Springs-man in hof oor onsedelike dade met meisies

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat self as kind gemolesteer is se paraatheid het daartoe bygedra dat ʼn 39-jarige man van Springs aan die Oos-Rand in hegtenis geneem is weens verskeie beweerde onsedelike dade op minderjarige meisies.

Die vrou, wie se naam weerhou word om die identiteit van haar sewejarige dogter, een van die slagoffers, te beskerm, het aan Maroela Media gesê haar dogter het op Saterdag 20 Augustus by ʼn maatjie, wie se ouers aan hulle bekend is en by wie hulle al gaan kuier het, gaan oorslaap.

“Ek het haar die volgende oggend gaan oplaai en agtergekom iets is fout toe ek haar gebad het. Ek is as kind gemolesteer en het die tekens raakgesien en haar daaroor uitgevra,” het die ma gesê.

Die meisie het aan haar ma vertel “die oom” het na bewering haar en haar maatjie [sy dogter] die aand al hul klere laat uittrek, waarna hy hulle glo seksueel misbruik het. Hy het glo ook pornografiese foto’s van die meisies geneem.

Die vrou het verlede Maandag ʼn saak by die Springs-polisiestasie aanhangig gemaak, waarna die ondersoek deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe oorgeneem is. Die dogtertjie is vir ʼn volledige mediese ondersoek gestuur en haar verklaring is deur ʼn maatskaplike werker afgeneem.

Die vrou het intussen die maatjie se ma oor die voorval ingelig. Die maatjie se ma het haar dogter daaroor uitgevra en dié het glo die Saterdagaand se gebeure bevestig. Dié ma het die Maandag glo haar drie kinders, twee dogters en ʼn babaseuntjie, gevat en by haar ouers gaan bly.

“Intussen het ek haar oortuig dat dit belangrik is dat haar kind ook ʼn verklaring aflê en ondersoek moet word. Die ma is verlede Donderdag na die Springs-polisiestasie om ʼn verklaring af te lê. Die kinders is ook vir ondersoeke gestuur en die man daardie aand in hegtenis geneem.”

Kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder, het die inhegtenisneming aan Maroela Media bevestig. “Die verdagte het Vrydag sy eerste verskyning in die Springs-landdroshof gemaak,” het hy gesê.

Die man word na bewering verdink van seksuele misdrywe op minstens ses slagoffers tussen die ouderdom van ses en 10 jaar.

Hy het Donderdag weer vlugtig in die landdros verskyn, waarna die saak uitgestel is tot 27 September. Hy bly in aanhouding.

Ramphora het gesê die ondersoek duur voort. Die presiese aanklagte waarop die man teregstaan, sal nog vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Denise ·

Dit is die ergste wat met n kind kan gebeur hoe kan so n kind weer n grootmens vertrou en besef die walglike mense wat sulke goed doen watse trauma dit vir so n kind is as hulle nie 100% ondersteuning , hulp en geduld ontvang nie ag nee ek is woedend jy moet toegesluit word Sies man jy het geen selfrespek vir jouself en jou eie kind nie en ander onskuldige kinders nie!!!! Jou soort moet nie naby kinders toegelaat word nie!!!!!

Ann ·

Ek saluut die mamma dat sy onmiddellik iets agtergekom het en haar dogtertjie uitgevra het!! Daar is bitter min ma’s wat dadelik sal agterkom daar is fout. Nou is die man agter tralies!! Good for you Mamma!! Sterkte aan almal!!

annoniem ·

Ja ek stem volkome saam. Daar is niks wat n kind heeltemal die afgrond instuur as die mamma niks doen. Ek was self n slagoffer en my ma het haar man bo my verkies. Ek het n helse kinder en tiener lewe agter die rug net God se groot liefde en genade het my kom red. Net God alleen kon my genees van al die seer en leer om die man en my ma te vergewe. Wat vreeslik is die man was self n slagoffer en sy ma het niks gedoen nie. So hy het begin doen aan ander wat aan hom gedoen was. Ek saluut so mamma. Wens daar was meer van hulle ek self sal seker mal raak en is self oorbeskermend oor my pragtige kidies.

