Springs-gruwelhuis: Ouers weer in hof

Die pa tydens 'n vorige hofverskyning  Foto: Werner Beukes / SAPA

Die pa tydens ‘n vorige hofverskyning Foto: Werner Beukes / SAPA

Die ouerpaar wat glo hulle vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangehou en mishandel het, sal na verwagting weer Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die 36-jarige pa gaan na verwagting weer om borg aansoek doen, nadat hy op 5 Junie borg geweier is. Volgens die man se regsverteenwoordiger is daar glo nuwe feite wat deur die hof oorweeg moet word.

Die man is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die bure het die polisie ontbied.

Sy vrou is ʼn maand ná hom ook in hegtenis geneem en is later op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die ma tydens haar vorige hofverskyning. Foto: @POWER987News/Twitter

Die ma tydens haar vorige hofverskyning. Foto: @POWER987News/Twitter

Die egpaar se name word nie bekend gemaak nie om die identiteit van hul vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, te beskerm.

Die egpaar staan tereg op aanklagte van kindermishandeling, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwarsboming van die gereg.

Hulle het glo hul kinders in haglike omstandighede aangehou en blootgestel aan herhaaldelike mishandeling.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Pa wil weer borg vra
Springs-gruwelhuis: Ma hoor oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma hoor dalk vandag oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma is ongeletterd; ontken verkragting
Springs-gruwelhuis: Ma doen aansoek om borg
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Borg…Nooit, sit waar jy sit en dink mooi wat julle aan onskuldige kinders gedoen het, julle het vir jare hierdie kindertjies onderwerp aan die slegste omstandighede denkbaar.

Patat ·

Het jy ooit jòù kinders borg gegee? Nee, vir jare het jy hul in gevangenis gehou! Kry vir jou!

Belinda ·

In die begin van die artikel word daar genoem 5 kinders het hulle nou 4 of 5 gehad……………………..en NEE NEE NEE vir BORG!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.