Springs-gruwelhuis: Vriendin sê pa ‘het verander’

‘n Vriendin van die pa praat op voorwaarde van anonimiteit nadat die vonnisuitspraak gelewer is. Foto: Maroela Media

ʼn Vriendin van die sogenaamde Springs-monster wat Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis is, sê sy glo hy is nie dieselfde mens as wat hy was toe hy in 2014 in hegtenis geneem is nie.

“Ek glo hy het verander. Hy het in verskeie kommunikasie erken wat hy gedoen het, hy het erken dit is nie aanvaarbaar nie. Hy het van ʼn groot man na ʼn krimp-man gegaan. Hy het in hierdie hof verskeie kere gehuil wanneer hy gehoor het wat sy kinders sê.”

Die vriendin het ná afloop van die vonnisverrigtinge op voorwaarde van anonimiteit met verslaggewers gepraat.

Die man is oomblikke vantevore tot 35 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis op aanklagte van onder meer poging tot moord, verkragting, kindermishandeling, kinderverwaarlosing en dwelmhandel. Sy eksvrou is ʼn vonnis van vyf jaar tronkstraf opgelê wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.

Die aanklagte hou verband met die ouerpaar se vyf kinders wat jare lank in ʼn huis in Springs aangehou, aangerand, verwaarloos en gemartel is. Die ma is vroeër skuldig bevind op vyf aanklagte van kinderverwaarlosing, regsverydeling, die verhindering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer en dwelmgebruik, maar regter Eben Jordaan het gesê hy meen sy is nie ʼn geskikte kandidaat vir tronkstraf nie.

Die ma nadat sy gevonnis is. Foto: Mariné Lourens/Maroela Media

Die vriendin van die pa het hierop gesê sy stem hoegenaamd nie saam met die vrou se opgeskorte vonnis nie. “Sy moes ook tronkstraf gekry het. Die boodskap wat nou aan die publiek uitgestuur word, is verkeerd. Die boodskap is nou ‘ek is aangerand en dit is hoekom ek sulke dinge doen’. Nou stap sy uit die hof en sy lewe ʼn lekker lewe. En al wat vir haar gesê word, is om dit nie weer te doen nie.”

Sy meen dat die ma meer as genoeg geleentheid gehad het om alarm te maak oor wat in die huis gebeur het of om hulp te vra. “Sy het hoeveel kere geleenthede buite gehad waar sy om hulp kon gevra het; sy het nooit nie. Sy kon ʼn briefie vir ʼn kassiere gegee het waarop staan ‘help’. Enigiemand kan ‘help’ skryf. Die boodskap wat uitgestuur word, is vir my heeltemal onaanvaarbaar.”

Volgens die vriendin het die pa verwag dat hy tronkstraf opgelê sou word en kom sy vonnis dus nie vir hom as ʼn verrassing nie. “Hy het geweet hy gaan ʼn lang vonnis kry. Ons het maar net heeltyd vir hom gesê wees sterk. Want wat anders kan mens vir hom sê? Hy voel ook net sy het te lig afgekom van die hele storie.”

Die pa het nadat hy gevonnis is en by die trappe afgelei is op pad hofselle toe gesê hy sal appèl teen die vonnis aanteken.

“Ja, hy het gekry wat hy verdien. Sy het nie,” het die vriendin gesê.

Phindi Louw-Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het na afloop van die vonnisverrigtinge gesê die NVG is tevrede met die vonnisse wat die twee beskuldigdes opgelê is. “Ons glo die vonnis stuur ʼn sterk boodskap uit aan ouers wat hul kinders verwaarloos,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

AmY ·

Dis te laat om nou te verander.
Skade is reeds gedoen, en dis onomkeerbaar.

Hannelie ·

Die ma is net so skuldig!! Sy kon ‘n interdik gekry het of hulp. Sy het vir jare toegekyk hoe haar kinders mishandel en haar dogter verkrag word, sy moenie maak of sy van niks weet nie. Sy verdien ook tronkstraf.

Chanell ·

Ek stem nie saam dat sy skotvry hier weg kom nie. Sy was immers die kinders se ma en moes omsien na hulle, maar sy het nie. Sy het maar net Gods water oor Gods akker aan gegaan met dit wat in die huis gebeur. Ek sal se sy moet minstens 3jr sit en dink aan alles wat sy gedoen het en nie gedoen het vir haarself en haar kinders nie. Ek sidder om te dink wat van die kinders gaan word.

Jannie ·

Ag foeitog!!! As hy nie gevang was nie, sou sy gruweldade dalk nooit aan die lig gekon het nie!!! Is hy jammer oor sy wandade, of is hy jammer dat hy nou die prys moet betaal? Ek voel ZILCH vir hom!!!

