‘Springs-monster’ en vrou weer in hof

Die egpaar van Springs tydens 'n vorige hofverskyning op 25 Julie 2014. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die egpaar van Springs tydens ‘n vorige hofverskyning op 25 Julie 2014. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die sogenaamde “Springs-monster” en sy vervreemde vrou het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn op aanklagte van onder meer poging tot moord, verkragting, dwarsboming van die gereg en die besit en handel van dwelms.

Die egpaar het sowat vyf meter van mekaar af in die beskuldigdebank gestaan terwyl adv. Jennifer Cronje, die staatsaanklaer, die 20 aanklagte teen hulle vir die hof voorgelees het. Die man staan tereg op twee bykomende aanklagte van verkragting en seksuele aanranding.

Regter Eben Jordaan het Maandag gehoor hoe die sakeman sy familie van 2005 tot 2014 in hul huis gevange gehou het. Die kinders was in hierdie stadium tussen die ouderdomme van twee en 16 jaar. Die egpaar se name kan nie bekendgemaak word nie om die identiteit van hul kinders te beskerm. Die kinders is tans in die sorg van familielede.

Die 37-jarige man van Springs aan die Oos-Rand is twee jaar gelede in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en vyf kinders vir jare gemartel en mishandel het en hulle as gyselaars aangehou het. Die vrou is later ook in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat sy ʼn medepligtige in die mishandeling en marteling van die kinders was. Sy het ook glo, soos haar man, nie toegesien dat die kinders skool bywoon nie.

Die geval van die “Springs-gruwelhuis” het aan die lig gekom toe die egpaar se 11-jarige seun uit die huis ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Die bure het op hul beurt die polisie in kennis gestel.

Die verhoor sal Dinsdag voortgesit word wanneer die kinders in camera sal getuig. Die man is steeds in aanhouding in die Kgosi Mampuru II-gevangenis, terwyl die vrou vroeër op borgtog van R2 000 vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Janneman ·

Dit is regtig tragies.

Daar is niks meer kosbaar as n kind se onskuld en gelukkige, geleidelikke ontwikkeling tot volwassenheid nie. Laat ons almal uitkyk vir hierdie duiwels en hulle onvoorwaardelik uitlewer.

Ek bid dat die kinders se letsels sal genees met tyd en dat iemand hulle sal versorg en koester.

Petro ·

Hoop geregtigheid geskied en hierdie monsters gaan lewenslank tronk toe waar hulle hoort
Bid dat die kinders hierdie verskriklike ding kan verwerk en dat hulle eendag normale lewens kan lei..

Koos ·

Dit is regtig tragies. Hoekom moet die afrikaanse media altyd skuldiges monsters noem ek dink dis onvanpas??

Poplap ·

Our Koos
Nou wat stel jy voor noem die media die gespuis?
Engelse, arme Afrikaanse slagoffers van Afrikaans wees?
Ag asb Koos get over yourself. Die media noem hulle net dit wat hulle is. MONSTERS. Moenie dat jou Afrikaans wortels jou verblind vir die walglike dadelik van monsters

Ruby ·

Koos, al wat onvanpas is, is die marteling, vernedering en angs wat die kinders moes deurmaak.

Wat moes die ouers nog aan hulle kinders doen om volgens jou ‘n “monster” genoem te word?

Die ouers se dade maak hulle monsters!

Dankie, dankie, dankie aan die bure wat ‘n stokkie in die speek gesteek het om die polisie te bel.

Marthina ·

Ek dink as jy vir daai kinders vra, sal hulle ook dink hy, en dit sluit die “ma” ook in, is n monster met als wat hulle moes deurmaak. Ek kan aan baie ander woorde dink om hom te noem maar word nie toegelaat op hierdie platform nie….

Gideon ·

Hoekom word net die man ‘n monster genoem en nie ook die vrou nie? Sy was net so betrokke!

m ·

Hier is twee baie siek mense. Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg.

Christiaan ·

Ek self kom uit n huis waar mishandeling tot my moeder se selfmoord gelei het, sulke mans breek hul vroue se selfbeeld so af en die van die kinders dat dit meeste van die tyd onherstelbaar is. Dit kom nooit heel te mal reg vir die slag offers nie, en is iets waarmee hul vir die res van hul lewens moet saam leef. Voel jammer vir die kinders en hoop die skade wat klaar gedoen het is iets wat hul met hulp sal kan verwerk tot die beste van hul vermoë. Die 11 jaarige seun is n held. Mors self op 13 jaar ontsnap en by bure gaan aanklop het vir hulp.

Ruby ·

Ai Christiaan, my hart is seer vir dit wat jy moes deurmaak, ek glo daar is baie gevalle wat nog steeds plaasvind.

Mag jy, soos die kinders in die gruwelhuis en die wat nog steeds ly, heel anderkant uitkom.

Drukkie vir jou.

