Springstof by Lonmin-myn

Argieffoto

Argieffoto

Springstof met ʼn geraamde straatwaarde van ongeveer R135 000 is by Lonmin se myn in Marikana naby Rustenburg in Noordwes opgespoor.

“Die sekuriteitspan het Sondag drie mense by die myn opgemerk waar daar niemand veronderstel is om te wees tydens die staking nie,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Reaksiegroep is dadelik na die skag gestuur en hulle het die verdagtes uit die skag sien stap.” Die drie persone het daarna oor ʼn heining gespring en weggehardloop.

“Die polisie is ontbied en het die springstof en 500 kg-koperdraad opgespoor,” het Ngubane gesê. “Dit is nog nie duidelik hoe die springstof aangewend sou word nie.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak al sedert 23 Januarie by Lonmin, Implats en Amplats in Noordwes en Northam in Limpopo. Hulle eis ʼn basiese salaris van R12 500. Hulle het die maatskappye se jongste aanbod, dat werknemers teen Julie 2017 R12 500 sal verdien, verwerp. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hesterh ·

Eenvoudige AMCU. Die mense kon al lankal weer gewerk en ten minste n inkomste gehad het. Nou verloor hul alles.

Tina ·

Op die oomblik besit 1% van die mense in die wereld meer as die ander 51% mense. Selfs die mense wat dink hulle is ryk, is arm en word deur die media beheer en beinvloed. SA se myne het nog altyd net aan die koningin van Engeland en haar uitverkorenes behoort. Sy het 25000 boere vroue en kinders vermoor om beheer daaroor te kry. Ek is dankbaar vir MR Malema wat haar en Zuma en die platinum base aanvat want op die oomblik verlaat biljoene rande SA om Britse aristokrate nog ryker te maak? Daardie minerale rykdom moet gebruik word om Suid Afrikaanse burgers op te lei, soos Yskor wat N1-N6 kursuses, verblyf en werk geskep het vir arm werkloses in ons land. Die armes steel en moor in afrika want hulle is werkloos, hulle het geen hoop en geen kwalifasies nie. Indien die platinum mynwerkers R12000 pm betaal word is dit beter vir SA as een britse direkteur wat R30 miljoen bonus kry vir die jaar want die werkers gaan die geld in Brits by die winkels en besighede spandeer en die hele gebied gaan groei en ontwikkel. Ons blankes behoort Amcu te steun en te help en te respekteer, tenminste gee hulle om vir armes in ons land meer as vir die buitelandse elite wat ons net beroof. Nationaliseer die myne, ons land kan dit winsgewend bewerk. As Swartman en Afrikaner saamwerk het ons baie kennis, ons kan fabrieke bou en werk skep vir ons mense en die armste van armes in Afrika help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.