Springs-gruwelhuis: Ma hoor dalk vandag oor borgtog

Die vrou tydens haar hofverskyning op Dinsdag. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die vrou tydens haar hofverskyning op Dinsdag. Foto: Werner Beukes / SAPA

ʼn 36-jarige vrou wat saam met haar man aangekla word van poging tot moord en kindermishandeling, sal na verwagting vandag in die Springs-landdroshof hoor of haar borgtogaansoek suksesvol was.

Die werklose vrou, ʼn ma van vyf kinders, het Dinsdag voor landdros Bennita Oswell verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Haar prokureur, Isabella van Eck, het bevestig die vrou is ongeletterd en was blootgestel aan haglike lewensomstandighede. Sy het gesê die vrou is ook deur haar man aangerand. Die vrou het vroeër aangevoer haar man het haar verkrag, maar volgens Van Eck ontken haar kliënt dit nou en voer aan die polisie het haar tydens die ondersoek geïntimideer.

Die vrou staar aanklagte van kindermishandeling, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwarsboming van die gereg in die gesig nadat sy haar kinders glo in haglike omstandighede aangehou en blootgestel het aan herhaaldelike mishandeling.

Sy is verlede week in hegtenis geneem, ʼn maand ná haar man vir dieselfde beweerde misdade aangekeer is. Hy staar ʼn bykomende aanklag van haar verkragting in die gesig.

Die egpaar se name word nie bekend gemaak nie om die identiteit van hul kinders te beskerm.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Ma is ongeletterd; ontken verkragting
Springs-gruwelhuis: Ma doen aansoek om borg
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Belinda ·

Die een moes dalk minder porn dvd’s en sex speelgoed gekoop het en meer geld spandeer het om die gras op haar kop te behandel en die kleur op te knap! En meer probeer het om n Ma te wees en eerder geleer lees en skryf het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.