‘Squid Game’ se gewildheid lei tot reistoename na Suid-Korea

‘n Toneel uit ‘Squid Game’. (Foto: AFP)

Cheapflights.co.za sê daar is ʼn toename in Suid-Afrikaanse reisigers wat na Suid-Korea wil reis sedert die Suid-Koreaanse drama Squid Game in September op Netflix sy debuut gemaak het.

Cheapflights.co.za is die wêreld se voorste reissoekenjin. Volgens dié soekenjin het soektogte vir vlugte na Suid-Korea met sowat 40% toegeneem sedert die aanvang van reeks in Suid-Afrika.

Die Suid-Koreaanse rillerreeks het onlangs Netflix se gewildste reeks geword, met meer as 130 miljoen kykers wat daarna gekyk het in die eerste 28 dae nadat dit uitgereik is.

Dit het Bridgerton, die historiese dramareeks geskoei op die romansereeks met dieselfde titel deur Julia Quin, wat deur 82 miljoen gebruikers gekyk is, onttroon as Netflix se gewildste reeks nóg.

Netflix tel enigiemand wat vir langer as twee minute na ʼn episode kyk as ʼn kyker.

Squid Game is op verskeie plekke in Suid-Korea geskiet, insluitend die Seungbong-ri-eiland en Daejeon, die land se vyfde grootste stad, en daar is vele Squid Game-verwante besienswaardighede om te ervaar.

Cheapflights.co.za se data dui aan dat ʼn retoervlug na Suid-Korea sowat R15 400 kos. Alle reisigers van Suid-Afrika wat dié land wil besoek, moet ʼn negatiewe Covid-19-toets toon wat 72 uur voor die reisdatum gedoen is.

Minyoung Kim, Netflix se vise-president vir inhoud in Suid-Korea, Suidoos-Asië, Australië en Nieu-Seeland sê die reeks se sukses het hulle “wildste drome” oortref.

“Toe ons aanvanklik Suid-Koreaanse reekse en rolprente begin ondersoek het in 2015 het ons altyd geweet ons wil wêreldklas stories vir die deursnit aanhangers regoor Asië én die wêreld vervaardig. Vandag het Squid Game ons wildste drome oortref.”

Die reeks, wat uit nege dele bestaan, is in September uitgereik en handel oor ʼn groep buiteperde wat deelneem aan ʼn reeks speletjies.

Daar is ʼn kontantprys van 45,6 biljoen won (sowat R580 miljoen) op die spel, wat nie te sleg klink nie totdat jy besef as jy verloor word jy vermoor.

Die reeks se akteurs het ook oornag internasionale bekendheid verwerf. Volgens Jung Ho-yeon, wat die rol van Sae-byeok vertolk, het sy 14 miljoen volgelinge op Instagram bygekry sedert die reeks op 17 September uitgereik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Waarnemer ·

R15400.00 om na Korea te reis!!!Wat betaal ons regering om die spul Koreaanse dokters dan in te voer na ons toe?

Francois Le Cochon ·

Alhoewel erg oordrewe, is dit ‘n goeie reeks, waar die mens se obsessie met geld belangriker as die dood uitgebeeld word.

Jack ·

Geweld is reeds n onbeheerbare probleem in die land. Nou word mense met lae intellek ook blootgestel aan die stimulasie. Wat van die kinders se emosionele wanvorming. Is mense so onnosel om die goed nie in te sien nie. Wat n land wat n gemors.

annie ·

Covid het regtig mense se breine aangetas of is dit die entstof, dalk die baie tuis werk, maar sjoe, watter spul gemors hou mense saans uit die slaap en dit kos… Maar flieks is oor die algemeen deesdae swak. Biblioteke kry ook nie meer aftrek nie, vergeet van koerante. Dis teen die wet. Hier en daar koop mense nog boeke maar net as dit gelaai is met skokkende visuele ablusieblokke sonder skaamte…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.