Springs-gruwelhuis: Ouers vir eerste keer saam in hof

00030031

Die ouerpaar in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ouerpaar wat glo hul vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangehou en mishandel het, het vir die eerste keer Vrydag saam in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die vrou (36) is vroeër op borgtog van R2 000 vrygelaat. Haar man (36) se aansoek om borgtog is ʼn maand gelede afgekeur en hy is steeds in aanhouding. Hy sou na verwagting vandag ʼn tweede borgtogaansoek ingedien het, waarin hy aanvoer dat daar nuwe inligting is wat die hof moet oorweeg.

Landdros Roy le Roux het die saak tot 22 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Die man is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die bure het die polisie ontbied.

Sy vrou is ʼn maand ná hom ook in hegtenis geneem.

Die egpaar se name word nie bekend gemaak nie om die identiteit van hul vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, te beskerm. Die egpaar staan tereg op aanklagte van kindermishandeling, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwarsboming van die gereg. Hulle het glo hul kinders in haglike omstandighede aangehou en blootgestel aan herhaaldelike mishandeling.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Pa wil weer borg vra
Springs-gruwelhuis: Ma hoor oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma hoor dalk vandag oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma is ongeletterd; ontken verkragting
Springs-gruwelhuis: Ma doen aansoek om borg
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Mens kan kwalik na hulle verwys as OUERS !

Hierdie geval het ook menige, inteendeel, die hele land aangegryp.

Maroela, ek hoop dit gaan goed onder die omstandighede met die kinders ?!

barry ·

Ek hoop regtig daai ou word lewenslank toe gesluit hy verdien nie om deel te wees van ons samelewe nie, sulke mense moenie kinders he nie, hou in die tronk as ons paadjies ooit moet kruis gaan hy paar warm klape kry die gemeenskap sal hom dood maak.

Peter Says ·

Daar word gese, wie is ons om te oordeel, in die geval kan ek nie anders nie. Kinders is n gawe van God, julle twee, het nie n plek onder die son nie, mag die swaarste straf denkbaar julle lot wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.