Die polisie in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het kommersiële springstof in ʼn verlate huis op Mooirivier gevind. Lede van die honde-eenheid het Saterdagoggend op inligting gereageer en die huis deursoek.
“Hier het die polisie op springstof afgekom wat algemeen in die mynbedryf gebruik word,” het brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gesê. “Dit word vermoed dat die springstof gebruik sou word om kitsbanke op te blaas en transitorooftogte uit te voer, aangesien ons in die verlede gesien het dat soortgelyke springstof tydens hierdie tipe rooftogte gebruik word.”
Volgens Naidoo is niemand nog in verband met die besit van die springstof in hegtenis geneem nie en die polisie vra dat enigiemand wat moontlik inligting oor die voorval het, die polisie by 086 00 10111 sal skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Moes hulle nie dalk die huis eers dopgehou het om te kyk of iemand dit wil kom haal nie? Of het niemand daaraan gedink nie?
Dis seker maar net niks… Sommer net… Natal is ‘n vredevolle gebied van nog altyd af. Dalk het een of ander myn die goed buite vergeet en toe sit iemand met ‘n goeie hart dit in die leë huis uit die reën. Die polisie kan regtig ontspan… op die strand gaan luier, seker nog maar erg gestres na Julie se onverwagte dwarrelwind.
Kitsbanke en transito rooftogte. Uit ander nuus bronne was dit vir Zuma ondersteuners wat die Mooirevier plaza wou opblaas, die hoeveelheid wat op beslag gele is maak sin. Hier is magte in SA wat hierdie land onregeerbaar wil maak.