Springs-kleuter sterf twee weke ná sy battery insluk

Alice Swanepoel. Foto: Facebook.

Alice Swanepoel. Foto: Facebook.

Die landdroshof in Pretoria-Noord het bevind dat niemand aanspreeklik gehou kan word vir die dood van Alice Swanepoel (2) nadat sy ʼn ronde batterytjie ingesluk het nie, het Beeld Donderdag berig.

“Hoeveel keer het my eie kinders nie met batterytjies gespeel nie? Dit kon in my huis gebeur het,” het landdros Pierre Wessels tydens die geregtelike ondersoek na haar dood in die hof gesê.

Alice is dood nadat batterysuur van die batterytjie haar slukderm gevreet en ’n skeurtjie in ’n slagaar veroorsaak het.

Ilse Swanepoel (25), Alice se ma, het gesê Alice was in die laaste twee weke van haar lewe ʼn paar keer by die dokter weens ’n seer keel en bors. Alice se ouers voel haar dokter moes meer bedag gewees het, veral met die opvolgbesoek.

Wessels het gesê dit is nie standaardpraktyk dat dokters in sulke omstandighede ’n x-straalfoto neem nie. Die hof het aangehoor dat Alice ʼn paar uur voor haar dood op 19 Oktober 2014 nog op ʼn wildplaas gespeel het toe sy begin opgooi het. Haar peetma het aanvanklik gedink dit is aarbeie wat sy geëet het, maar later besef dit is bloed. Sy is na ʼn hospitaal in Pretoria gehaas waar sy dood is.

Haar pa, Shandré (30), en ma weet nie waar die battery vandaan kon kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

BullsEye ·

Hoe uiters tragies! En dit kan so maklik gebeur as ‘n speelding se batteryplaatjie oopgaan en die battery val uit en die ou kleintjies druk mos maar alles in hulle monde.

Nina ·

Dis so hartseer! Kan ook in enige huis gebeur. Soveel goed werk met batterye..:( So mooi poplap.

Christine ·

Ai foeitog! Wie kan nou dink dat so iets kan gebeur!!! My hart gaan uit vir haar ouers en sy is so n pragtige ou mensi!!! Dra jul op in my gebede vir kalmte en berusting! RIV liewe kindji!

Justi ·

Dit is so bitter hartseer. Aan die ouers wil ek se, God sal jul deur hierdie moeilike tyd dra.
Klein Alice is veilig in Jesus se arms.

Gina Slabbert ·

Ongelukke kan enige tyd enige plek gebeur. Maar die hartseer daarna bly vir ewig. Mag GOD jul berusting gee, en wees verseker dat sy by GOD is. God is die Tuinier, hy plik net die mooiste Rose in sy Tuin. Sterkte en weet net die hele land dink aan jul in die tyd. Mag GOD jul weer vrede en vreugde gee…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.