Springs-gruwelsaak uitgestel vir regsverteenwoordiging

Die egpaar van Springs tydens hul vorige hofverskyning op 25 Julie 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Die egpaar van Springs tydens hul vorige hofverskyning op 25 Julie 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Egpaar van Springs in Gauteng wat glo hul vyf kinders jare lank gevange gehou en hulle aangerand het, het Vrydag vlugtig in die Springs-landdroshof verskyn.

Landdros Roy le Roux het die saak tot 7 November uitgestel sodat die man en vrou, al twee 36 jaar oud, regsverteenwoordiging kan bekom. Hulle name mag nie bekend gemaak word nie om die identiteit van hul kinders te beskerm.

Die vrou, wat vroeër vrygelaat is op borgtog, was baie emosioneel toe sy die hof verlaat het. ʼn Familielid moes haar troos. Haar man bly in aanhouding.

ʼn Klein groepie betogers het buite die hof plakkate rondgeswaai en versoek dat borgtog nie toegestaan sal word nie.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Egpaar weer in hof
Springs-gruwelhuis: Ouers vir eerste keer saam in hof
Springs-gruwelhuis: Pa wil weer borg vra
Springs-gruwelhuis: Ma hoor oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma hoor dalk vandag oor borgtog
Springs-gruwelhuis: Ma is ongeletterd; ontken verkragting
Springs-gruwelhuis: Ma doen aansoek om borg
Springs-gruwelhuis: Ma weier glo om teen man te getuig
Springs-gruwelhuis: Ma ook vas
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Riana ·

Ja siestog Mandie, ek dink verskriklik baie aan daai Kindertjies, Hoop dit gaan sommer verskriklik baie goed met Hulle

Kotie Loretz ·

Hoeveel keer wil hulle dit nog uitstel, lyk my die ma en pa speel net vir tyd!!! En die ma kan maar die trane afvee sy moes so gehuil het toe hulle, hulle kinders mishandel het.

Nicky Da Silva ·

Kan iemand vir my sê wat met die saak gebeur het…volgende datum was die 7de Nov, maar ek sien niks nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.