Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan

Die man wat daarvan verdink word dat hy sy vrou en vyf kinders in die Springs-gruwelhuis aangehou en mishandel het. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die man wat daarvan verdink word dat hy sy vrou en vyf kinders in die Springs-gruwelhuis aangehou en mishandel het. Foto: Werner Beukes / SAPA

‘n Forensiese kenner het Woensdag in die Springs-landdroshof getuig dat die pa, wat glo sy vrou en vyf kinders aangehou en aangerand het, dinge met hulle gedoen het wat “gelykstaande is aan marteling”.

Die pa het aansoek gedoen om borgtog. Die saak is uitgestel tot Donderdag wanneer uitspraak gelewer sal word. Die staat staan die aansoek teen.

Gerhard Labuschagne, ‘n forensiese kenner vir die staat, het getuig dat hy Dinsdag vlugtig met die beskuldigde vergader het. “Indien hy op borgtog vrygelaat word, kan hy getuies verhoed om vorendag te kom,” het Labuschagne gesê. Op ‘n vraag of die beskuldigde moontlik geestesongesteld is, het Labuschagne gesê daar het nie enige “rooi vlaggies” opgegaan nie.

Ao. Rudolf Jansen het ook vroeër namens die staat getuig. Hy het aan die hof verduidelik in watter slegte omstandighede die kinders gewoon het. Hy sê daar was rotte en rotmis in die kombuis. Die kinders, tussen twee en 16 jaar oud, het nie skoolgegaan nie. Jansen sê ondanks die bewerings dat die pa die kinders erg aangerand het, het die 11-jarige seun en sy 16-jarige suster aangedui dat hulle lief is vir hulle pa.

Die verdagte se suster se skoonma het in sy guns getuig. Die bejaarde vrou het getuig dat sy van die man se inhegtenisneming te hore gekom het en dat sy besluit het om hom te kom help. Sy het aan die hof gesê dat sy vrou ook die kinders aangerand het. Sy beweer sy het gesien hoe die vrou die 16-jarige dogter aanrand en dat daar ‘n video daarvan bestaan.

Die vrou het verder getuig dat die vrou baie seksspeelgoed gehad het en dat sy baie tyd in haar slaapkamer deurgebring het. Jansen het vroeër getuig dat daar baie pornografiese materiaal in die huis gevind is.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SKANDE! ·

O liewe hemel dis alles SIEK! Hoe langer hoe erger dinge kom uit. Hulle MOET die ergste straf denkbaar kry

Henriette ·

Sou dit waar wees dat die ma ook skuldig is hoop ek hierdie arme kinders word by mense geplaas wat v hul liefde en ‘n lewe sal gee. Dis regtig onmenslik. Hul hele kinderlewe hul ontneem.

Denise ·

Wel dan suster se skoonma, moet hulle jou net so ver toesluit, want hoe weet julle die dinge en doen niks?? Julle is almal siek!!!!

Hendrina ·

Ek kon nie verstaan hoekom die ma nie ‘n plan kon maak om die kinders daar uit te kry nie. Natuurlik omdat sy ook maar net so skuldig is.Die kinders het moontlik meer aandag van hulle pa gekry as van die ma, al was dit dan ook mishandeling.
Kon familie en vriende nie iets agterkom en iets aan die saak doen nie. Dink hierdie arme kinders is vir die res van hulle lewe geskaad. Mens kan nie dink dat daar regtig sulke dinge gebeur nie.

Elizabeth ·

“Die verdagte se suster se skoonma…” o so jy het dan geweet van dit en selfs na ‘n VIDEO van die marteling gekyk – wat se soort amebe is JY dan? Dan moet JY mos eintlik ook vervolg word as ‘n tipe medepligtige en veral omdat jy STILGEBLY het! Nou wil jy die beskuldigede kom “help”?? Jy is beslis SIEK. Ek het nie woorde nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.