Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig

Die man wat daarvan verdink word dat hy en sy vrou hul vyf kinders in die Springs-gruwelhuis aangehou en mishandel het. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die man wat daarvan verdink word dat hy en sy vrou hul vyf kinders in die Springs-gruwelhuis aangehou en mishandel het. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die vrou van die man wat glo haar en hul vyf kinders jare lank in ‘n huis in Springs aan die Oos-Rand aangehou en aangerand het, het Dinsdag in die Springs-landdroshof verskyn.

Volgens Beeld is die saak tot 1 Julie uitgestel wanneer die ma na verwagting amptelik om borgtog gaan aansoek doen.

Die 35-jarige vrou is Maandag weens dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem nadat sy glo geweier het om haar samewerking aan die polisie te bied of teen haar man te getuig.

Landdros Roy le Roux het in die hof gesê die vrou is die tweede beskuldigde in die saak.

Buiten die aanklag van dwarsboming van die gereg, staar sy ook, nes haar man, aanklagte van aanranding, poging tot moord en kindermishandeling in die gesig. Nie een van die ouers se name mag bekend gemaak word nie om die kinders, tussen twee en 16 jaar oud, se identiteite te beskerm.

Die pa (36) is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die man en sy vrou het na bewering hul vyf kinders jare lank in die huis aangehou en aangerand.

Die pa se aansoek om borgtog is afgekeur en hy moet op 25 Julie weer in die hof verskyn.- SAPA

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Nee wat, met dit wat ek sopas gelees het, is ek nou meer as oortuig dat sy saam met hom hierdie gruwel-dade gepleeg het, dus, dit het haar goedkeuring weggedra en sy het lustig meegedoen daaraan.

My hart bloei vir hierdie kinders – so onskuldig en so verontreg deur hul eie sogenaamde ouers.

MAROELA, WAAROM WORD MY KOMMENTAAR GEMODEREER ?

Piet Snot ·

‘n Vrou kan itv SA reg nie gedwing word om teen haar man te getuig nie – die staatsaanklaer behoort dit te weet. Dis ‘n gesonde beginsel wat ons uit die Romeins-Hollandse reg gekry het (om die vertrouensverhouding tussen man en vrou te beskerm).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.