Springs-gruwelhuis: Ma hoor oor borgtog

Die ma tydens haar vorige hofverskyning. Foto: @POWER987News/Twitter

Die ma tydens haar vorige hofverskyning. Foto: @POWER987News/Twitter

Die Springs-landdroshof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van die 36-jarige vrou wat saam met haar man aangekla word van onder andere poging tot moord en kindermishandeling.

Die hof het die vrou se borgtog toegestaan en sy is op R2 000 vrygelaat. Die hof het bevind dat sy nie ʼn vlugrisiko is nie. Sy is vrygelaat op die voorwaarde dat sy nie enige kontak met haar kinders mag hê nie.

Sy moet na verwagting weer op 25 Julie saam met haar man in die hof verskyn.

Die vrou staar aanklagte van kindermishandeling, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwarsboming van die gereg in die gesig nadat sy haar kinders glo in haglike omstandighede aangehou en blootgestel het aan herhaaldelike mishandeling.

Sy is verlede week in hegtenis geneem, ʼn maand ná haar man vir dieselfde beweerde misdade aangekeer is. Hy staar ʼn bykomende aanklag van die verkragting van sy vrou in die gesig, maar sy het intussen die verkragting ontken.

Die egpaar se name word nie bekend gemaak nie om die identiteit van hul vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, te beskerm. – SAPA

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Ma hoor dalk vandag oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma is ongeletterd; ontken verkragting
Springs-gruwelhuis: Ma doen aansoek om borg
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Belinda ·

Swak swak swak daai kinders is dit nie werd gewees om die ding n Ma te noem nie en sy kry borg van R2 000.00 en sy voel niks vir een van daai kinders behalwe haar vark van n man nie………………..maar glo sy sal probeer om met die kinders kontak te maak om ook te lieg soos sy………………maar ander die ander kant is die ding so vlak kan nie lees of skryf nie……….maar kan baie goed sex beoefen en kinders mishandel!

Peter Says ·

Sy kan bly wees, ek was nie die landros, GEEN Borg, hoegenaamd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.