Springs-gruwelhuis: Ma vandag in hof

Die sogenaamde gruwelhuis in Springs. Foto: @POWER987News

Die sogenaamde gruwelhuis in Springs. Foto: @POWER987News

Die ma van die vyf kinders wat glo jare lank deur hulle pa in ‘n huis in Springs aan die Oos-Rand aangehou en aangerand is, verskyn Dinsdag in Springs-landdroshof nadat sy ook in hegtenis geneem is.

Die vrou (35) is Sondagaand in hegtenis geneem en staar dieselfde aanklagte as haar man (36) in die gesig. Die aanklagte behels aanranding, poging tot moord, kindermishandeling en regsverydeling.

Die pa, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die kinders te beskerm, is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die man het na bewering sy vrou en vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, jare lank in die huis aangehou en aangerand.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rieks ·

Ja, ongelukkig is die kinders nog onskuldig en praat as die regte vrae gestel word. Net jammer dat hulle almal letsels (liggaamlik en geestelik) gaan oorhou wat hulle vir baie lank kan rond jaag! Ek wat so graag ‘n kind of kinders wou gehad het kan die tipe van mishandeling nie klein kry nie. Die Vader weet seker beter, maar hierdie mense verdien nie om ouers te wees nie!!! Mag die werke van die verskillende terapeute vir die kinders tot voordeel strek en hulle so herstel dat hulle vol lewens kan lei.

AmY ·

Sulke goed maak my so kwaad!!!

Om ‘n kind te kon hê was my nooit beskore nie. Ek is nooit getroud nie en het nooit eens ‘n ernstige verhouding gehad nie.

So, ek kan nie vestaan waarom mense wat met kinders geseën is, sulke dinge aan hulle eie bloedkinders doen nie.

Ek weet van stiefkinders wat beter deur hulle stiefpa of stiefma behamdel word. Waarom kan ouers dan nie eens hule eie bloed met menswaardigheid behandel nie?

Ek sal vir altyd verstom staan oor die een. Veral omdat die ma ook niks gedoen het nie en toegekyk het hoe haar kinders hel deurmaak.

Elizabeth ·

Laat die gereg (HOPELIK!) sy loop neem en MAG geregtigheid werklik geskied in hierdie geval. Dit sal nie die bose dade ongedaan maak nie, maar minstens stuur dit dalk en hopelik ‘n boodskap dat sulke dinge nie geduld mag word nie! Mense, laat ons almal ons deel doen teen hierdie tipe van gruwels, as mens iets VERMOED, moenie stilbly – wees liewer verkeerd as wat jy dit los en dan gaan sulke dinge voort!

Trippie ·

Goeie more Elizabeth en Rieks – daar is niks wat ek kan byvoeg nie, julle het dit puik opgesom.

Belinda ·

Ek is so bly die vrou is ook waar sy hoort geen regdenkende persoon kan dit aan hulle eie kinders doen nie………………..en my simpatie met die wat nie weet hoe dit is om kinders te he nie…………………mag sy kry wat haar toekom ek het geen simpatie met die man en vrou en huurders en familie nie!

sarie ·

sy moet ook maar haar straf dra,sykon lankal toe die eerste een al gebore is ‘n plan gemaak het,en dood seker gemaak het sy kan nie nog he nie,so vark sien jy ook vinnige met sy maniere.Ek het my jongste een aan die dood afgestaan,en sukkel nou nog.

Elizabeth ·

@Sarie – ken ook daardie hartseer. Verstaan ook dus NIE hierdie tipe goed. Wees sterk, die hartseer verdwyn nooit maar dit word “sagter”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.