Gideon ·

Dit klink seker nie reg nie, maar my ouers het my ook nooit as jong seun laat uitslaap nie, net gesê, dat kinders in hulle eie beddens moet slaap waar ouers weet wat aangaan!!

Annette ·

Ek het my kinders ook geleer: Elke aap op sy krans slaaptyd.

Piet Pompies ·

As ‘n reel het ons nie toegelaat dat ons kinders uitslaap om hierdie oortredings te voorkom. Sterkte aan die kinders en dankbaar dat die ouer dit gou opgemerk het, net jammer die skade is alreeds gedoen.
‘n Volwasse persoon wat sy posisie misbruik behoort nie in die samelewing!

Ryna ·

Nou vra ek maar net waar was die Mamma toe dit gebeur het? As dit my dogter was het hulle hom in die staats lykshuis gaan soek! Jammer maar sulke mense hoort nie in die samelewing nie en dan moet ons belasting geld die lewe vir hom gerieflik maak in die tronk? Nee wat bring die doodstraf terug vir sulke misdade! Sterkte vir die families dit gaan nog ‘n lang swaar pad wees na herstel. #kapafwatpla

mamma van 3 ·

Die van julle wat se waar was die mamma moet bietjie gaan stilsit en dink. Ek weet van die mense en buiten die dogtertjies het sy ook n seuntjie van 1 jaar. Watter een van julle wat die aannemings maak dat die ma nie oplettend is nie, verwag so iets van jou man. Wie van julle is elke oomblik by elke kind. As pappa sit en tv kyk en jy is besig met die baba. Vermoed jy dat jou man dalk kan besig wees om met jou ander kind te lol. Hoeveel keer het dit ooit by jou op gekom dat so iets dalk besig is om te gebeur? Dis die kinders se pappa. Kinders moet veilig wees by hulle pappa. So hoekom sal mens dit dink. Hou op om die ma te probeer uitmaak as ek weet nie wat nie. Dink jouself in daardie omstandighede in en dink of jy iets sal vermoed!

Ook 'n mamma ·

Ryna hoekom word daar ALTYD na die ouers verwys sou enige iets gebeur met die kids? Ja, ons is verantwoordelik vir hulle en ek sal my kind met my lewe oppas. Hierdie was seker ook ‘n enorme skok vir die mamma. Geen mens verdink jou MAN van sulke dade nie! Sterkte vir beide families en ook die ander slagoffers wat daar moontlik kan wees!

Nog 'n mamma ·

My dogtertjie is by ‘n kleuterskool verbonde aan die ‘n kerk op ons dorp gemolesteer. Waar was ek? By die werk onder die indruk dat my kind veilig is by christenmense …
Ek moet myself nog elke dag vergewe dat ek my kind bloot gestel het aan sulke nare mense!!
Gelukkig was ek ook baie oplettend en het geluister toe sy praat. Volgens sielkundige het dit een keer meskien twee keer gebeur. Dokter het tydens ondersoek bevestig.

Jenny Thom ·

Ek wonder maar net waar was die mamma by wie die kind oorgeslaap het. Daai vieslike vent het genoeg tyd gehad dat albei die dogters al hul klere uittrek, hulle seksueel misbruik en nog boonop foto’s geneem. Dit neem nie net ‘n halfuur nie, hy was gerus en het baie tyd tot sy beskikking gehad. Dit is skokkend hoe hierdie misdade teenoor ons kinders net toeneem. Ons siek, siek samelewing. Baie sterkte aan al die slagoffers en 10 uit 10 vir die mamma wat dadelik onraad gemerk het, en daarvan werk gemaak het!!!!! Ek persoonlik kan nie meer wag vir die Nuwe Aarde en die Nuwe Hemel waarvan ABBA Vader praat en Hy
ons belowe het nie!!

slim ,sterk mamma ·

Well done aan hierdie ma! Ek is so vreeslik jammer oor wat gebeur her, maar ek haal my hoed af vir jou! My her die saak uitstekend hanteer en hou is hierdie siek siel agter trailer. Sterke! met ‘n mamma soos jy het jou meisiekind ‘n wonderlikke ondersteuningstel. Julle is in my gedagtes en gebede.

