Springs-gruwelhuis: Pa in hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 36-jarige sakeman verskyn Woensdag in die Springs-landdroshof nadat hy glo sy vyf kinders jare lank in ʼn peperduur huis in Springs aangehou, aangerand, gemartel en van die samelewing versteek het.

“Die huis is egter ʼn dop; buite lyk dit netjies, maar binne is dit ʼn gruwelnes,” het Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, Woensdag aan Maroela Media gesê.

Een van die man se kinders kon verlede Maandag daarin slaag om uit die huis te ontsnap. Hy het hulp by bure gaan soek. Die bure het die voorval by die polisie aangemeld, en die kind weer in sy ouers se sorg gelaat. Die bure het nie onraad vermoed nie, omdat die ouers altyd goed versorg voorgekom het.

Ao. Rudi Jansen, ondersoekbeampte van die Springs-polisiekantoor, en maatskaplike werkers is Dinsdag na die huis ontbied. Die kind, wat glo erg aangerand is nadat hy hulp gaan ontbied het, is deur die beskuldigde na familie in Noordwes geneem, om hom glo by familie weg te steek.

“Die man het vir die polisie gesê die kind het weer weggehardloop,” het Rechner gesê. “Die polisie, ons Pink Ladies-lede en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het daarna met ʼn groot soektog begin.”

Die ma, wat beweer sy is ook gereeld aangerand, het Donderdag onder druk geswig en vir die polisie gesê waar die kind homself bevind. Die kind is Vrydag opgespoor en die pa is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, kindermishandeling en dwarsboming van die gereg.

Volgens Rechner het ʼn maatskaplike werker van die Pink Ladies gesê die huis was vuil en rotte het oral rondgehardloop. Die huis is ook vol kettings, toue en pornografie.

Die vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud,  is na ʼn plek van veiligheid geneem. Die polisie ondersoek ook ’n klag van statutêre verkragting op die 16-jarige meisie.

Jansen het gesê die ondersoek duur voort en dat meer mense by die saak betrek kan word. Die kinderbeskermingseenheid en maatskaplike werkers is ook by die saak betrokke.

Die ma bly glo tans saam met ander familielede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Tess ·

Dis ongelooflik, onmenslik, ek het nie genoeg woorde om my skok uit te spreek nie.

Yolandi ·

My vraag is net hoe het niemand OOIT iets vermoed nie…as ek nie v my broers of susters binne n week hoor dan kontak ek hulle om te hoor hoe dit gaan!!!! En wil hulle ons laat glo dat niemand ooit geweet het sy was swanger een v die 5 kere nie!!!! Jammer maar sy is dit nie werd om n ma genoem te word nie, jy baklei tot die dood toe vir jou kinders!!!!!

Grassie ·

Ek laat my nie vertel die ma kon nie gedurende die tydperk van 16 jaar geleentheid kry om hulp te gaan soek en die kinders se onbeskryflike teistering te laat beëindig nie. En die familie waar die seun weggesteek was – ek dink amper dit is ‘n kriminele oortreding as jy bewus is van kindermishandeling en jy rapporteer dit nie dadelik nie. Ek hoop die saak word deeglik ondersoek deur bevoegde polisiemanne.

jenny ·

Kan mens silke geweetelose, gevoellose, siek MENSE kry. Wat kry mens uit dit uit????? Hy moet lewenslank kry. Hy is n gevaar vir die sameleweing. Hoeveel sulke mense is nog daar buite???

Belinda ·

Hierdie is blanke mense en wat my so kwaad maak daar was al hoeveel strories omtrent die huis wat op FB versprei is en nie een keer het mense gaan kyk of alles ok is nie en die Ma is net so pateet om al die dinge te laat gebeur hoekom sy nie ook toegesluit is nie weet ek nie………………………ons almal is vriende op Springs Skinderbekkies en so 2 maande terug het iemand op die blad gese asb stuur polisie uit daar gaan verskriklike dinge aan in daai huis en nie die Polisie of Welsyn het iets gedoen tot en met nou dat die kind so wreed mishandel was nie………………………

leana ·

Belinda dws daar was voorheen klagtes, maar niemand wou reageer nie. Dit sal net reg wees as hulle ook aangekla word ! Dis tog jammer dat niemand meer betrokke wil raak in sulke gevalle nie.

