Springs-gruwelhuis: Ma doen aansoek om borg

Die ma tydens haar vorige hofverskyning. Foto: @POWER987News/Twitter

Die ma tydens haar vorige hofverskyning. Foto: @POWER987News/Twitter

Die ma van die vyf kinders wat glo jare lank deur hulle pa in ‘n huis in Springs aan die Oos-Rand aangehou en aangerand is, sal vandag aansoek doen om borg in die plaaslike landdroshof.

Die ma is verlede week vir dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem nadat sy glo geweier het om haar samewerking aan die polisie te gee of teen haar man te getuig.

Landdros Roy le Roux het tydens die vrou se vorige hofverskyning aan haar gesê dat sy die tweede beskuldigde in die saak is.

Buiten die aanklag van dwarsboming van die gereg, staar sy ook, nes haar man, aanklagte van aanranding, poging tot moord en kindermishandeling in die gesig. Nie een van die ouers se name mag bekend gemaak word nie om die kinders, tussen twee en 16 jaar oud, se identiteite te beskerm.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AmY ·

Sy mag nie borg kry nie. Sy sal beslis probeer om met haar kinders in aanraking te kom. Hou haar in die selle, asb.

Peter Says ·

Jy en jou man, het julle kinders van hulle vryheid ontneem ne, proe nou julle eie medisyne.

Theresa ·

Amazing dat mense wat ander se lewens verwoes en dan verwag dat hulle met hulle lewe kan aangaan asof hulle niks verkeerd gedoen het nie. Sy beter nie borg kry nie.

Jas van As ·

Daar kan net een rede wees hoekom sy nie teen haar man wil getuig nie, dit sal haar ook ontmasker.
Vir 16 jaar is die oudste een gevange gehou. Hulle is nog nie eens 2 maande in gevangenis nie, en wil uit!? Wat jy saai, moet jy bereid wees om te maai.

Canned Phantom ·

As ek so luister na die volk se murmurerings moet sy nie borg kry nie. Dis vir haar eie beskerming.

Belinda ·

Vieslike ding dan wil sy haar ‘n Ma noem…………………sluit toe en gooi weg die sleutel!!!!!!!!! Waar sal sy gaan hier in Springs sal hulle nooit weer hulle gevrete kan wys nie……………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.