Spur-verkope neem af in tweede helfte van 2017

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur. Foto: http://www.spurcorporation.com

Die restaurantgroep Spur het Maandag gesê verkope van sy franchise-restaurante het met 2,6% afgeneem tot R3,7 miljard in die ses maande tot Desember 2017 namate ekonomiese toestande versleg het in die meeste van die markte waarin dit handel dryf.

In Suid-Afrika het die verkope van franchise restaurante met 3% afgeneem, terwyl verkope van internasionale restaurante met 1,3% toegeneem het in randwaarde en met 3,2% op ‘n konstante wisselkoersgrondslag.

Spur het gesê in hierdie tyd het 35 nuwe plaaslike takke oopgemaak en 13 takke toegemaak. Internasionaal het vyf nuwe takke oopgemaak en vyf bestaande takke toegemaak.

“Die eerste helfte was ʼn verhaal van twee afsonderlike kwartale: terwyl plaaslike restaurantverkope met 6,2% afgeneem het in die eerste drie maande tot September 2017, het die tweede driemaande-tydperk van die finansiële jaar tot Desember 2017 ʼn aansienlike verbetering getoon met verkope wat net met 0,2% afgeneem het,” het Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van die Spur-groep, gesê.

Van Tonder het gesê die groep se prestasie in hierdie tydperk kan toegeskryf word aan die gevolge van die “perfekte storm” van Maart 2017: Die politieke onsekerheid wat veroorsaak is deur ʼn kabinetskommeling waartydens die minister van finansies afgedank is, die sukkelende ekonomie, asook die uitwerking van ʼn herrie op sosiale media rakende ʼn voorval tussen twee kliënte by ʼn Spur-tak in Johannesburg.

“Ekonomiese groei is noodsaaklik vir plaaslike besighede en die oplossing van die politieke onrus in die land sal ongetwyfeld ʼn aansienlike uitwerking op ons toekoms hê,” het Van Tonder gesê.

Met betrekking tot die waterkrisis in die Wes-Kaap stel die maatskappy tans regstellende strategieë in om die skade sover moontlik te beperk, sou “Dag Zero” aanbreek – die dag wanneer die stad se watervoorraad amptelik op sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Wille Willem ·

Behalwe vir hul slegte reputasie is hulle te vrek duur! Ek ondersteun eerder iemand anders.

Genieve ·

Spur is verskriklik duur dis hoekom hulle syfer gedaal het.

Te Duur! ·

Stem 100% saam. Spur se pryse het buitensporig verhoog en is onbekostigbaar vir gesinne. Maandae se burger-spesiale-aanbod hou hulle aan die gang

Harambe ·

Dis waar. Selfs voor die “ras-debakel” het ek al gese dis waansinnig dat hul pryse duurder as bv. Cattle Baron of Butcher’s Grill s’n is. Beide van daardie restaurante is meer fancy as wat die Spur is.

Quhederin ·

Geen wonder hulle burgerpatties is skielik helfte die dikte. Nee wat.

E ·

Spur Anonymous (AA):

26/01/2017 – op my man se verjaarsdag, was die laaste dag wat ek my lippe aan Spur kos gesit het. Dus is ek al ‘n jaar Spur-vry.

Lee ·

Nee wat. Al hulle kos proe dieselfde en is heeltemal over price!! Raak van Pierre van Tonder ontslae en ons mag dit dalk oorweeg…..

Piet Pompies ·

Ons gesin was eenkeer en ek bedoel slegs een keer gedurende 2017 by die Spur om uit te eet. Die koste vir die aand was in die omgewing van R800 vir 3 volwassenes en een minderjarige.
Die Tamatiesous was nie op die tafel gedurende die ete en ten spyte daarvan om vir dit te vra het ons dit nie gekry, so ook die glas water vir my vrou. Die slaaisous bottle was leeg en dit is waar dit gebly het, leeg.
Spur iLanga Mall Nelspruit, ons beplan om nie weer van Spur se dienste gebruik te maak want jy betaal ten duurste vir swak diens.