Veritas ·

Ek maak dalk my kinders oorbeskermd groot maar ek sal so’n oorslapery nooit toelaat nie. Al ken ek die ouers hoé goed, sal ek nooit weet watter monster daar dalk in hulle skuil nie. Geen volwassene sal ooit adverteer dat hy/sy ‘n pedofiel is nie.

Hanlie ·

10/10 vir hierdie 2 Mammas! Sterkte vir julle en die kinders.

my reëls ·

EN DIT IS HOEKOM MY DOGTER NOOIT MAAR NOOIT SAL OOR SLAAP NIE. maak nie saak wie dit is nie! Siek wêreld. Siek.

Klippie ·

En dan kyk mense my snaaks aan omdat ek nie my dogter van 7 jaar wil toelaat om by maatjies uit te slaap nie !!! Ek sê nie dit sal by die al maatjies se huise gebeur nie maar voorsorg is beter as die trauma, berading en stress waardeur die kind en ons as gesin sal moet gaan!!

franje van spanje ·

Ek verloor dit!!!!!!!! Hoor my lied……. PORNOGRAFIE!!!! Almal wat dink porn is ok, kom by!! Mevrou, kyk op jou man se foon. Ek praat uit ondervinding.

Joa ·

Wat gaan aan met die siek siek mensdom. Bestialiteit deur jong seuns, verkragting en onsedelike aanranding op klein dogtertjies deur pa’s en ander familie lede, verkragting en moord op klein kindertjies. Al wat ek weet is dat God slaap nie. Hy meng dalk nie in met ons lewens op aarde nie, maar hierdie soort mense sal eendag verantwoording moet doen vir hulle dade. Hulle behoort nou al bang te wees vir daardie dag.

Jenie ·

Hoe gebeur sulke dinge in die huis en die ma weet nie daarvan nie???? Ek sal iemand
anders se kind met my lewe oppas? Jy moet mos wonder waar is die man nou?

G ·

Dit is so hartseer dat kinders op so baie dinge moet uitmis as gevolg van mense wat nie in die samelewing hoort nie. As kinders, het ons altyd die grootste pret gehad as ek by my vriendin se huis kon gaan oorslaap het. My dogter se vriendinnetjies en hul ouers moet maar eendag by ons kom oorslaap as daar uitgeslaap moet word.

Karolis ·

Absoluut laag en gemeen om te vra waar was die ma. Dit het in die eerste plek niks met jou uit te waai waar die ma was nie.
Hoekom vra jy nie uit oor die oortreder nie? Klink of jy sy dade en optrede goed praat siende dat jy dit vermy.

Wern ·

Dis n logiese en goeie vraag. Die man is mos nou vasgetrek en forensiese bewyse versamel, so hy is nou in die proses, maar nou vra die gemeenskap net waar die vrou was. Dis geen beskuldiging nie, ons wil net weet.

Ook 'n mamma ·

Ek stem 100% saam Karolis. Dit is gemeen om te vra. Wanneer maaitjies by ons oorslaap loop ek ook nie al agter my man aan om te kyk waar hy is of wat hy doen nie. Vader, soms los ek die kids by hom en ry bv. om kos te gaan koopl! Die verpligting om na die oorslaap maaitjies om te sien le by beide die ouers. Hoe moes sy weet dat haar man tot sulke dade in staat was?

Karolis ·

Ek vra om verskoning as jy voel dat ek oorreageer het.
SNEL, dankie, jy het ‘n sinvolle antwoord gelewer.

brenda ·

natuurlik is dit n goeie vraag?? waar was die vrou?? as ek moet omsien na iemand se kind/kinders is my oë heeltyd op hulle!! gemeen?? asb.

