Springs-tienermeisie gevind

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die 14-jarige meisie van Springs aan die Oos-Rand wat verlede Maandag spoorloos verdwyn het, is Dinsdag gevind en is veilig.

Sy is Maandag omstreeks 18:00 die laaste keer by haar ouma, wat ook haar peetma is, se veiligheidskompleks in Springs, Gauteng, gesien. Sy sou tot Donderdag daar kuier.

Die meisie het glo gesê sy wil vir haar broer, wat in dieselfde kompleks woon, gaan kuier. Sy het egter nie, soos sy beweer het, vir haar broer gaan kuier nie, maar by die ingangshek van die kompleks gaan staan.

Niemand het gedink dit is vreemd dat die meisie by die hek staan nie, aangesien sy dit gewoonlik elke middag doen tot haar ouers haar daar kom oplaai.

Volgens een van die inwoners van die kompleks was daar glo ʼn rooi motor, met getinte vensters, wat in daardie oomblik by die hek ingery het.

Die meisie se ouers het tot in die middernagtelike ure rondgery op soek na haar. Hulle het ook ʼn beloning van R20 000 uitgeloof vir enigiemand met inligting wat tot haar opsporing kon lei.

Geen verdere besonderhede oor haar verdwyning óf terugkeer is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel ·

Halleluja …. dat sy lewend gevind is is opsigself ‘n wonderwerk

Danny ·

Sy is nie te oud vir ‘n pakslae nie!! Arme moederhart en pappahart!

Niklaas ·

Mens het die ergste gevrees. Bly sy is veilig en ongedeerd, of so glo ons. Maar ek dink sy kort een lang vermanende lesing en praatjie oor sake soos bedagsaamheid en verantwoordelikheid.

Jakes ·

Haar onverantwoordelike gedrag kon haar ouers duisende gekos het.

Moedeloos ·

Wel sy het vorige kere ook verdwyn en dan later gevind. So dis n gewoonte van haar. Baie bly vir ouers se part dat hy hierdie keer weer ongedeerd is. Maar ek dink sy moet gaan vir berading want dit raak nou n gewoonte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.