Spur se verkope daal

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur. Foto: http://www.spurcorporation.com

Verkope by Spur-restaurante het in die boekjaar tot einde Junie met amper 3% gedaal.

Verkope het met 2,8% afgeneem terwyl verkope by restaurante wat ook in die vorige boekjaar oop was met 4,9% gedaal het.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof, het gesê Spur, wat tweederdes van Spur Corporation se verkope verteenwoordig, het in die tweede helfte van die boekjaar tekens van herstel getoon. Hy skryf die swak verkope toe aan die finansiële druk waaronder die middelklas gebuk gaan.

Spur Corporation sluit Spur International, Spur Steak Ranches, Panarottis Pizza Pasta, John Dory’s Fish Grill Sushi, The Hussar Grill, RocoMamas, Spur Grill & Go en Casa Bella in. Vir die groep as geheel het verkope met 1,3% gegroei. Die algehele verkope van die groep se restaurante was R7,1 miljard.

Verkope in Suid-Afrika het met 1,5% gestyg en oorsese verkope met 2,7%. By Panarottis, Casa Bella, John Dory’s, The Hussar Grill en RocoMamas het verkope egter heelwat gestyg. By The Hussar Grill het verkope in dié boekjaar met 24,4% gestyg en by RocoMamas met 31,5%.

Van Tonder het gesê Panarottis is geraak deur strawwe kompetisie in die pizzamark en ʼn verskuiwing van hul strategie wat spesiale aanbiedings en bemarking betref, terwyl John Dory’s negatief geraak is deur die tydelike sluiting van sommige sleutelwinkels weens herbouings.

Die groep het die afgelope jaar 44 nuwe restaurante in Suid-Afrika oopgemaak terwyl 18 gesluit is. In die buiteland is 11 restaurante oopgemaak en nege gesluit. Die groep het nou 575 restaurante wêreldwyd.

Volgens Van Tonder het hulle die volhoubaarheid van Spur se finansiële model verseker deur ʼn strategiese skuif te maak, naamlik minder staat te maak op afslag en dit te vervang met spesiale aanbiedinge en produkverbetering. Dít het volgens hom kettingwinkeleienaar-marges opgeskuif.

Hy het bygevoeg die positiewe verbruikersentiment ná pres. Cyril Ramaphosa se inhuldiging in Februarie was van korte duur ná die besef dat daar geen korttermynoplossing is vir die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Manie ·

Ek was sederd die groot insident nooit weer in ‘n spur nie en het op die oulikste onafhanklike restaurante afgekom.

LB S ·

Ons het nog voor dit ophou Spur toe gaan, cheapskate eetplek.

Gerda ·

Nee ons eet glad nie meer by spur oor daai Rasse voorval nie!!!!!! En hulle kos is eintlik ook maar nie lekker nie!!!!!

Pieta ·

Gaan sê dit vir ons Spur wat 90% blank aangestel het, en verskeie sponsorships by ons kleuter en ook laerskool gehad het, wat nou toe gemaak het.

Vraagteken ·

Nog ‘n rede hoekom ‘n mens nie daar sal eet nie is omdat net onbetaalbaar duur is. ‘n Familie van 4 sal maklik R800.00 betaal vir ‘n ete.

Wiehan ·

Pieta, gee vir my jou Spur tak se besonderhede. Ek sal dit met graagte vir hulle gaan vertel.

Gerda ·

Weet jy wat Pieata. Ek dink net ons is GATVOL vir dit wat aangaan. En ja jammer vir d handjie vol Spurs wat WEL n verskil gemaak het. Maar nee wat. Ek onsersteun eerder PICHANA in Nigel. En Wimpy in Nigel wat WIT eienaars het!!!! En n mens ALTYD op hulle hande dra. Kos is FANTASTIES!!!! En diens ook. spur sal my nie weer sien nie. Eks anyway TE MIDDELKLAS vir hulle!!!!!!!!

Duncan Potgieter ·

Ek stem saam dat Spur se tjips en uie die grootste gemors is en geen smaak het nie.
Ek en duisende ander bly ver weg van `n Spur en ondersteun liewer ander restaurante wie se tjips en uie smaakvol is.

