Sprinkaanplaag in dié drie provinsies

Die swerm sprinkane vlieg deur die lug (Foto: Sven Torfinn, AP)

Dele van die Vrystaat, die Noord- en Wes-Kaap beleef tans ’n sprinkaanplaag.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het Woensdag gesê sterk winde in die provinsies het in dié stadium tot gevolg dat die swerms sprinkane verder versprei.

Beheermaatreëls word nou ingestel om die verspreiding van die insekte te beperk. Die departement het reeds ’n span spesialiste na die betrokke provinsies gestuur om saam met die provinsiale departemente, die landbounavorsingsraad en landbou-organisasies te werk om die plaag hok te slaan.

“Ek wil boere en boereorganisasies versoek om ons in kennis te stel wanneer hulle hierdie sprinkane opmerk en saam met ons amptenare op die grond te werk om die verspreiding te beperk,” het die minister gesê.

Swerms sprinkane kan by die departement se amptenare Gert Greyvenstein by 082 451 4860, Vuyokazi Mpumlwana by 084 760 8176 en dr. Ikalafeng Kgakatsi by 072 198 9882 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Barend

Hoef nie vêr te soek nie, ry net op die N1 deur die Suid Vrystaat

Hennie J

Moet in hemelsnaam nie hulp verwag nadat jy die teenwoordigheid van n swerm aangemeld het nie. Oor so sewe tot elf of meer maande sal hulle met swier seremonie aankondig dat jy nou n hulppaket gaan kry net om dan te se jy is wit en kwalifiseer nie.

Derek

Peste en plae is met ons van alle oorde, nie net springkane. Dit is mos voorspel jare gelede.