Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur

Die sogenaamde gruwelhuis in Springs. Foto: @POWER987News

Die sogenaamde gruwelhuis in Springs. Foto: @POWER987News / Twitter

Die 36-jarige sakeman van Springs wat in hegtenis geneem is nadat hy glo sy vyf kinders jare lank in ʼn huurhuis aangehou, aangerand, gemartel en van die samelewing versteek het, het Woensdag vlugtig in die dorp se landdroshof verskyn.

Ao. Rudi Jansen, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die saak is tot 4 Junie uitgestel vir verdere ondersoek, en sodat die verdagte vir sy borgtogaansoek kan voorberei. Hy bly in die polisie se aanhouding tot dan.

Die verdagte se naam mag nie bekendgemaak word nie om die identiteit van die kinders te beskerm.

Die vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud,  is na ʼn plek van veiligheid geneem. Die polisie ondersoek ook ’n klag van statutêre verkragting van die 16-jarige meisie. Die ma bly glo tans saam met ander familielede. Die vyf kinders en die ma ontvang berading. Hulle is glo lank in die vuil huis aangehou. Die huis was glo ook vol rotte. Daar was ook kettings, toue en pornografie in die huis.

Maroela Media het vroeër berig die man is in hegtenis geneem nadat een van die kinders daarin kon slaag om te ontsnap en by die bure hulp ontbied het. Die pa het die kind daarna aangerand en glo by familie in Noordwes gelos en die kind as vermis aangemeld. Lees meer hier.

Jansen het gesê die ondersoek duur voort en dat meer mense by die saak betrek kan word. Die kinderbeskermingseenheid en maatskaplike werkers is ook by die saak betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pierre ·

Mens moet regtig SIEK in jou kop wees om sulke dade te pleeg. Sluit hom toe en vergeet van hom.

Riana ·

Mag hy bitter swaarkry vir dit wat na sy kant toe kom, my hartjie bloei vir daai arme kinderstjies, maar ek kan dit net nie verstaan hoe n Ma sulke dinge toelaat nie … Maar DANK Onse Hemelse Vader dat hul nou gered is

Belinda ·

Ek stem die is ‘n regte VARK en sy vrou was net so deel daarvan ek gee nie om wie wat se nie……………sy het dit toegelaat hoekom sy naam weerhou dis in elk geval die hele FB vol…………………..oooooo jinne as ek darem die name moet noem wat in my kop is vir die mense sal ek oral verban word!

elbie steyl ·

ek is n diere-liefhebber met n passie hoe kan jy daardie man met n vark vergelyk ?

erica roos ·

Ja sien daar gebeur dit weer onder ons neuse en vir hoe lank al, maar ons sit ons en bemoei met Kurt Darren wat by die president se inhuldiging gaan sing het, so what ek sal eerder as ons saam wil hande vat optrek na hierdie man se hof verrigtinge en groot gaan betoog daarteen en ons se se daar waar die hele wereld kan sien ons gee om vir ons medemens en onskuldige kinders op die koop toe, sies man dis absoluut onaanvaarbaar dat sulke dinge in ons samelewing gebeur, weereens ‘n bewys dat ons nie meer omgee wat word van ons medemens en daar is nie eers meer goeie buurmanskap tussen ons sogenaamde wit mense wat in ons land bly en daarop roem dat hulle omgee vir hulle medemens

SKANDE! ·

@Erica Roos – stem! Sal graag in die gemors se gesig wou spoeg – dit sal my klaar bietjie beter laat voel. Mense gaan aan oor kleinighede (Kurt Darren, of dr Mulder Bobby moes aanvat ens ad nauseum) terwyl siek gemors soos hierdie amper onder die radar vlieg. En sal daar ‘n spesiale tv stasie vir hierdie soort gemors se hofsaak wees?? NEE! En dis myns insiens 10x erger as Oscar saak (ag en voor die ou Oscar tv stasies fans my aanvat, ek sê nie wta hy gedone het is reg nie maar hierdie is MYNS INSIENS 10x erger!!). Hierdie mense is oor ‘n lang tydperk “doodgemaak” – ek kan nie glo hulle sal ooit weer REGTIG lewe nie, maar ja, ons rek ons bekke oor nonsens en more het ons van grusame goed soos hierdie vergeet!! Ek verstaan nie hoe die bure dan NOOIT enige geskree of gille of IETS kon hoor nie?? Mense ons meot MEER betrokke raak by ons bure, as hulle intrek vat ‘n koek soos in die ou dae dat jy WEET wie en wat daar bly en as die hele gesin nooit gesien word nie moet mens betrokke raak!!!

M. Holshausen ·

Omg !!! My soul bleeds for these kids. Thank God I do not have access to this monster. I have no words. God help me I hate him so much. @#@#$/#@!!

Beliah ·

Stem saam Zanita, net een vraag, het julle dit ooit onder die aandag van die polisie en welsyn gebring?

Andre ·

Gee my asb net 10 minute om hom te “beraad”. Verbrand dan wat oorbly.