Cherokee ·

Piet Pompies, wanneer ek kyk na die koste vir jul aand vir 3 volwassenes en een minderjarige, en ek kyk verby die swak diens wat julle gekry het mbt tamatiesous en glas water vir jou vrou, het jy niks om oor te kla nie. Dit wat jy betaal het is absoluut standaard indien aanvaar kan word julle het lekker geëet.

My vrou en ek s’n gunsteling restaurant is Piatto Restaurant uShaka en ons eet nie net daar omdat dit loopafstand is nie, ons eet daar omdat ons daar lekker kuier. Spandeer 2 ure plus by ‘n tafel, beginnende met ‘n bottel wyn en daarna die ete. Dit is altyd meer as R400 en ons Kers-ete ‘n maand gelede was R450 afgerond met die kelnerin se fooi daarby. Vergeleke daarmee het jy ‘n standaard kosrekening betaal.

Leahim ·

Die Bosvelder in Pretoria is net so goeie kos ,goeie diens en billike pryse ek my gesin en familie ondersteun nie meer die spurgroep nie en was nog nie een dag spytgewees nie.

Deloris ·

Dis grotendeels die rasse herrie wat die daling veroorsaak het, so nou gee ht ander aspekte ook die skuld …. ANTI SPUR

Piet Pompies ·

Mnr van Tonder, moet nie die ekonomie blameer vir jou besigheid se swak prestasie. Die rand is sterker en dit beteken meer geld vir die verbruiker. Daar is ‘n positiewe ekonomiese groei sederd Nov 2017 wat ook meer geld vir verbruikers beteken. Hou op winde sluk en verbeter jou diens aan kliente anders stap julle dieselfde pad as Hooters.

bloues ·

Kan dit dalk wees dat mense tydens die onsmaaklikheid ander , met meer waarde vir geld. eetplekke ontdek het? Ons het en sal nooit weer teug Spur toe nie.

Eish ·

Eish née wat dki. Hul die en blinkgepoetste uitvoerende hoof se wel en weë is onder my radar.

riki ·

Ek was vandag by die Spur Brooklyn vir ‘n vinnige ietsie. Hulle het nie roomys nie – dus geen melkskommels nie. Hul waffles is kliphard en mens kan proe dit was gevries en is net opgewarm. Ons was omtrent 10 mense in die hele restaurant. Vandag was my laaste keer. Nee wat, dis Spur se eie skuld dat mense hul geld op beter restaurant-ervarings wil spandeer.

Karen ·

Die ding is, al wil mense probeer om Spur te “straf”, is dit nie wat die daling veroorsaak nie. Ongelukkig gaan Spur nou al vir ‘n klompie jare stelselmatig agteruit, in terme van gehalte van kos, diens, en beslis pryse. Dit is lankal nie meer die bekostige, lekker, familie restaurant wat dit vir so lank was nie, ongeag van enige ander agendas

Johan ·

So almal wat nou nie meer by Spur eet , eet nou ook nie meer by Roco Mamas, Casa Bella, Panarottis, John Dory’s of Captain DoRegos?

Zack ·

Johan jy is heeltemal reg. Ek eet nie daar nie want hulle std is benede my.
My lewe is baie meer as die ou paar verkranklike eetplekkies wat jy noem

Asjas ·

Ja jy is reg. Ons het navorsing gedoen en vasgestel dat almal deel is van dieselfde groep met van tonder in gemeen. Dus, al die bg. eetplekke word vermy ten alle koste.

Susan de Klerk ·

Baie dankie, ons is bewus van die groep se tentakels. Gedink ons is almal dik dof.

Griet ·

Rocco Mama’s se burgers is FANTASTIES! Volgens my man vergelyk dit baie goed met Steers se burgers (en hy is ‘n “die-hard” Steers aanhanger. My kinders verkies Rocco Mama’s. Ons was meer as twee jaar laas in Spur, was onlangs weer by Dros. restaurant pryse het beslis heelwat duurder geword die laaste 2 jaar. Verskil is, jy betaal beslis meer, maar by ander restaurante as Spur kry jy beter kwaliteit. Ek weet almal gaan nie saamstem nie, maar dit was ons ervaring. Spur sien ons nie weer nie.