Maria van Dieweeck ·

Vir my is dit erger as n vrou sulke goed doen! Hoe kan jy dit aan jou eie kinders doen? Sulke mense moet ‘reggemaak’ word soos diere want hul kan ook nie gerehabiliteer word nie…

Zhara ·

Koos want hy is ‘n monster hoewel ek vir geen oomblik glo dat sy ou liewe vroutjie onskuldig is nie. Sou ek tog as ma dan probeer om uit te kom. Die belangrikste ding hier is die kinders en hulle is nie deur die ma of pa beskerm nie hoop altwee sit vir n baie lang tyd. Ek glo die kindertjies kry baie liefde en aandag nou. Die 11 jarige seun is n held vir sy boeties en sussies.

Maria van Dieweeck ·

Jammer ook vir jou Christiaan, mag God jou heel maak

Gesiggie ·

Dit voel soos gister wat ek die berig gelees het… dit het gevoel of sewe soorte vure uit my spoeg…dat n Pa en Ma so sieklik kan wees… en dit met hul eie kinders… hierdie ouers moet nooit weer eers naby die kinders toegelaat word, ek hoop die kinders kry al die liefde wat hul verdien en dat hul so gelukkig sal wees… en vergeet van dit wat met hul gebeur het. Gideon ja ek stem… hul altwee moet monsters genoem word, want op die einde was Ma net so skuldig… sy het geweet van als.. maar stil gebly… hierdie 2 mense moet sink…. en ja 2014 dit vat te lank… jul verdien nie om die son te sien opkom….

Anneke ·

Ek wonder dieselfde as wat ek 2 jaar terug gewonder het. Indien daar nie vriende is nie, waar is die familie? Hoe lank kan ‘n mens ‘ons nie nie hier nie’ of ‘die kinders is siek en kon nie saamkom nie’ verskoning gebruik.
Hoe op dees aarde kon dit vir soveel jaar aangaan en niemand maar niemand weet iets nie?Mag God ons genadig wees, as een van iets weet en ons koppe wegdraai omdat ons nie betrokke wil raak nie.

“It takes a community to raise a child”

Jef ·

Wat is die rede hoekom die vrou op borgtog vrygelaat is, verstaan nou nie mooi nie

zhara ·

Ekt self 3 kinders en ek kan nie dink hoe ek jare lank my kinders kan martel en niemand kom dit agter nie nie n ouma niemand?????????? Het die familie dan net n blinde oog gedraai of wat.Hoop die man en vrou word swaar gestraf. Die vrou het disleksie en kan nie skryf nie maar eks seker sy weet wat is reg en verkeerd. Ek stem aam sulke mense moet reg gemaak word soos diere.

snoefie ·

“Die vrou is later took aangekla …. sy het ook nie toegesien dat die minders skool bywoon nie.” wat Dan kan beteken dis onwettig om minders uit die skool te hou. ek wil graag weer wat Dan van die soul “tuisonderrig-kinders?” wie sien toe dat hulle onderrig kry? is dit nie die skool department, welsyn en/of justisie se plig om die kinders te monitor nie? as dit nie is nie, behoort dit te wees. maar nou ja. dis meestal wit kinders wie tuisonderrig kry. van die tv en internet af en wie gee om vir die wit kinders. dis hoekom die springs egpaar so lank met hulle gruweldade weggekom het.

Koos ·

Poplap het jy al gesien hoe vermink plaasaavalers hulle slagoffers het jy al een joernalis gesien wat na hulle verwys as monsters ?? hoekom dink jy sal dit nooit gebeur nie??

Se maar net ·

Ai, my hart gaan uit na hierdie kinders! Ek was gelukkig om na 4maande van aanhouding, met my seun, toe 3, te ontsnap. Ons is deur hel! Die lelike (nie eers die regte woord nie) ervaring het my seun vir ewig geknou. Mens kan maar net bid dat al hierdie tiepe mense uit die samelewing verwyder word….maar hoe weet jy wie hulle is??

Hanneli ·

Is nie altyd maklik om op te staan en hulp te kry nie, n mens word so emosioneel mishandel. Haal my hoed af vir daai seun wat kon wegkom en hulp kry.

Susan ·

Mans kan vrouens soms so wreed aanrand vir jare dat hulle niks meer in hulself oor het nie. As die ma moet tronk toe gaan, gaan dit vir haar hemel op aarde wees om net weg te kom van so ‘n psigopaat man af. Daardie vrouens bestaan net. Hulle lewe nie meer nie. Haal net asem. As hulle dit sou waag om te ontsnap en word uitgevang, is hulle dood! Ek kry baie keer ‘n onkeerbare drang en in my hart om ernstig in te tree vir kinders en vroue wat mishabndel en verkrag word . En elke kort-kort hoor ek van sulke mense wat weggekom het. ek ek glo my gebed het ‘n bietjie gehelp. Bid asof alles van JOU gebed afhang. Dit maak my skoon SIEK om te dink daar is ander wat NOU in dieselfde posisie is.

pop ·

Christiaan< jy klink vir my of jy jouself mooi uit die gemors van jou kindwees gelig het. Mooi so en welgedaan. Mag jy net van krag tot krag gaan. Daar is baie mense wat net die aller grootste respek vir julle mense het wat opstaan uit die as.

Antonette ·

Baie, baie beslis is die ouerpaar veronderstel om verantwoording te doen vir hul dade…en dan toepaslik gestraf te word…maar hopenlik faal die gereg ons nie weer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.