Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof

Die sogenaamde gruwelhuis in Springs. Foto: @POWER987News

Die sogenaamde gruwelhuis in Springs. Foto: @POWER987News

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou en vyf kinders in ʼn huis in Springs aangerand en aangehou het, het Woensdag om 10:00 voor ʼn volgepakte Springs-landdroshof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Die man se prokureur het sy kliënt se verklaring aan die hof voorgehou waarin hy onder andere aandui dat hy nie van voornemens is om uit die land te vlug nie.

Die publiek en verteenwoordigers van verskeie nie-regeringsorganisasies het versoek dat die man se aansoek om borgtog afgekeur word.

Die man is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. “Vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, is in die huis opgespoor,” het kapt. Johannes Ramphora, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die bure het die polisie ontbied.”

Die man word aangekla van aanranding en ontvoering. Sy vrou was in die huis toe hy in hegtenis geneem is, maar sy is een van die vermeende slagoffers. Dit wil voorkom of die kinders nie voldoende versorg is nie en mishandel is.

“Die naam van die man kan nie bekend gemaak word nie om die kinders te beskerm,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die borgtogaansoek duur voort. – SAPA

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Staan borgtog toe. Hy gaan nog jammer wees dat hy om borgtog aansoek gedoen het.

AmY ·

Nee, hy moet voel dit voel om opgesluit te wees. Hoe dit voel ‘om geen regte’ te hê nie.

Oeps askuus nee. Gevangenisse het ook mos menseregte. Anders as hulle slagoffers.

Nee wat, dan moet hy maar borg kry en vir die gemeenskap gestuur word.

Jasper ·

Sy eie kinders was nie “borg” beskore nie. Laai hom met groot fanfare op die Dorpslein af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.