Jean ·

Ai nee, jou kinders is nerens meer veilig nie, hoe tragies, so iets laat ‘n letsel vir die res van iemand se lewe. So jammer daaroor, straf die oortreder ordentlik en hou maar aan met berading vir die kind/ers totdat hulle dit emosioneel kan verwerk.

SNEL ·

Waar was die ma: ek is seker soos enige vrou en ma vertrou jy jou man met die kinders. Miskien het hy gesê hy gaan vir hulle n storie lees terwyl sy die kombuis opruim en die plek waar die kleintjies gespeel het skoon maak. Sy het gedink die kinders is veilig by hom. En dan, miskien het hulle n dupleks huis, dat sy onder besig was en niks gehoor het nie, terwyl hy met die kinders bo was. Sy het immers dadelik toe sy weet wat aangaan haar goed gepak en by haar ma hulle gaan slaap. Dink hoe moet die vrou daai ander ouers aan wie se kinders haar man die vreeslike goed gedoen het weer in die oë kyk. Sy het gedink die kinders is veilig by hulle huis en nou het die kinders so baie letsels, selfs haar eie kroos ook. Geen ma sal haar kinders blootstel aan so iets nie. Die vrou glo ek gaan ook nou deur hel. Sy het al die tyd saam met n monster geslaap en hom vertrou en nou is haar wêreld ook geruk. Sy is ook n slafoffer. Net baie bly hierdie ander ma was so op en wakker en het gou alles in die lig gebring, anders was daai ou se eie kinders vir jare misbruik, maar ek voel jammer vir al die ou kindertjies. Ek is ook altyd teen uitslaap en het dit al met tye toegelaat, maar na die berig, nooit weer nie. No never!!!

Aijaihai ·

Vreeslik! My dogter is al 15 en slaap van kleins af uit. Maar ek het haar vroeg n selfoon gegee, geleer dat tussen ons net n thumbs down gestuur moet word en ek is daar. No questions. Haar ook van piepklein af vertel dat NIEMAND , nie eers pappa , oupa …enigeiemand mag vat waar haar kleertjies toemaak nie en haar ook vertel en geleer dat sy moet praat, ens. Well done aan die mamma. N oop verhouding in vandag se lewe met jou kids is uiters belangrik.
Maar dis soo hartseer dat daar sulke siek mense is en ek hoop en bid dat die slagoffertjies baie liefde, ondersteunings en genesing sal kry.

Sê maar net ·

Ek hoop net die man kry die swaar straf wat hy verdien!!! Want so baie keer word die brawe slagoffertjie deur hel gesit met hofsake en dan kom die skurk met net ‘n boete en sy naam op die lys vir sekeuele misdadigers weg. Selfde met mishandeling sake. Pedofiele is niks anders as moordenaars wat kinders se onskuld steel en hul siel vermoor!!!

KarooKlong ·

Aitog, een van daardie seerkry berigte. Sterkte aan ma en kleinding.
Kan maar net hoop dat geregtigheid sal geskied.

Johanna ·

Wat n tragedie. haar eie pappa wat so iets aan haar en haar maatjies/s gedoen het. hy het seker altyd gesorg dat die mamma nie in die nabyheid is nie. Sekerlik vertrou elke vrou haar eie man rondom hulle kinders! Maar hartseer werklikheid – dit is nie altyd die geval nie – die feit dat sy haar kinders gevat het en getrek het en self ook polisie toe gegaan het bewys duidelik dat sy onbewus was. sluit hom toe en gooi die sleutel in die diep blou see!!!

6 slagoffers ·

Kan my imagine hoe geskok en naar moet daai vrou wees net oor die idee wat haar man aangevang het met die kindertjies. Hy moet sy storie al goed ken en baie fyn beplan het om al 6 slagoffers te gehad het sonder dat sy vrou dit ooit agter gekom het.

