afgewaterde RSA span te speel! Verstaan my ek het glo vas by die beginsels van meriete, beste speler vir die beste posisie maar die NONSENS van daar moet teen so n tyd soveel ander kleuriges in die span wees of’, laat regtig n wrang smaak in my mond en daarvoor kan ek nie staan nie……
Maar sit maar terug en geniet die eind produk soos die All Blacks en die Ingelse die ama krokko bokke gaan vertrap en hul gaan wys dat want to be sokker spelers maar eerder by sokker moes hou! Strekte ou Rassie met jou saam gespoeg en geplakte ou spannetjie!!! GO NZZZZZ trap hulle!!!!! GO AUSSIES TRAP HULLE!!! AG ENIGE ANDER SPAN TRAP HULLE!!!!

bj smit ·

nie net die allblacks gaan hulle opvromel die engelse gaan die reeks 3/ 0 wen klaar rugby gekyk wat die so genaamde spring bokke aan betref

Speedguard ·

Bly waar jy is Voncent Koch, jy hoefv niemand te beindruk nie, jy is op top form en maak jou geld vir jou en jou gesin, wees bly jy het nie die proteas gehaal nie want dit sal jou net meer onder druk plaas, vir al die ander wat oorsee speel, kyk na julle welvaard in die toekoms , “springbokkies” is maar net ‘n kort termyn dingetjie !! Vir die wat dit gekry het, voorsped en is ek seker ou Rassie (my gewese held) sal julle darem mooi kan pamperlang na elke pakslae !

Speedguard ·

Jammer vir die Tik foute, ek dink dit is al die SARKS en Stormers soos ashhulle noem !

Koos ·

Asseblief Rassie, jy het nou die dag nog rugby gespeel nou is jy keurder en afrigter hahaha, kry vir jou

LHS ·

Hoop Erasmus het genoeg kleure ligte op die pawiljoene se dak om al sy bevele te gehoorsaam, verspot is nie die woord nie.

zoom zoom ·

As Jy die berig lees kom die woord kwota duidelik tussen die mooi woorde wat MM gebruik het uit. Dit lees ons in pars 3 van die berig. Daar moet soveel van die wees en soveel van daai en dan kyk ons maar wie kry ‘n beurt uit die van Riebeeck nasate. Sokker is kwota vry wonder hoekom.

Oom Kalahari ·

Rassie, jy was ‘n uitstekende speler en afrigter asook bestuurder. Die span is goed saamgestel as bestes wat jy kon gebruik onder druk. Jy word alreeds as ‘n politieke pion gebruik met ‘n kwota persentasie wat aangewys is om bereik te moet word.
Om die Minister van Sport se vuurspoeg te sus sou dit dalk beter wees om ‘n SA All Black span te kies of soos genoem die Proteas. Die Springbokke het in 1995 hul debuut en afsluiting gemaak.
Rugby het maar net nog ‘n gekaapte sport geword en die ondersteuning is besig om te taan. Ons hou met graagte dop waar dit oor vyf jaar mag wees. Sterkte.

MosselWaai ·

Maak nou nie saak wie wanneer wen en wie in die Span is nie – hoe kan ons enigsins trots wees op so n klomp “manne” wat wedywer wie het die nuutste haardos wat in sy oë hang en hoe slordiger hoe meer in die mode en dan pryk hulle nogal in n Springbok baadjie. So die naam Proteas pas dus beter !!!

LR ·

Ek stem kom ons sluit die springbokera af en herdoop die bokke na die kwagas, dis mos n uitgestorwe spesie nes die springbok rugbyspelers, laat die ou mooi bokkie in vrede in sy natuurlike staat.

Tc ·

@DR tipies ons mense se probleem,jy n regte “hensopper”.Jy ondersteun eerder die AB en Ierland.Duidelik is jy jonk of dalk nie onthou nie,maar die AB het ons gekos in die tagtige jare dat Bokke nie internasionale rugby kon speel nie weens apartheid,en jy ondersteun hulle???Sies man!!!!Nieu Zeeland het nou nog n Moari AB span,so hoe nou?Is dit ook nie apartheid nie?

Flip ·

van julle kommentaar is skandelik…..julle behoort julle te skaam…..sies man

Johan ·

Ek was nog nooit so gesond op 68 jaar vandat ek vyf jaar gelede opgehou rugby kyk het nie.

richard ·

Ons is almal afkomstig/gebore in die land of jy wit of nie wit is. Ja daar gaan nog baie water in die see moet loopvoor almal tervrede gaan wees hetsy politiek en of sport.
Ons kan almalons opinie lug oor alles, maar Rassie is nou die man in die saal en gee hom kans om ons almal verkeerd te bewys of nie.
Almal was nie gaande oor Coach Christie of White nie, maar hulle het die wereld beker verower

En die wat sê dat hulle nie meer bokke kyk nie praat almal twak.

Andre ·

Rugby is nou al soos WWE stoei.Groot sirkus wat net in geld belangstel en ons is die Narre wat dit ondersteun.Ons ondersteuning word misbruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.