Anti-Spur ·

Nee dankie, ons eet nie meer by SPUR. En ek sal nou nie so baie geld betaal vir kos wat nou regtig nie getuig van kwaliteit nie. Dan eet ek eerder by die WIMPY

LB S ·

Wimpy, maar net nog van dieselfde cheapskate kos en eetplekke.

Koos de Meyer. ·

Spur sal nie erken die daling is tewyte aan die rasse voorval nie. Kry maar vir julle, ons gaan eerder na wimpy.

Wonder ·

Hier in die Kaap is ons nie geraak deur die sg. rasse voorval nie. Ek maak in elk geval my eie mind op oor waar ek wil eet of nie. Ek ondersteun Spur, veral as ek op vakansie is en ‘n vinnige en relatief bekostigbare ete soek. Dis ook nie so sleg soos almal maak nie. Ek hou baie van hulle uieringe en ook hul chicken schnitzel. As alternatief kan julle gerus ook die Hussar Grill probeer (vir diegene wat iets meer upmarket soek en dit kan bekostig).

Zella ·

Ag asseblief, is dit nou die beste verskoning waarmee hierdie man kon opkom? Ons almal weet goed waaroor Spur se verkope gedaal het.

Leon ·

Ek eet nog baie by spur , lekker kos en nog altyd vol blankes.

Deon ·

@Leon, ons geniet Spur nog gereeld, en ons sal bly ondersteun, ons local tak, wat 80% blank aanstel, het NIKS te doen met wat gebeur het nie, nou wil die lot Saffas hul verlekker aan almal wat hul werke verloor het. Ek hoop hul is trots op hulself, en bid dat so iets nie met hul gebeur nie. Bv. Jy werk van Maatskapy in PTA iets gebeur in Durban, dan moet jy ook boet vir dit? Tiepies Saffa redinasie.

Albaster ·

@Leon, in watter area is die Spur wat jy van praat? Ek sien nie meer enige spur wat blanke kelners aanstel in enige noemenswaardige getalle nie.

Koos1 ·

5% blankes in die land. 3% van hulle eet seker uit. Dit verduidelik vir my hulle verkope van -3%. Ek is seker daai 3% is nou by ander eet plekke. Alle dade het gevolge!

Blommie ·

Hy dink hy is slimmer as die mense wat die Spur gelos het na sy rassistiese uitlatings .. of die Spur oop of toe is kan my nie pla nie . hoe minder ek van hulle sien hoe beter. Ek is bly die buiteland het hom ‘n bloedneus gegee.

Sandra ·

Om te gaan uiteet, is nou ‘n absoluute luukse. En as jou maaltyd nie was wat jy verwag het nie, is dit ‘n ramp! In ons omgewing (Alberton) is ‘n oulike Portugese Restaurant. Baie huislik met ‘n gesellige atmosfeer. Jy kan jou kos huistoe neem of daar by die netjiese tafeltjies eet. Heerlike boerekos, Spagetti Bolognaise, Kerrie en Rys en nog vele ander disse. Na werk spring die werkende vroue daar in vir wegneem etes wat reeds voorberei is. Naweke en Sondae is dit gepak. ‘n Heerlike Sondag middag ete van 2 vleise en 3 groentes en rys, kos sowat R55. Die porsies is grootgenoeg dat ek 2x kan eet. “Word of mouth” het my by hierdie plekkie gebring, en ek sal dit vir almal in ons omgewing aanbeveel.

Foxi ·

Stem saam…….billik en heerlik! Ons geniet hulle ook en dis boerekos!

Judge Dredd ·

Dis die man wat se Spur ondersteun die plaaslike gemeenskappe – maar die Spurs wat in die meer wit areas gelee is stel net swart mense aan.

Johan Pieterse ·

Haha ek gister verby Spur en hulle leeg gesien. En besef wat een swak besluit ‘n besigheid kan kos. Nou probeer die man verskonings soek. Wees eerder eerlik.

LIZLE ·

Ek eet eerder by my eie huis, maak my eie kos en weet wat ek eet en betaal nie vir kos wat of rou, af of afgeskeep is nie. Huiskos is koningskos wat meer as die helfte minder kos!

Wonder ·

Kan ek maar by jou kom eet, Lizle. Klink my jou kos is lekkerder as myne en nie soveel moeite om te maak nie.

