Sprong na veiligheid toe ʼn doodsprong

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee mense is dood en een kritiek beseer toe hulle Dinsdagmiddag van die agterkant van ʼn bakkie afgespring het om ʼn ongeluk te vermy, net om deur ʼn swaarvoertuig getref te word.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het op die N2-snelweg naby die M25-afrit in Umhlanga, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Drie mans het op die agterkant van ʼn oop bakkie gery. Na wat verneem word het die bestuurder moontlik beheer oor die bakkie verloor of was byna in ʼn botsing betrokke. Die drie agterop die bakkie het besluit om van die bewegende voertuig te spring in ʼn poging om die botsing te vermy,” het Botha gesê.

Die drie mans het voor ʼn swaarvoertuig beland. Twee is op slag dood en een het kritieke beserings opgedoen.

“Nog ʼn vragmotor met twee insittendes het uitgeswaai om die ongeluk te vermy. Dié vragmotor het omgeslaan en op sy kant aan die kant van die snelweg tot stilstand gekom. Die twee insittendes het ernstige beserings opgedoen.”

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die bakkie waarop die mans gery het was toe nie in ‘n botsing betrokke nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.