Springs ma sterf ná varkgriep-diagnose

Bianca Muller in die hospitaal met klein Leané wat in haar arms geplaas is vir die foto. Foto: Facebook

Bianca Muller in die hospitaal met klein Leané wat in haar arms geplaas is vir die foto. Foto: Facebook

Die ma van Springs wat ernstig siek geword het nadat sy met die H1N1-virus, ook bekend as varkgriep, gediagnoseer is, is Dinsdagmiddag oorlede.

Bianca Muller (27) is op 10 Junie in die Parkland-kliniek opgeneem vir ʼn roetine ondersoek toe sy 37 weke swanger was. Bloedtoetse het getoon dat sy die H1N1-virus onder lede het en dokters het besluit om haar babadogtertjie met ʼn noodkeisersnee in die lewe te bring.

Johan Muller, Bianca se man, het vroeër vandag gesê dit gaan nie goed met sy vrou nie. Hy het gesê Bianca het akute-asemnood-sindroom (in Engels bekend as acute respiratory stress syndrome of ARDS) ontwikkel én ’n hospitaalkiem opgedoen.

Martie Muller, Johan se tannie, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig Bianca is intussen oorlede. Dit is nie in hierdie stadium seker wat die presiese oorsaak van haar dood was nie.

Die egpaar is die ouers van die ses week oue Leané en die vierjarige Natasha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Debs ·

Ai mense sy is so so jonk…. Ek bid dat julle krag sal ontvang van ons Jesus om julle vorentoe te dra in hierdie moeilike hartseer tyd. Sterkte vir julle.

amanda strauss ·

Jammer om dit te hoor. My innige meegevoel vir al die naasbestaandes.

Susan ·

Ai dit is vreeslik hartseer . Sterkte aan haar man en die familie . Die kieme in die hospitaal maak mens bang !!!!!!

Engela ·

Susan hierdie is die vierde geval van “hospitaalkiem” optel dit is so vreesbevange. My hart gaan uit na hierdie bloedjong Pappa en bitter klein kindertjies wat nou sonder Mamma moet groot word. Mag Liewe Jesus julle abba tot in lengte van dae.

Lynette Lourens ·

Woorde het ons nie, vrae wel baie. Eendag sal ons die antwoorde kry. Baie seen en sterkte aan Johan en die twee kinders, Annemarie, Bianca se ma, en Ilze haar sussie, Tannie Joey haar ouma, Johan se ouers en die hele familie. Julle het mekaar ondersteun en deurgedra. Ons vra vir Vader om julle verder deur te dra en krag te gee. Dankie ook aan almal wat vir hulle gebid het in hierdie swaar tyd. Moenie ophou bid nie – hulle nou ook julle gebed nodig. Dankie vir al die ondersteuning, dankie ook aan al die dokters en hospitaal personeel. Ons se net baie baie dankie. Mag die Here jul ryklik see. Dankie ook aan ds Marius van Impala Park se NG gemeente, dat ek net kon bel en dat julle ook die gesin besoek het. Baie sterkte weereens en baie dankie – Lynette Lourens

Gideon ·

Dit is baie tragies, ek kry julle uit my hart jammer. Baie sterkte!

Jaques ·

In tye soos die is woorde soos leeg blikke en die klanke van hol sambale, maar tog wil ek Pappa en dogter spesifiek BAIE sterkte toewens, mag die Liewe Heer julle hande vat saam met die res van julle familie, en julle deur hierdie donker tyd dra.

SNEL ·

Baie jammer om dit te lees, so gehoop sy sal ten volle herstel. Baie sterkte aan haar man, ouers en familie.

neelsie ·

In sulke tye praat mens nie baie nie….net n diepe hartseer. Baie jammer.

Meraai ·

Ai dis baie hartseer. Mag God julle hande vashou in die hardseer tyd.

Carin ·

Die hospitaal virus kom deesdae baie algemeen voor. Dis baie kommerwekkend. Wat doen die hospitale omtrent dit?

Sanet ·

So hartseer, sterkte aan haar man en 2 dogtertjies. Ons dink ook aan haar ouers en al die ander familie en vriende wat haar mis.

Mariette Du Preez ·

Baie sterkte aan haar man en 2 pragtige dogtertjies, ouers, ouma, familie en vriende.

Eliza-beth ·

Beste wense, sterkte en aanvaarding vir die hele familie. Dis kommerwekkend – waar sou hierdie tipe siektes (varkgriep) nou vandaan kom? Die kiem in die hospitaal – glo my dit sal wel weer vertel word dit was NIE dit wat haar dood veroorsaak het nie. Maar die tipe ding is ook ontstellend om van te hoor want dis ook nie net nou en dan wat mens van so-iets hoor nie!

Mrs Nuts ·

Baie hartseer, mag jy in Vrede rus by Liewe Jesus. Ons kan net bid vir vertroosting vir die familie, kinders en vriende. Daar lê n harde pad van aanvaarding en hartseer voor. Ons hoop hierdie pad sal met tyd makliker en beter raak. Sterkte met die groot maak van die kinders sonder n mamma, maar troos julle dat sy vandag op n beter plek is by Jesus. Ons verstaan nie al hierdie dinge nie, maar ons moet ons vergewis dat ons hemelse Pappa die beste weet. Baie sterkte aan almal!

roxy ·

Ai dis so hartseer! My innige simpatie met die naasbestaandes. Mag die Liewe Vader julle almal bystaan deur hierdie moeilike tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.