Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof

00029536

Die verdagte Donderdag tydens sy hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou en vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangerand en aangehou het, het Donderdag vlugtig in die Springs-landdroshof verskyn.

Die 36-jarige man wat verlede week probeer selfmoord pleeg het deur sy polse te sny, het ʼn langmouhemp gedra, wat sy wonde weggesteek het.

Gcobani Lungu, die direkteur van openbare vervolging, het meer inligting oor die ondersoek versoek waarna die saak tot 25 Julie uitgestel is.

Die hof het verlede week sy aansoek om borgtog geweier. Pieter van Niekerk, ʼn Legal Aid-prokureur, is Donderdag aangestel om die man te verteenwoordig.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die kinders te beskerm, is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die man het na bewering sy vrou en vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, jare lank in die huis aangehou en aangerand.

Hy word aangekla van kindermishandeling, verkragting, aanranding en dwarsboming van die gereg. Hy kan moontlik ook van meineed aangekla word omdat hy ʼn vals verklaring afgelê het toe hy beweer het sy seun word vermis, en kan ook van poging tot moord aangekla word weens die aard van die seun se beserings. – SAPA

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Belinda ·

Mag die gemors nooit ooit weer in die gemeenskap gelaat word nie…………………

AmY ·

Sy foto en naam is die hele facebook vol, maar natuurlik mag die koerante en media nie sy naam noem nie.

Maar ek hoop hy word goed gestraf vir sy gruwelike dade.

Belinda ·

Jip Amy dit was oral gewees ek meen omdat ek in Springs bly is ek te bly om te week wie en wat hy is sodat mens nie met hom kan meng nie………………………….so ek glo nie hy sal sommer sy gevreet weer daar of enige iewers anders kan wys nie!

Elizabeth ·

Ai… dis goed ek was nie daar. Vir my EN vir hom – ek sou waarskynlik ook in die tronk eindig. Ek sou myself moes weerhou om IETS aan hom te doen. Al kon ek net spoeg in sy gesig. Ja, ek weet dis kinderagtig maar ek sou darem BIETJIE goed voel…

Marieta ·

En is die langharige gedrog wat spore trap soos ‘n mens, al aangekla? Of word sy nog tog te heerlik vertroetel en opgepiep omdat sy in 16 jaar te SLEG was om ‘n vinger te verroer om haar kinders te beskerm, maar eerder meegehelp het aan hulle mishandeling. Dit is mos deesdae die norm in ons regstelsel. Ware krimininele word gepamperlang of op sg mediese parool vrygelaat en onskuldiges moet in tronke van die siel of veiligheidshekke vertoef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.