MJ ·

Die rasse herrie, buitensporige hoë pryse (vir skyfies en uie ringe) en ook die video wat aan die liggekom het van die seuntjie wat amper ontvoer is, laat mens eerder wegbly.

Fanie Schoeman ·

Was Desember vakansie by ATKV Oord in Hartenbos.By die nuwe winkelkompleks wat n paar eetplekke bevat was dit vir my opmerklik hoe min mense by Spur ingaan terwyl daar toue mense staan en wag by die ander eetplekke.Spur gaan nog lank die gevolge dra van hulle patetiese hantering van die ra ssevoorval in 2017

De Wet Prinsloo ·

Die probleem met alle franchise “restaurante” (nie net Spur nie) is dat jy nie ‘n goeie sjef hoef te wees om een oop te maak nie, want al die resepte word vir jou gegee. Dus hoef die eienaar geen verbeelding aan die dag te lê nie. Hulle almal is eintlik maar net eetplekke.

Suksesvolle privaat restaurante word deur sjefs besit en/of bestuur, want hy/sy moet self die spyskaart beplan.

En dis die rede hoekom ek glad nie enige franchise “restaurante” ondersteun nie.

Pieter ·

Die pierre van tonder het ons agterlike afrikaners genoem net volksveraaiers ondersteun nog spur.

Gys ·

Na die rasse vooral weier ek omd daar te eet. En tot vadag toe nog nie my trappers weer daar gesit nie. Sal ook nooit weer nie.

poplap ·

Ek eet in elk geval nie by Spur nie. Dink hulle kos is baie sleg…

Hb ·

Ou pierre, ek het n restaurant so n klipgooi van die spur begin en mensig dit gaan goed. Al die spur mense kom nou na my toe want die spur is leeg en my plek is vol. Dankie vir jou verraad aan die afrikaner.

Pieter ·

Ek stem saam met Marianna – het al vergeet hulle bestaan.
Spur wie?

TLC ·

Hiehie is dit nou n advertensie blad en is my geheue net SWAK regtig hy weet goed hkm die verkope geval het hiehie

Asjas ·

Ons het al voor die aanval op blankes besluit spur se kos is net te aaklig en te duur, van tonder was maar net die laaste strooi.
Ons spandeer nog net so veel indien nie meer geld op uiteet as voorheen nie. BAIE nuwe lekker eetplekke ontdek wat privaat besit word en goeie kos teen goeie pryse aanbied.
Ekonomie my allie!!

Joey ·

Ek ondersteun nog my local spur, elke kans wat ek kry. Daai eienaar, manager, waiters ens het niks met die te doen nie. Hulle verdien hulle geld per maand, en sal hulle bly ondersteun. Ek hoop al julle boycotters vermy dan John Dorys, Panarottis, Roco Mamas en en en.

bgj van der westhuizen ·

die spur het nie gedink dat dit sal gebeur nie wand dit was mos die afrikaners se plek waar hulle ge eet het en ek hoop die ander leer uit hulle les dat moet nie krap waar dit nie jik nie

Boet Fasie ·

Eet ook lank al nie meer by die SPUR nie, van Tonder en sy mense gaan nog hulle woorde sluk. Laat ok nie meer langer met my kos mors nie. SPUR doen my nie ‘n guns om my te bedien nie – ek betaal kontant vir my kos met geld waarvoor ek gewerk het.

Leeutjie ·

Om een of ander rede gril ek vir hierdie plekke se kos. Kry ook nie kitskos in my liggaam nie. My gedagte is die hande wat dit maak is nie altyd skoon nie…

Jacques Venter ·

Teen al die vuil geskreeu in, moet ek sê dat ek en my vrou elke Vrydagaand by Spur eet. Veral hulle vis is heerlik.