Blind ·

Lyk my die ‘vriendin’ het oog- en oorklappe aan. Totaal blind en doof.
Jammer dat die ma nie ook in die tronk is nie – die kinders sou dit graag wou gehad het.
Sy verdien om in die tronk te wees.

adriana ·

Sigopaat en sadis – regte plek is die tronk – jammer hy kon nie gouer gaan nie.

Cherokee ·

Die vriendin se ‘onskuld’ behoort ook ondersoek te word, want dit is nie moontlik dat sulke dinge in ‘n huis gebeur sonder dat vriende daarvan weet nie. Net die feit dat ‘hulle’ heeltyd vir hom gesê het om ‘sterk te wees’ laat dit klink asof haar simpatie by hom is en nie soos dit hoort, by die kinders nie. Dit mag natuurlik wees dat sy ‘n ’buite’ vriendin was wat nooit by sy huis was nie, maar dit behoort ondersoek te word of die vriendin nie inligting weerhou het nie.

Elna ·

Ek stem 100% saam Cherokee hierbo jys in die kol. Dis waaraan ek ook gedink het hoor. Sy moet ook ondersoek en onder vrae word.

Vriendin ·

Nee, Elna, Cherokee is [soos gewoonlik] NIE “in die kol” nie. Niemand is by daardie huis toegelaat nie. Hulle het geen vriende gehad wat kom kuier het nie; selfs familie is nie daar toegelaat nie. Mense wat saam met die man gewerk het, kon nie glo dat hy (soos hulle hom geken het) die dinge gedoen het waarvan hy beskuldig is nie.

PIPPIE LANGKOUS ·

Die “vriendin” en die man het mekaar ontmoet toe sy iemand anders in die tronk besoek het en so het hulle verhouding gegroei. Dit wasin ‘n vorige berig…

Heidi Lundir ·

Die vriendin is duudelik sy vriendin nie die ma sn nie. Seker sy nuwe liefde. Die ma kom wel te lig van die saak af maar haar kinders se verwerping gaan haar straf wees. Die man wert wat hy gedoen het die vriendin ook en nou beweer albei hy het verander. Sy WIL bloot glo hy het verander.

Sarel ·

Sielkundigeverslag laat die vrou ( ma????) Loskom. Jammer maar ek kan met die besluit nie saamstem nie. Maar sy sal wel eendag aan God moet rekenskap gee.

alida ·

Dit is walglike mense. Niemand gaan vir my vertel dat nie EEN familielid ooit in 4 jaar navraag gedoen het oor die die kinders nie. Die bure kon gewonder het hoekom sien hulle nie die kinders skooltoe gaan nie. Dit is siek. Die ma moes ook 35 jaar gekry het. Hoop die kinders kry die regte terapie en kan eendag iets van hul gebroke lewens maak en vergeet van hierdie veragterlike ouers wat hulle gehad het.

Domvraag ·

Vir jare aandadig en nou word die vrou ook as die benadeelde slagoffer uitgemaak. Skande. Hoekom word haar gesig nie gewys nie?
Die NVG behoort te appeleer teen haar vonnis maar Langenhoven se gedig sê so krom en skeef wat die land geploeg is, so is die gereg.

jakes ·

Beide die vrou en man is blykbaar betrokke in nuwe verhoudings. Spyt kom altyd te laat.

Hendrik ·

Hy hét verkeerd opgetree. Verklaar egter die vonnis van 35 jaar, terwyl moordenaars 15 jaar kry? Net nog ‘n voorbeeld van die subjektiwiteit van die reg.
Indien hy berou het, sal dit onmenslik wees om hom te verhoed om vir sy kinders om verskoning te vra en vergifnis te kry, veral in ‘n sogenaamde beskaafde land. Is die regstelsel net op vergelding ingestel?

Vra net ·

Almal sê die ma kon hulp soek? Duidelik het julle vergeet hoe daai man gevang was? Die seuntjie het na die bure gevlug en hulp gevra….wat het bure gedoen? Daai kind weer na daai huis toe gestuur saam die ma en suster? Ons kan bly wees daai kind kewe nog.Daai vrou was bang vir hom. Almal het in vrees geleef. Almal hetvas geglo hy gaan hulle vermoor. So ja julle praat maklik want julle het geen idea waaroor dit gegaan het nie. Eks wel oor een ding baie geamuseerd …….hoe die hell ontmoet mense in die tronk en val verlief? Ek kry nie eers iemand buite nie???

Ja vra maar net ·

Lag ek nou lekker… ek wonder dit ook! hoe knoop jy n verhouding aan terwyl jy in die tronk is? En ja dalk moet ons bietjie tips vra? want buite die tronk lyk my is dit baie moeiliker om n verhouding te vind!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.