Sid ·

Ek ondersteun lankal nie meer vir Spur nie, hulle kos is regtig nie lekker nie. Dit voel vir my asof dit gaan oor die geld en nie kwaliteit nie, en na die rasse voorval sal ek hulle nog minder ondersteun.

tom ·

Ek wonder maar net hoekom, Ek weet hulle wou mos die rasse kaart speel kry vir julle

Het jul geweet ·

Eet julle dalk by panarotti’s, John Dori’s, Roco mamas? Hul is almal deel van die SPUR CORPORATION. Dieselfde boeke

Het geweet ·

Jip en hul kos is net so smaakloos. Panarotti’s se pizza met 5 stukkies vleis op, “bloat” ‘n mens vir die volgende twee dae.
Nee dankie, swak diens en gehalte. Speelarea is vieslik vuil.

Hannatjie ·

Dis vir ons baie lekker om by Spur te eet … veral hulle Ribs en Chips!

anton ·

Ja daar is maar altyd mense wat met bitter min en swak gehalte in die lewe, tevrede is!!!

Die waarheid ·

Die Spur in ons omgewing se “speciality” disse is glad nie meer lekker nie. Die eens gewilde ribbetjies is sonder smaak. Dit proe of die meeste kos daar met skottelgoed water gekook is na dit ontvries is. Mense sou moeite doen om weer en weer terug te gaan as hulle kos nog lekker was. Dit is die rede waarom ons hulle nie meer ondersteun nie.

Look in the mirror ·

Lerato if you can’t handle someone’s opinion don’t get personal, you are not doing yourself any favours that way and compromise the value of your own opinion. Bad taste.

Boet Fasie ·

Ons John Dori’ s en Roco mamas het darem nog personeel van alle kleur en hulle het nie opslae in die pers gemaak nie.

Grens ·

Ek en my gesin eet nog altyd lekker by die Spur. Hulle is nie noodwendig duurder as ander resturante nie, en die Spur in ons area se diens en kos is goed.

uieringe ·

janee laas wat ek daar ge-eet het het die uieringe net uit die velletjie bestaan, niks van die ui self meer nie, dit was gemors, sal ook nie weer daar eet nie, het ook nog nooit weer nie.

Alida ·

Dit pla ons nie waar julle eet nie. Ons spur is sit gereeld vol blankes en die diens is goed.

Wonder ·

Ai, waarom is mense so rassisties? Wat maak dit tog saak of die kelners nie wit is nie en of daar nie net blankes daar eet nie.

bert ·

Dis oor die boikot!
Snaaks dat Spur sè dis oor die finansiële druk van die middelklas terwyl die res van die coöperasie wel beter gedoen het in dieselfde m8ddelklas.

Ig ·

Ek moet nou en dan onder dwang daar gaan eet maar doen dit gelukkig onder n skuilnaam. Spur se kwaliteit van die kos is net soos hulle omset, afwaarts.

JMC ·

Miskien is mense na twee dekades maar net moeg vir dieselfde ou beesvel dekor en plank spyskaarte waarop die enigste verandering die prys was.

Foxi ·

Nie alle Spurs se etes en diens is sleg nie mense. Dit hang af WIE die bestuurder is. Ek kan ook getuig van n Spur wat regtig hul tyd en plek AFSTAAN vir bejaardes om hul SASSA kaarte daar te gaan regstel. Hulle HOEF NIE in n ry gaan staan in die koue by n SASSA tak om hul nuwe kaarte te kry nie. DANKIE AAN HIERDIE EEN SPUR WAARVAN EK WEET, WAT DIT DOEN. Mense moet ophou om plekke en mense tot in die grond te vertrap! Dis waarom als so in n gemors is, want niemand kan saamstaan nie! ALMAL MAAK FOUTE EN NIEMAND IS PERFEK NIE!

AVS ·

Ja ek is seker, ek het nog nooit weer en sal ook nooit weer by spur eet nie.

Leonora Campher ·

Nee wat boeta, Spur se swak syfers het NIKS te doen met die ekonomie of die “middel klas” Suid Afrikaaner nie, die “middel Klas” het groener wyvelde gaan soek, en ‘n groot verskeidenheid gekry, met dieselfde pryse en 100% beter gehalte

Gatvol ·

En nou maak ons alles oor ras. Uiteet is bloot net te duur, punt.