Els ·

Dit is interessant wat Belinda sê. Ek dink as ‘n mens in so ‘n situasie is en jy word bedwelm en so erg mishandel soos hierdie vrou beweer wat met haar gebeur dan is dit moeilik vir ons daarbuite om goeie kommentaar te lewer. Ek dink angs kan jou afstomp en jy weet nie meer hoe om daaruit te kom nie want jy dink niemand gaan jou glo nie. Die elfjarige seuntjie is ‘n held. Hy het volgens my 5 mense se lewens gered en sy eie ook.

Riana ·

Op 24 Mei het Maroela Media n berig gehad oor die – Vermiste 11 jarige Veilig Tuis, dis dieselfde seuntjie … Aai dis so Hartseer

leana ·

Vir my ook verskriklik ongeag kleur Jaco. Bly dat jy noem hulle is ook God se kinders. Tog is daar mense daar buite wat glo anderskleuriges is nie kinders van God nie.

Sollie ·

Die kinders is vir ewig geskend. Die ma, glo ek, is kop in een mus met die monster. Geen vrou sal sulke behandeling duld nie.

Marietjie ·

As ek die storie reg verstaan kon die Ma rondbeweeg buite die huis en was nie opgesluit nie. Hoe is dit moontlik dat ‘n Ma nie probeer om haar kinders te bevry nie? Ek sou hom wragtag met ‘n stomp mes doodgesteek het – enige iets om my kinders te bevry. Ander mense se boeke is duister.

Belinda ·

Ja ek stem saam sy kon gevlug het as sy wou nou gaan sy maak of sy ook die slagoffer was en n groot storie daarvan maak en almal gaan haar so jammer kry nee kyk sy was deel daarvan net nie gedink die storie sal ooit uitkom nie ja dis dieselfde kind wat hulle vermoed het weggeloop het……………..

Johan S ·

Jaco, almal is God se skepsels, maar almal is nie God se kinders nie. Ongeveer 85% vd land se populasie is christene maar almal is nie Sy kinders nie. n Pa wat sy kinders mishandel is n kind van die satan…. maw sy vader is die duiwel

Sollie ·

Wat se FAMILIE is dit wat die mishandelde kind invat sodat die pa kan sê hy is soek??? Hoe de HEL het hulle dit nie gerapporteer nie? Hulle is net so sleg en skuldig en dalk moet hulle ook ondersoek word – mens weet nie wat se gruwels HULLE dalk pleeg nie!!!

meisie ·

Ek sien vanoggend op die plakkate “` Hy is nie `n monster“ nie , wat de joos?? Dink die person wat so stelling maak, dat sy optrede normaal is?? Iemand moet gaan kyk wat by daardie person se huis aangaan?? Genade, erger as dit kan jy nie kry nie!! As ek daai vrou was, sou ek hom in sy slaap vrek geslaan het!! Ek kan nie wag om te sien hoeveel jaar hy gaan kry nie………. een jaar vir elke kind??? Ek hoop hy sit vir die res van sy lewe!! En ek hoop hy beland in `n tronk waar hulle elke dag sy lewe HEL gaan maak!! Hy sal dit verdien!!!

Jessica ·

Ek wens sommige van die mense wat hier kommentare lewer wil net hul oe en ore oopmaak en bietjie lees wat in die wereld aangaan, en besef watter sielkundige skade sulke aanhoudings het nie. En wat ook van Stockholm Syndrome?? Lees die boek van Natasha Kampusch, dit maak regtig mens anders dink oor die saak en laat jou die wereld deur die oe sien van die een wat gevangene is. Moet my nie verkeerd verstaan nie, wat hier gebeur het is verkeerd, en in geen manier keur ek dit goed nie, maar dink dis absoluut waansinnig om die vrou in hierdie geval te blameer. Jy is NIE in haar situasie NIE, jy beleef nie haar misbruik en geweld nie, so jy het GEEN reg om te se hoe sy moes reageer nie.

