Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding

Nooddienste behandel die man by die Springs-polisiestasie nadat hy glo probeer het om sy polse te sny. Foto: Neo Leeuw @ POWER987News / Twitter

Nooddienste behandel die man by die Springs-polisiestasie nadat hy glo probeer het om sy polse te sny. Foto: Neo Leeuw @ POWER987News / Twitter

Die pa wat glo sy vrou en vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangerand en aangehou het, het Donderdag glo probeer selfmoord pleeg kort nadat die Springs-landdroshof sy borgtogaansoek afgekeur het.

EWN berig die man, wie se naam nie genoem mag word nie om die identiteit van die kinders te beskerm, het glo probeer om sy polse te sny en is deur nooddienste na ʼn hospitaal gehaas met verbande om sy polse.

Meer inligting oor die voorval is in die stadium nog nie bekend nie. Hy was in aanhouding toe die voorval plaasgevind het.

Die man het Woensdag in die hof aansoek gedoen om borgtog ná hy op 23 Mei in hegtenis geneem is nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Sy kinders is tussen twee en 16 jaar oud.

Die verdagte staar aanklagte van aanranding en ontvoering in die gesig. ʼn Bykomende aanklag van verkragting kan ook moontlik teen hom gebring word, ná bewerings dat hy glo sy vrou gedwing het om met hom seks te hê. Hy kan moontlik ook van meineed aangekla word omdat hy ʼn vals verklaring afgelê het toe hy beweer het sy seun word vermis. – SAPA

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Theresa ·

Die kinders en vrou het nie ‘n kans gehad nie. (Ek noem die vrou en die kinders want hulle kan nie as joune beskou word nie. ‘n Pa doen nie sulke dinge nie!! Nou kies jy die maklike uitweg. Doen asseblief ‘n beter job die volgende keer.

Dikkes ·

Hulle moes hierdie gemors gelos het om homself dood te bloei!! Wat hy aan daardie arme kindertjies gedoen het, hoe kan enige man (vrou) dit aan hulle eie kinders doen? Net jammer hy het nie ‘n beter job gedoen nie.

Riana ·

NEE … Hy MOET gestraf word vir sy dade, nou kies hy die maklike uitweg, mag hy net so swaar kry soos sy “vrou” en Kinders

Annemarie ·

So ‘n mens verdien nie om kinders te he nie. Daai kinders gaan die res van hulle lewe met daardie letsels loop. Kan net bid dat ons Hemelse Pa al hul einas sal heel en dat hulle nou goeie huise sal kry waar hulle met liefde oor laai sal word.

SKANDE! ·

Aan die eenkant wil mens REGTIG hê hul moes hom los want sy hofsaak en dan as hy gaan sit kos ONS die belastingbetalers net verdomp geld.Aan die ander kant wil mens hê hy moet gaan sukkel in die tronk en moet bly lewe. Maar so tipe sal weer bewaarders ens omkoop en hy sal ‘n jollie tyd in die tronk hê soos die Waterkloof spul. Ek sal REGTIG wil hê hy en sy vrou moet VOEL!

Ockert de Reuck ·

Ek geen nie om om belasting te betaal dat so ‘n gemors aftjop nie

SKANDE! ·

Terloops, hy moes nie sy POLSE sny maar daai ander vieslike ding wat hom pla!

Hettie ·

Ja nee gedink hy gaan die maklike uitweg vat, want hy weet wat wag vir hom as hy tronk toe gaan. Mens wil sê hul moes hom gelos het, maar dan kry hy nie wat hom toekom nie. Hy moet swaar betaal vir wat hy gedoen het.

Hettie ·

Nee wat laat hom lewe, hy moet boet vir wat hy gedoen het. Moet nie dat hy die maklike uitweg kies nie.

Belinda ·

Die gemors hy moes mos geweet het om daai arme kind en ander kinders so wreed te mishandel dit gaan een of ander tyd uit moes kom vir hom en sy vrou het ek geen simpatie nie hy moet uitkom ons wag vir die gemors……………………

AmY ·

Nou wil hy wraggies ‘die maklike uitweg kies.’

Aggenee, man, staan pa vir jou dade. Jy het dit mos geniet toe jy dit gedoen het jou sadistiese monster.

Enid ·

Lafaard!!! Kan kinders en jou vrou aanrand, maar kan self nie ‘n pak vat nie. Ek ken jul soort gemors……. jy moes iets anders afgesny het!!! Jy moet nog by Pappa in die tronk uitkom, hy en sy makers gaan jou vir goed regmaak. Ek hoop jy verrot in die tronk en bid dat geen Prokureur jou sal wil bystaan nie. Die vermetelheid wat jy het om aansoek te doen vir borg deurdat die belastingbetalers vir jou sal moet opdok!

Hettie ·

As hy borg gekry het sou hy dit net buite gaan doen het en 10 teen 1 geslaag het want hy weet wat op hom wag. Niemand sou hom kon keer buite kant as hy dit in sy privaatheid wou doen nie.

Melinda ·

Waarmee het hy homself gesny? Wat mag jy als saamneem wanneer jy in aanhouding is?

Debra Botha ·

Hy & die ma moet boet vir wat hulle gedoen het! Sy is net so skudig soos hy! Watter ma gaan net toekyk hoe haar kinders mishandel word & NIKS doen nie?! Nou wil sy hom aankla van verkragting, ag asseblief! Wat het hy nie die kinders als aangedoen nie & sy het dit toegelaat?

Meisie ·

Ek hoop hy kry alles wat hy verdien in die tronk!! En die vrrou?? Wat is haar storie?? Shame, nou wil sy verkragting skreeu, asseblief, sy onderskat die mense se intellegensie!! Sy is net bang sy word ook aangekla en nou soek sy simpatie!! Smyt hulle saam in die tronk!! En gooi die sleutel weg.

ronel ·

ek se nog sy vrou is net so skuldig soos hy maar nee sy speel ook nou arme victim

ronel ·

ek dink nog sy vrou moet ook vervolg word iets is nie reg nie geen ma sal dit toelaat maak ni saak wat die omstandighede is ni

Sollie ·

Moenie hom ENIGE pynstillers gee nie, elke manier wat hy pyn kan verduur is nodig. En ja, die vrou is lyk my net so skuldig, so ook natuurlik die wat stilgebly het INSLUITENDE al die familie wat die seun weggesteek het na sy oë toegslaan is en enige ander persoon wat kammig te bang wa somt epraat. ALMAL, moet vervolg word anders is daar GEEN ware geregtigheid vir hierdie kinders nie. Hul is vir altyd opgefoeter, so oud al en nog nooit in skool gewees, hoe haal hul die agterstand ooit in. Kan seker nie eers ordentlik praat nie. Nee wat GEEN simpatie met die ma nie, NIKS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.