Stephanus ·

Ek en my gesin sal NOOIT weer daar eet na die rasvoorval!!!

Eben Kitching ·

Ek verkies om my eie kos te maak en skenk eerder geld vir liefdadigheid as wat ek moet 10 keer meer betaal vir iets wat dit nie werd is nie. Daar is net teveel kos winskopies beskikbaar by supermarkte om uiteet te regverdig. Daar is 5 kitskos inry plekke binne 1 km van my en sien nooit meer as 2 motors daar nie en daar gebeur teveel onplesierige goed by die plekke.

Wonder ·

Eben Kitching, dit gaan nie alles oor prys nie. Dis soms lekker om net ‘n aand af te hê van kosmaak

pbotha ·

Kan nie glo mense redeneer nog oor spur en wimpy ens nie. Kyk om jou….heerlike privaat restaurante man? …geen rasverskille..ens..ens nie. Ek eet waar die kos lekker is. ..nie om enige punt te bewys nie. Dis biki koekoes !!

Clipper ·

Niks fout met Spur nie. Ek het nooit n boycott ondersteun en sal enige tyd by hulle gaan eet. Ek is maar net nie lief vir iets eet wat ek self kan gaarmaak nie so ek ondersteun nie regtig die steak plekke nie

Matthys ·

Die Spur sien my en ń hele paar van my friende nie weer nie.

Adam ·

Ai, die boikotters is darem ‘n magtige groep. Het julle nie dalk ook Steinhoff se ondergang veroorsaak nie?

MT ·

Spur se kos is nie meer lekker nie. Als proe dieselfde en in swak gehalte en boonoop onbekostigbaar, en ook omdat die besigheid rasisties gedryf word. Ek eet lekkerder by my eie huis.

Wonder ·

MT, ek dink dis veralgemening deur te sê als proe dieselfde. ‘n Chicken Shnitzel en ‘n steak het nog nooit vir my dieselfde geproe nie. Uieringe en chips het ook nog nooit vir my dieselfde geproe nie. Mense probeer maar net ‘n rede soek om Spur te boikot. Ek kan nie eens meer onthou waaroor die rassevoorval gegaan het nie. Wat het geword van vergewensgesindheid. Ek moet sê, Spur het my nog nooit persoonlik te na gekom nie.

Sam ·

Eet nog glad nie weer daar na daai voorval nie. Nie by een van hulle kettings nie. Om te dink dit was altyd spur to met die laaitie ons het nou soveel beter en lekker plekkies ontdek Spur is nie die geld en moeite werd nie

Boerwors rolls en Hoenderdytjies ·

Hier in ons werkomgewing ondersteun die (“wit “) mense nogals baie fluks die Chickin Lickerns en hulle verkoop langaaan die hoender wing plek extra lang gebraaide boerewors rolls teen ekonomiese pryse. Die boerwors lyk ‘n bietjie long pienkerig maar dit pla niemand nie. Ek het darem nog niemand gesien wat nukkerig of bakleierig lyk nie want hulle smul dat the vet so spat aan die ekonomiese wegneemgeregte.

Baie mense eet nie meer by die Spur nie want hulle kan dit glad nie bekostig nie.

Chris ·

Nie net die rasse geval nie, maar swak diens en kos asook duur. Dit was by Spur in Peter Place, Bryanston en Waterfront, Randburg.

SjN ·

Mnr van Tonder, jy weet mos jy was verantwoordelik vir die krisis met jul optrede en uitspraak, help nie om ander redes die skuld te gee nie, gaan vertel dit vir die franchise eienaars, hul sal jou dalk glo, daar is baie ander beter en bekostigbare restaurante beskikbaar.

Wonder ·

Aged parent, I am Afrikaans and I must say, I am also tired of Afrikaans, white people always playing the race game. If one of these people can please just give the facts regarding the “racial incident” that took place at Spur, I would appreciate it. It is very dangerous to base your opinion on “what you heard”. I’ll definitely not make decisions based on emotion.

Leon ·

Wat een van die lesers gesê het, is waar. Ek en my vrou het lankal begin om daai klein “persoonlike” eetplekkies op te soek, en te probeer. Daar is soveel heerlike plekkies, wat sulke heerlike etes en kuier geleenthede bied, dat enige “franchise” nie meer op ons lys is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.