Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het Maandagaand aan Maroela Media bevestig dat die 35-jarige vrou in hegtenis geneem is en dat sy Dinsdag in die Springs-landdroshof sal verskyn. Sy sal tereg staan op aanklagte van aanranding, poging tot moord en regsverydeling.
Die kinders se 36-jarige pa het op 12 Junie vlugtig in die Springs-landdroshof verskyn. Die saak is tot 25 Julie uitgestel. Die man het die week voor sy laaste hofverskyning probeer selfmoord pleeg nadat hy borgtog geweier is.
Die pa, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die kinders te beskerm, is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die man het na bewering sy vrou en vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, jare lank in die huis aangehou en aangerand.
Hy word aangekla van kindermishandeling, verkragting, aanranding en dwarsboming van die gereg. Hy kan moontlik ook van meineed aangekla word omdat hy ʼn vals verklaring afgelê het toe hy beweer het sy seun word vermis, en kan ook van poging tot moord aangekla word weens die aard van die seun se beserings.
Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof
Dit is logies dat sy skuldig is! Ons het van die begin af di vemoed! Geen ma sal ooit toelaat dat geen man haar kinders so mishandel en niks daaraan doen nie! Laat sy ook in modderbee in die selle gaan sit! Hulle moet goed nadink oor wat hulle aan onskuldige kinders gedoen het!
Niks minder as reg nie. Kla sommer die familie ook aan en almal wat geweet het van hierdie wreedheid en net gestaan en toekyk het. Beweeg nou net aan met die saak en kom tot die punt sodat die arme kinders met hulle nuwe lewe kan begin.
Beste nuus ook sy is waar sy hoort! Kastig kom maak of sy ook n slagoffer was…………………ek wag vir die res om hulle te join die familie en huurders is almal ewe skuldig en dat hulle is so vuil vieslike huis kon bly spreek boekdele!
As iemand net vir my name kan gee, spesifiek die broer war die kind weg gesteek het sin, ek het kennis gekry van my huis eienaar dat iemand (man) van Warden hier kom bly in karavaan by my huis, dit is verdag, hy kom glo dieselfde besigheid hier doen as wat hy in Warden gedoen het, en dit is presies wat die aangeklaagde se broer in Warden gedoen het. Ek vermoed iemand vlug nou vir die gereg, en ek het verder net ‘n naam Kobus. Dit lyk of die persoon hier by my weggesteek gaan word. Ek sal defnitief die inligting gee vir die saps moet eers bevestiging kry.
jy weet gister het n inbeller op jacaranda gese die arm mense kyk na die arm mense? dis hulle wat die kinders mishandel?!!!! poplap die man is ryk???? ek dink dit wat jy gese het is verkeerd en dat jy dalk moet onverskoning vra vir jou onkunde!!!!!!!!!!!!!!!!!
Cant get it instal lo my phone please assist me