Springs-gruwelhuis: Pa wil weer borg vra

Die man wat daarvan verdink word dat hy en sy vrou hul vyf kinders in die Springs-gruwelhuis aangehou en mishandel het. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die man wat daarvan verdink word dat hy en sy vrou hul vyf kinders in die Springs-gruwelhuis aangehou en mishandel het. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangehou en mishandel het, gaan na verwagting Vrydag weer om borg aansoek doen wanneer hy saam met sy vrou in die plaaslike landdroshof verskyn.

The Star berig dat die man na verwagting weer gaan aansoek doen om borgtog, nadat hy op 5 Junie borg geweier is. Volgens die man se regsverteenwoordiger is daar glo nuwe feite wat deur die hof oorweeg moet word.

Die pa het ná sy eerste mislukte borgaansoek probeer selfmoord pleeg deur sy polse te sny. Hy was ná sy hofverskyning by die Springs-polisiestasie in aanhouding toe die voorval plaasgevind het. Hy is na die Verre Oos-Rand-hospitaal gehaas en is later die dag weer ontslaan en na die Modderbee-gevangenis geneem.

Die man is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die bure het die polisie ontbied.

Sy vrou is ʼn maand ná hom ook in hegtenis geneem en is later op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die egpaar se name word nie bekend gemaak nie om die identiteit van hul vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, te beskerm.

Die egpaar staan tereg op aanklagte van kindermishandeling, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwarsboming van die gereg.

Hulle het glo hul kinders in haglike omstandighede aangehou en blootgestel aan herhaaldelike mishandeling.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Ma hoor oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma hoor dalk vandag oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma is ongeletterd; ontken verkragting
Springs-gruwelhuis: Ma doen aansoek om borg
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peter Says ·

Borg se jy ??? Ek hoop van harte jou volgende probeerslag is hoogs suksesvol (nie die borg nie)

Vera ·

Ek dink hy wil die borg gebruik vir sy volgende “probeerslag”. Hy kan nie “face” vir wat vir hom voorlê nie. Lafaard!

Trippie ·

Nee, duisend maal NEE !

Ek sidder telkens wanneer ek van hierdie gruweldade lees wat hy (en sy vrou) teenoor onskuldige kindertjies gepleeg het.

Belinda ·

Hy beter nie borg kry nie ons hier in Springs wag vir die vark en sy vrou………………..hulle beter net nerens kom waar die publiek hulle gaan kry nie……………..

Theresa ·

Julle beter nou klaar kry met die 2. Sluit hulle op vir ewig en gooi die sleutel weg of gee hulle vir die gmeeenskap. So maklik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.