SUSAN ·

RIANA ,N MA LAAT nie sulke dinge toe nie sy word self so afgekraak verniel en waarskynlik ook aangerand en tien teen een met die dood gereig as sy iets sou doen dat sy naand geen verweer ht nie .haar selfwaarde word gestroop tot op die grond .sy word geleidelik geindoktrineer en sienn goed naand nie raak nie as n selfverdedigingsmeganisme omdat dit vir haar is soos om haar vel van haar hele lyf af te trek en stadig dood te bloei .n man wat dit doen is gewonnlik n sigo/ en sosiopaat en sal jou oortuig die hemel is swart .ek se dit ogv jarelange studies .sy word totaal deur so n booswig gekontrleer en gemanipuleer .sy voel haar self magteloos al is sy n hoogsintelligente mens sy ht net nie die emosionele en fisiese krag om so man teen te staan nie hy is waarskynlik finansieel ook sterk en dan is die reg ook aan so iemand se kant meestal ….

Theresean Aardt ·

Nou is die ma ook ‘n slagoffer? Twak! Sy was veronderstel om haar kinders te beskerm teen haar man. Vir VIER JAAR kon sy nooit skree of hulp soek nie? Twak, twak, twak! Sy behoort saam met hom in die tronk.

Belinda ·

Ek stem 100% saam die vrou is net so skuldig soos hy sy kon regtig as sy wou gevlug het sy kon dan vrylik beweeg in en om die huis nee man sy is ook skuldig en klaar!!!!!!!!!!

Salomie ·

Ai ek wil net eending vra: Hoe kon die ma nie iets doen nie, jammer iets maak nie sin vir my nie, hulle het n kind wat 2 jaar is, sy moes sekerlik in die hospital beland het vir die kraam, hoekom het sy nie haar bek oopgemaak en gepraat oor die omstandigdhede nie, kindertjies is vir ons gegee as n baie groot geskenk van God af, wie gee enige man of vrou die reg om hulle so te mishandle, jare terug het ek my kinders vas 2 jaar en en ander een 3 maande en gevlug vir my lewe, maar vandag sal niemand aan hulle vat nie ek het swaar gekry maar my kinders was my eerste pioriteit gewees, gee die man vir my ek sal hom graag so wil aanrand soos hy sy kinders aangerand het. En vir die ma jy weet wat is die waarheid, was jy so verknog aan die vark (wat eindelik n mooi naam is want mens beledig n vark) dat jy niks om jou raak gesien het nie, hoe kan jy met jouself saamlewe om in daai onskuldige gesiggies te kyk en te sien hoe word hulle mishandle, neeeeeeeeeeeeeee. En die familie hy vat die seun nadat hy hom so bad aangerand het na familie sluit die donerse familie ook toe, dis hulle plig om dit aan te meld of doen hulle dit ook met hulle kinders. Nee ek moet liewerste ophou want net die lelik gaan nou uitkom. Ek wens jy vrot in die tronk

Nadia ·

Die duiwel is verseker in daardie man — ek is seker dit is nie die enigste geval nie, ons loop met oogklappe rond… Ons kan ongelukkig nie oordeel nie al wil ons graag, ons kan net bid vir daardie arme onskuldige kinders – ek kan nie eers my indink watse traumatiese gebeurtenis dit is nie, dit is maklik om te sê — “wat van die ma, kon sy nie weg kom” of “hoekom het die bure of familie niks gesien/gedoen nie” ons was nie daar nie, ons weet nie die omstandighede nie.

Persoonlik sou ek die #$%^& in sy slaap vermoor het of sy brieke gesny het — daar is baie moontlikhede…..

Jessica ·

Ek wens sommige van die mense wat hier kommentare lewer wil net hul oe en ore oopmaak en bietjie lees wat in die wereld aangaan, en besef watter sielkundige implikasies sulke aanhoudings het nie. En wat ook van Stockholm Syndrome?? Lees die boek van Natasha Kampusch, dit maak regtig mens anders dink oor die saak. Moet my nie verkeerd verstaan nie, wat hier gebeur het is verkeerd, en in geen manier keur ek dit goed nie, maar dink dis absoluut waansinnig om die vrou in te blameer. Eerstens jy is nie in haar situasie nie, en tweedens jy ken nie haar persoonlikheid nie, so jy het absoluut GEEN reg om te kan se wat jy sou of kon doen nie.

Herman van Staden ·

Waar was die ouma en oupa van die kinders? Iemand moes weet dat die ma en kinders weg gesteek word. Hoe gebeur sukkel dinge in ons land??

fred ·

ek voel dat n ouer sy lewe vir sy kinders sal gee die ma moes geveg het vir haar kinders al het dit haar dood gekos , sy het dan lewe aan hulle geskenk.

brakpanner ·

More dit is vir my n groot skok dat onskuldige kindetjies deur sulke trama moet gaan. Eks n ma van twee mooi seuns en hulle is my lewe. Stel hulle bo als hulle kom altyd eerste en ek sal als doen om hulle vuilig te hou so lank ek kan. Daars baie ouers wat soe voel. Maar om so iets aan n kind te doen dan het jy mos nie n hart nie. Dis omdad beroemde mense weg kom met moord en aanranding en al die ander wreede gd dat ons land in sy peek is. Ek sal wat gee as hulle die dood straf trug bring vir varke soos daai. Moordenaars. Verkragters. Kindermolesteuring. Dis altyd poletiek. Beloftes maar waars die bewyse dat ons land en nasie eerste kom.

niki ·

Die ma was seker in die dag alleen by die kinders? Huis vuil en vol rotte? Sy kon mos huis skoon gemaak het? Wonder maar net…jongste kind 2 en oudste 16.. Waar het sy gekraam? (Hospitaal???) Daar was beslis kans vir haar om iewers vir hulp aan te klop.. Dit word moederliefde genoem.. Sy hoort saam hom in die tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.