Die tragiese is na die storm oor die geveg by Spur, het baie mense hulle rug op Spur gedraai. n Blanke kelnerin het aan my gesê. ” Oom as hierdie Spur toemaak sal ek strate toe moet gaan. Eks n enkel ouer met geen opleiding.
So hierdie storm het hierdie stomme kind hard geslaan
Maar nou ja. Die mense het n slaansak gekry waarop hulle hul woede op kan laatuitwoed

Frikkie ·

Ek let op dat baie mense nou belangstelling gevind het by die RocoMammas restaurante. Snaaks die behoort ook aan die Spur Corporation? Gaan kyk op hulle website, dit staan duidelik daar. Gaan hulle saam geboikot word?

Stephanus ·

Ek is ook Spur-vry vir ‘n jaar al. My wit geld sien julle NOOIT weer nie!!

Cherokee ·

As ek kyk na wat die verlies aan inkomste in persentasie gemeet en die feit dat meer faktore bygedra het as slegs die boikot, dan dink ek julle boikotters oordryf hewig met wat julle dink julle reggekry het. Ek is nie ‘n Spur ondersteuner nie, vanaf laaank voor jul boikot. Dit gaan oor smaak en ek hou nie van Spur nie sonder dat ek my vinger kan lê op ‘n rede. Miskien hou ek nie van die atmosfeer daar nie. Ek dink daar is ook baie mense wat nou wil spog met die boikot maar wat buitendien voor die tyd net vis en chips gekoop het by die kafee op die hoek. Spur het minder onder die boikot gely as die indruk wat gewek was in forums.

Ben ·

Daar is niks meer garnering nie met sla, tamaties en uieringe nie. Om daar te eet word al maar duurder, die kos minder en die tafels steeds vuiler…en die alewig rugby op die tv. Nee wat….ek kuier en eet liewer by die huis saam met vriende en familie aan n SKOON tafel!

Jakkals ·

Pierre van Tonder probeer nog steeds,na sy storietjies oom almal te beskuldig behalwe om verantwoordelikheid te neem vir sy uitlatings, om ons te vang met sy verskonings.
Red eerder jou Spurs en almal wat geld daar bele het en hard werk as om te dink ons is so dom.
Ons kan vir ons self dink en besluit

henk ·

Elke keer as die uitverkoper sy mond oopmaak – raak hy snert kwyt.
Bly eerder stil Van Tonder – dit sal die beste wees.

Sê wie ·

Ons was Saterdag in die Spur om my kleinkind se verjaarsdag te vier. Amper was daar weer ‘n “spur voorval” toe my kleindogter in die speel area deur ‘n ander kind hardhandig behandel is deurdat die ander kind die remote van die tv speletjie wat sy gespeel is uit haar hand geruk is sodat hy kan speel. Die dames wat verondederstel is om hulle op te pas het net ‘n blinde oog gegooi – ons is ons maar soos ordentlike mense gedra. Die “waiter” het goed begin, maar namate ons seker te lank na sy sin gesit het het hy al hoe stadiger gereageer. Ons het ook gemerk dat ‘n man in die non smoking area sit en vape – niemand doen iets totdat ons dit onder hulle aandag bring. Hulle is ook so dont’ care dat ek ‘n poster opgemerk het wat hulle teen die muur op het van ‘n special wat al 2 jaar terug verval het. Swak swak swak. Gn wonder hulle “shares” val nie

christo ·

Nee wat, SPUR moet maar vir hulle self kry. Die wiel draai, partykeer baie stadig, maar hy draai. Mnr van Tonder, jy het jou mense uitverkoop. Wag maar vir die wiel.

Arrie ·

Mr v Tonder ek en my hele familie en kliente het spur ondersteen maar na daai rasse voorval sal ek of my hele familie nie weer ons voete in spur sit nie. Ek het meer as 5000 kliente en so ver ek gaan raai ek almal af om nie weer spur te ondersteen nie. Dit sluit in die ketting restaurante ook. Regverdigheid kos niks maar dit kan jou ook baie duur kos as jy nie weet hoe om situates te hanteer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.