Springs-gruwelhuis: Ma is ongeletterd; ontken verkragting

Die ma tydens haar vorige hofverskyning. Foto: @POWER987News/Twitter

Die ma tydens haar vorige hofverskyning. Foto: @POWER987News/Twitter

ʼn 36-jarige vrou wat saam met haar man aangekla word van poging tot moord en kindermishandeling, kan nie lees of skryf nie, het die Springs-landdroshof Woensdag gehoor.

Die werklose vrou, ʼn ma van vyf kinders, het Dinsdag voor landdros Bennita Oswell verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Haar prokureur, Isabella van Eck, het bevestig dat die vrou ongeletterd is.

Die vrou staar aanklagte van kindermishandeling, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwarsboming van die gereg in die gesig nadat sy haar kinders glo in haglike omstandighede aangehou en blootgestel het aan herhaaldelike mishandeling.

Sy is verlede week in hegtenis geneem, ʼn maand ná haar man vir dieselfde beweerde misdade aangekeer is. Hy staar ʼn bykomende aanklag van haar verkragting in die gesig.

Van Eck sê haar kliënt ontken nou dat haar man haar verkrag het.

Van Eck het ook gesê haar kliënt is van mening dat die polisie haar geïntimideer het tydens die ondersoek. Ao Rudi Jansen, die ondersoekbeampte, het dit ontken. Hy het gesê sy het onbesorg jeens haar kinders voorgekom. Die vrou het in ʼn karavaan by haar skoonouers gebly toe sy in hegtenis geneem is. Sy het aanvanklik haar samewerking vir die polisie gegee, maar haar houding het verander toe sy van haar suster na haar man se familie geskuif het, het Jansen bygevoeg.

Die egpaar se name word nie bekend gemaak nie om die identiteit van hul kinders te beskerm.

Die hofverrigtinge duur Woensdag voort.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Ma doen aansoek om borg
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peter Says ·

En die Bybel vermaan ons, om ons naaste lief te he…Hoe kan jy mense vergewe wat kinders hierdie leed aandoen. Sou graag n teoloog se mening hieroor wil he ?

Anel ·

Honde, Jas van As, is volgens my beskeie mening beter as hierdie lae mense. Arme kinders. Mag die Vader vir hulle liefdevolle mense as voogde gee sodat hulle ook liefde kan smaak.

Debra Botha ·

Selfs diere het n natuurlike moederlike instink teenoor hulle kleintjies, hoeveel te meer nog n mens? Mens het glad nie nodig om geletterd te wees om daardie instink te openbaar nie, so ek kan nie sien wat haar ongeletterdheid met die hele saak te doen het nie.

Rieks ·

Sy mag wel ongeletterd wees MAAR dit is geen verskoning vir wat in daardie huis plaas gevind het nie. Ongeletterdheid is ook nie ‘n versagtende rede vir geen of min straf nie. Van kleins af word ons geleer wat reg en verkeerd is.
As hierdie sogenaamde ouers kinders kan verwek kan hulle na hulle kyk. Dit is ongelukkig een van die dinge wat mens nie uit ons samelewing verwyder gaan kry nie. Iewers sal iemand moet ingryp – hoe gaan daar vasgestel kan word wanneer mense nie bevoeg is om byvoorbeeld te trou en kinders te hê nie???
Dit kan tog voorwaar nie die enigste rede wees dat daar deesdae soveel geweld deur ouers op hulle eie kinders toegepas word nie!!! Ek verwys ook na die onlangse saak in Rustenburg… Waar gaan ons eindig?

EMK ·

Moederliefde en beskerming van jou kinders is INSTINK en mens het nie geletterdheid daarvoor nodig nie. GEEN verskoning vir hul wandade – die ergste straf moet hul opgelê word en klaar. Moenie nog die hofsaak uitrek nie, straf hul en klaar, ons belastinggeld word net gemors! Lewenslank per kind!

charmaine ·

Vir ‘n ongeletterde persoon is hierdie groot woorde vir haar “sy is van mening dat die polisie haar geïntimideer het”. As sy nie eers na haarself en haar kinders kan omsien nie hoe kan sy n MENING lig oor enige iets?? As sy by haar suster gebly het is die ook ongeletterd dat sy nie kon agterkom dat daar probleme is met die suster en by haar huis nie?? Klink na n klomp “AF MENSE”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.