Lize ·

Iets klop nie hier nie. Hoekom het die ma of “die famielie van die ma by wie sy nou bly ” in 16 jaar en 5 geboortes later geen plan gemaak of onraad gemerk nie? Ek dink hier is meer mense hier betrokke wat baie meer weet as wat hulle se .

anoniem ·

Dit is moontlik dat die ma deel was van die mishandeling. .. maar ek wil net aan almal wat haar nou stening vra… weet julle hoe dit voel om mishandel te word? Om elke dag emosioneel en fisies so afgebreek te word dat jy naderhand begin glo dat dit wat met jou gebeur verdien word en dat dit normaal is???? Dit is onder geen omstandighede maklik nie. Ongelukkig kry n bitter klein persentasie van vroue en kinders wat oor n lang tydperk deur hierdie gewetenlose amper breinspoeling blootgestel word dit reg om weg te breek en te besef dat dit wat gebeur verkeerd is en dat hulle kan leef daarsonder. Na die tyd… sodra hul uit die situasie is en van buite af kyk na die gebeure dan eers kom die waarheid deur. Hulle het dan juis ondersteuning en leiding en geestelike berading nodig om weer mens te word. Want glo my jy is nie mens tydens die mishandeling nie. Jy is n robot wat ja en amen op alles wat jou monster se… laat die vrou met rus. Laat sy eers ondersoek word. Ek glo dat sy self ook deur hom mishandel is… geen ma wat haar volle mens is sou dit toelaat nie.

frank passano ·

Mense, KLEUR sal ALTYD ‘n rol in hierdie land speel. Kom nou, kyk tog om julle rond. Word wakker.

Anne ·

Leana, rerig ek glo ons blankes het nou al meer as genoeg gehad van die kleur issue, dankie hoor

Natz ·

Hoekom word die familie ook aan gegee nie.Hom toe te laat dat Jy die kind daar weg steek .So hulle het dit goed gepraat SWAK En die ma is ook n nikswerd nie omrede sy het dit toe gelaat sy het n bek gekry om te praat maar nee sy wou so lewe mag gee families toesig kry oor daai kinders nie.Want hulle is net so skuld.en ja sorry jou dat is hier Jy gedink jy gaan weg kom

Debra ·

Ek is jammer, maar ek dink die ma is net so betrokke & skuldig, hulle moet haar ook aankla. Siek, siek mense!

Elizma ·

Ek neem die ma ook kwalik. Dit is vir my baie moeilik om te glo dat nie sy, of haar familie, in 16 jaar iets hieraan kon doen nie. Daar moes iewers vir haar n kans gewees het om weg te kom, of om hom aan te gee. Die familie wat bereid was om die mishandelde kind weg te steek, is net so siek! Wat se tipe mens is hulle. Dit is skokkend,

Marcelle ·

Ek kan nie glo dat ‘n mens sulke siek mense kry wat hulle eie kinders so kan mishandel nie. Hierdie man verdien dit om toegesluit te word saam met sy siek vrou want sy is heelwaarskynlik net so skuldig soos hy die dat sy nie wil praat oor wat in die gruwel huis gebeur het nie. Sy kon al lankal haar mond oop gemaak het en gepraat het of iets gedoen het. As my man dit aan my doen sal hy moet lig slaap want ek sal hom dood maak!! Ek het gelees hulle praat ook van wagte by die hek?? Wie se hulle was ook nie deel van alles nie. Hy het hulle dalk betaal om seker te maak die kinders kom nie uit die huis nie?? Hier is iets nie pluis nie?? Die vrou gaan saam dorp toe maar doen niks nie? En nou wil sy haar dood huil?? Sluit hulle altwee saam toe in ‘n donker kamer en laat hulle saam in ‘n enkel bedjie slaap. Hulle moet ook net een keer ‘n week kos kry. Bind ook hulle hande vas dat hulle voel hoe dit voel. Die vrou was vyf keer swanger, in watter hospitaal het sy geboorte gegee?? Kon sy nie toe praat nie? Hoekom vyf kinders kry as jy sien wat doen jou man aan die eerste een? En die familie, hulle bly net stil? Waar is die oupas en oumas of is daar nie? Waar was die bure dat hulle net stil bly en ander pad kyk???? Nee ons sal moet saam staan teen hierdie duiwel!!! Ek sal nie my hande in onskuld was nie want hy MOET gestraf word. Ek sal baklei daarvoor! Elke hond kry sy dag en hierdie monster se dag het aangebreek!!

