Spur kry eerste deurry

Spur se nuwe deurry-restaurant in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Die restaurantgroep Spur het sy eerste deurry-restaurant oopgemaak.

Dié deurry is in Karenpark in Pretoria geleë en bied al Spur se tradisionele maaltye soos ribbetjies, hamburgers en hoendervlerkies  – kompleet mét die uieringe en pienk sous waarvoor dié gesinsrestaurant bekend is.

“Die enigste verskil is dat dit gerieflik voorgesit word vir vinniger aflewering,” sê die restaurantgroep in ’n verklaring.

Die restaurantgroep het wel ’n paar vinnige nuwe aanbiedings op sy deurry-spyskaart bygevoeg waaronder “tripchips” sowel as ontbyt en nagereg wat in die ry geëet kan word.

Luidens die verklaring het Spur se franchise-vennoot, Charles Fourie, die behoefte aan ’n deurry-model opgemerk en die idee voorgestel. Fourie en sy span het daarna twee jaar lank gewerk om die model na die mark te bring.

“Ons is baie trots om deel te wees van hierdie wonderlike projek. Almal betrokke het baie hard gewerk om hierdie droom te verwesenlik. Die Spur Drive Thru is gegrond op baie geesdrif, vasberadenheid en harde werk van elke spanlid.

“Ons is dankbaar, opgewonde en sien daarna uit om die Pretoriase gemeenskap te verwelkom om in hierdie wonderlike ervaring te deel,” sê Fourie.

Val Nichas, uitvoerende hoof van Spur, het ook haar opgewondenheid met die restaurantgroep se eerste deurry uitgespreek.

“Spur Steak Ranches se handelsmerk én sakebenadering is besig om te verander. Die bekendstelling van die deurry is een van die progressiewe stappe wat ons gee in die rigting van ʼn meer volhoubare handelsmerk en bedryf,” sê Nichas.

Spur se eerste deurry-restaurant is by Heinrichlaan 905, Karenpark, Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Aai ·

Nee wat sal nie met my bakkie daar deur ry netnou beskuldig hy ook die verkeerde mense van rassisme.Die skade is klaar gedoen spur julle moet maar nuwe mark teiken nou kan TAXi’s ook by julle koop.Chakka lakka burgers.

Pieter ·

Ek onder steun julle lankal nie meer nie mos gesien hoe werk julle met die blankes

Fedup ·

Everything in this country is “traditional.”
Luckily we do not do take aways. Don’t know who prepared my food. Nope.

Cherokee ·

When you sit down in a restaurant, you know just as little about what’s happening in the kitchen.

Nuff ·

Ek het deur die spur in klerksdorp gery, het ‘n helse boete gekry.

Adri ·

Dit gaan my nie aan nie. Ek boikot Spur uit beginsel. Hulle soek ons nie daar nie.

Stof ·

Spur sê niks oor watter maatreëls hulle neem om hulle klante en die klante se kinders wat hierdie diens gebruik, teen geweld en inkriminasie te beskerm nie. In ag genome hulle reputasie in hierdie verband, sou dit net die billike ding wees om te doen.

Adriana ·

Sal hul nie ondersteun nie, ons kredietkaart is by daardie tak gekloon. Jy gaan in elk geval nie daardie kant van Pta nie, dis ñ nes, jy is nie veilig daar

DIABLO ·

Spur kan maar hulle kossies vir hulle self hou, baie dankie. Hulle optrede jeens blankes is onaanvaarbaar en onvergeeflik.

Wielspore ·

Sterkte aan SPUR met sy nuwe konsep, dit bied gerief aan die verbruiker. Onlangs was ek met ‘n besoek in Nelspruit en tyd was min om middagete te geniet en ek besluit om gou ‘n burger by Mc Donalds Riverside te koop. Ek het van die deur ry diens gebruik gemaak en binne 2 minute was ek deur die proses om ‘n warm sappige burger met skyfies en koeldrank te koop. Dit alles teen ‘n goeie prys.
SPUR moet kennis neem van die standaard, anders gaan jy swaarkry.

Chantel ·

Hulle pryse is net eenvoudig belaglik! Spandeer veeleerder my swaarverdiende geld by ‘n ander restaurant.

Aai ·

Daar is maar nog ‘n paar draad sitters wat hulle sal ondersteun.

Neushoringvoel ·

Ag asb. Hulle kan gaan doppies blaas. Ek was 5jaar plus laas by n spur. As blanke voel ek nie daar welkom nie. Nee wat, hulle is in elk geval amper bankrot.

lollapot ·

Een plek waar ek met my bleekvel nie welkom voel nie! Ondersteun hulle al vir n paar jaar nie, hulle het nie my geld nodig nie.

Alet ·

Nee wat Spur ‘n drive thru in Pta gaan nie die klante wat reeds weggeloop het weer terugbring nie. Julle moet maar soos KFC julle menu bietjie verander vir die klante wat julle wel nog besoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.