Nix ·

Kan julle dink waardeur daardie arme vrou moet gaan? Die feit dat sy opgetree het en die saak by die SAPS gaan aangee het, vertel vir my dat sy niks van die gemors geweet het nie. My kinders is groot, maar het baie uitgeslaap en maaitjies het kom oorslaap.Dan bou hulle tente en manlief is die polisie man wat hulle moet “oppas” met sy flits en ek is hulle persoonlike “chef”! Ons het sulke goeie tye gehad, my girls praat vandag nog daaroor. En as tieners het Oom V die meisies probeer troos oor ‘n gebreekte hart of raad oor outjies. Die maaitjies is vandag al groot vrouens, nogsteeds deel van ons lewe, en word self nou mamma’s. Dit is so ongelooflik hartseer dat hulle kindertjies nie sulke sports kan/mag beleef eendag nie. My man se nou die dag vir my, hy is al te bang om met kinders te gesels of speel, want ‘n mamma het hom vreeslik vuil uitgekyk toe hy met ‘n babatjie in ‘n trollie speel in ‘n supermark. Dit is so ongelooflik onregverdig teenoor die miljoene mans wat regtig net ‘n gesonde liefde het vir kinders. Maar mens kan nie anders as om super versigtig te wees nie. Ek is so ongelooflik jammer vir die kindertjies wat seergekry het deur ‘n gewetenlose mens, mag Ons Liewe Vader hulle styf in sy vader arms omvou. En mag Hy die mamma’s krag gee om die seer en stukkend gesond te kan maak.

ook gemolesteer ·

Ek is ook n victim van n sielsiek man my eie neef gebruik en ja ek was gedreig deur hom tot die dag wat my broer hom gevang het daai tyd was dit net onder die mat ingevee maar met God se genade kon ek deal daarmee nadat my broer hom amper doodgeslaan het so ek het soveel meegevoel vir die dogtertjies en daar is vandag baie hulp maar ek voel bly omdat die dogtertjie die een was wat die gemors kon stop en mag hy stadig vrek soos my neef vandag nog suffer

Rina XX ·

Die mans wat so is, se aan die kind allerhande dinge en die onskuldig kind glo wat hy se. aarom weet nie alle mams wat gebeur nie. Elke vrou vertrou haar man.Geluk wakker mamma, voel so jammer vir die ander onskuldige ma wat haar man vertrou het.
DIE WOORD SE KAP AF WAT JOU PLA. So n pa is n stuk gemors, wat net dink aan sy eie LUS. Jy gaan voor ABBA Vader moet staan.

Skepties ·

Na Advokaat Barbie se drama kan mens nie ander mense kwalik neem dat hulle vra waar die ma was nie???? Hy het immers al ses keer tyd gehad om dit te doen..elke keer as n maatjie oorslaap..iets wat sekerlik ligte, lawaai, kameras, en tyd vat om te doen? Niemand se sy was bewus daarvan nie..dalk ht hy haar gedrug om vas te slaap elke keer of iets..dis maar net n logiese vraag!!

Ellen ·

Ja nee ek stem volkome saam,die Ma was 10 teen 1 besig met kosmaak of met kombuis skoonmaak,miskien vinnig gan stort! N Ma kan nie uitclock soos die Pa’s nie! En n vrou verwag dit mos nie van haar man nie! Mense jule kan dit nie vra nie,dai Ma het dadelik opgetree in ha kinders se belange! Mamma jy was great en flink gedink! Jy is 1 van dai AWESOME Mammas! Sterkte vir albei die kinders en vir hule Mammas! God Sal jule deer die pyn en seer dra!! Jule sal heel ander uitkom! Sterkte Mamma’s

Pik ·

Prok ek dink nie jy het gedink toe jy kommentaar gelewer het oor die? Of miskien onder die naam “prok” praat jy uit ondervinding.

Ilse ·

Dit maak nou dat ek onder geen omstandighede my kinders sal laat oorslaap by ander mense. My hart gaan uit na die kinders en hulle ouers. Dis vreeslik, en mag daai man goed vir sy dade betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.