Ryna du Plooy ·

Waar was die familie? Het niemand van die bestaan van die kinders geweet nie? Hoe op aarde is dit moontlik om mense weg te steek vir soveel jare?

lettie cronje ·

Ek kan nie glo dat die ma nie iets daar omtrent die situasie gedoen het nie …..ek dink sy is net so skuldig !

Bollie ·

Dit is nie altyd so maklik vir die ma om uit so n persoon se kloue te kom nie. Die monster het altyd n manier om almal in die huis gevange te hou, selfs al is jy nie vasgebind nie. Ek sê maar net.

Simone ·

Hoe Kan n ma toe staan en kyk hoe die goed gedoen word. Aan jou eie kinders ???? Kan dit nie glo nie daar is nie woorde vir julle nie. En julle Kan nie ouers genoem word nie.

Jenny ·

As sy onskuldig is sal sy praat en se waarom sy vir 16 jaar stil gebly het en gekyk het hoe haar eie flees en bloed gemartel word so n ma moet gestaf word al was sy saam gemartel kan n vrou so life wees vir ha man om dit toe te laat SWAK, SWAK, SWAK PATETIES MAN SY MOET SAAM GESTAF WORD!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

sonja ·

Ek stem saam bollie.
My suster was met n monster getroud. GEEN simptome vroeg in die verhouding nie. Hoe meer sy probeer weg kom het, hulp kry, interdikte, polisie en you name it. Het hy nogsteeds haar op die einde van die dag koel bloedig vermoor en amper hul seun van 4 ook. Die hofsaak gaan nou nogsteeds aan na 7 jaar. As mens kan mens net soveel doen. Familie en vriende kan ook net soveel doen unless hul geregtigheid in hul eie hande neem. En glo my. Mens kom even tot op daai punt ook as jou geliefdes so behandel word. Dit wat mens van weet thou. Maar die ware en eintlike suffer ens…kom eers in die lug wanne dit te laat is. Maar sekere tye MOET die reg intree, maar doen hul ook nie wanne mens dit nodig het nie. Maar vir die persoon wat dit mee gebeur…. in n begin van so storie besef mens nie altyd wat aan die gebeur is nie. Daai monsters ken hul storie goed om daai mense te brainwash en hulle al dinge te maak glo wat nie eers die geval is nie. Sou dit wees dat die vrou onskuldig is kry ek haar jammer vir dit wat sy moes deurmaak en die skade wat dit emosioneel aan haar gedoen het. Maar wat ek nie kan verstaan nie is…..dat sy in 16 jaar nie eens kon hulp kry nie en buite rond loop. Maar die seun van elf wat so in die gruwel huis groot geword het, het tog in sy agterkop geweet en geglo dis nie reg nie en plan gemaak om te ontsnap en hulp te soek. As hy so gebrainwash was van geboorte dat dit is hoe dit moet wees sou hy nie eers gedink het dan om te ontsnap en hulp te soek nie. En buiten dit moes hy nog geweet het vir wat op hom sou wag wanneer sy pa daarvan sou uitvind en hom in die hande kry. Ongeag daardie vrees het hy nogsteeds gedoen wat hy moes. Lyk my hy het meer guts as sy ma gehad. Dis regtig n baie brave seuntjie.

Sonja ·

En buiten ALLES….het sy als in haar vermoe gedoen om haar seun te beskerm. Al het dit haar baie pyn of mishandeling gekos.

g cronje ·

my hart nou seer en ek bid vir daai kinders ek ken hulle gevoel want ek is deur iets soorts gelyk toe ek klein was …. al wat ek kan se is dat dit bly vir die res van hou lewe by jou en sulke tye wens ek ons het dood straf gehad want dis wat daai man moet kry geen kind verdien dit nie ….. en ek nie woorde vir die ma nie …. sy het vir 16 jaar nie op gestaan vir haar kinders nie wel dan moet sy nou n plan maak en by hulle staan vir al as sy so onskuldig is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.