SR-lid geskors ná sy glo ‘te wit’ koshuise verdedig

Beàtha Groenewald is Dinsdag uit haar amp verwyder. (Foto: Facebook)

ʼn Lid van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusstudenteraad (KSR) is vandeesweek uit haar amp verwyder nadat sy glo vir dorpskoshuise aan die Potchefstroomkampus, wat glo “te wit is”, opgekom het.

Die skorsing spruit uit bewerings wat onlangs die ronde gedoen het dat dorpskoshuise op grond van hul rassesamestelling van die jaarlikse verwelkomingsgeleentheid uitgesluit is. Die geleentheid het Saterdag plaasgevind.

Beàtha Groenewald, gewese sekretaresse van die SR, het kort voor die uitsluiting haar ongelukkigheid uitgespreek oor ʼn vergadering van die KSR en primarias, waartydens die einste koshuise glo onder skoot gekom het weens hul rassesamestelling.

Groenewald is oortuig Saterdag se voorval hou direk verband met dié vergadering, hoewel die NWU aanvoer die koshuise is bloot weens ʼn gebrek aan spasie in die amfiteater uitgesluit en dat die rassebewerings ongegrond is.

Toe nuus oor die beweerde uitsluiting bekend word, was raadslede oortuig Groenewald het vertroulike inligting oor die vergadering uitgelek en ʼn mosie van wantroue is teen haar gebring. Minstens 12 raadslede het dit gesteun en sy is as sodanig haar amp kwyt. Sy hou egter vol sy het nie enige inligting met ʼn derde party gedeel nie.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het nie die skorsing bevestig nie en voer aan dat “geen vertroulike inligting van ʼn vergadering van ʼn amptelike universiteitstruktuur aan ʼn buite persoon bekend gemaak kan word nie”.

Groenewald het wel aan Maroela Media bevestig dat haar skorsing Dinsdag bekend gemaak is.

Koshuise tydens vergadering geroskam

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. (Foto: NWU Pukke/Facebook)

Volgens Groenewald is ʼn vergadering dae voor die verwelkomingsgeleentheid deur die KSR met koshuise belê. Hoewel sy nie teenwoordig was nie, het lede van haar voogkoshuis, Villagers, vir haar gesê daar is tydens die vergadering vir hulle gesê dorpskoshuise “weerspieël nie die prentjie van diversiteit wat op kampus geskep word nie”. Sy het toe haar mede-KSR-lede hieroor genader en haar ontevredenheid met die opmerkings uitgespreek.

“Omdat ek vir my voogkoshuis opgestaan het, het die SR gevoel ek ag die belange van die koshuis en sy studente bo die besluite van die SR en dat my lojaliteit dus nie by die SR lê nie.”

Dorpskoshuise is boonop eers die aand voor die verwelkomingsgeleentheid in kennis gestel dat hulle nie teen volle kapasiteit in die amfiteater geakkommodeer kan word nie en dat hulle in aparte lokale na ʼn virtuele uitsending sal moet kyk.

“Iemand anders het die media genader en daar is wyd oor die uitsluiting berig,” sê sy.

Groenewald sê sy is gevolglik daarvan beskuldig dat sy vertroulike inligting van die SR sonder toestemming aan ʼn buiteparty uitgelek het, daarom die mosie van wantroue teen haar.

“Ek dink die skorsing is gebaseer op ongeldige redes, veral omdat ek nooit vantevore van wantroue verdink is of enige soort waarskuwings daarvoor ontvang het nie,” sê sy.

“Ek het gedink die SR sou in die belange van die studente optree soos ek glo hulle gelas is om te doen.”

AfriForum Jeug het intussen ingetree en sal Groenewald met regshulp bystaan.

Die jeugorganisasie het in ʼn verklaring gesê dat haar skorsing beskou word as ʼn poging deur die universiteit om rasse-uitsluiting toe te smeer “en die illusie te skep dat hulle wel daadwerklike aksie geneem het”.

“Dit is hoogs verdag dat die Puk, ná die media-storm oor die gebeure van die afgelope naweek, só haastig opgetree het om ʼn skynbaar onskuldige KSR-lid af te dank,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.

“Hierdie lyk soos ʼn desperate poging deur die universiteit om die indruk te probeer skep dat hulle teen die ernstige bewerings van rasse-uitsluiting optree.”

Groenewald is bereid om druk op die Puk te plaas om ʼn openbare verskoning uit te reik, asook te erken dat die gebeure van die afgelope naweek die gevolg van ʼn rasgedrewe insident was.

Ras of kapasiteit?

Die dorpskoshuise het Saterdag standpunt ingeneem. (Foto verskaf)

Die universiteit voer aan van die koshuise moes elders geakkommodeer word omdat daar nie genoeg plek in die amfiteater was nie.

Groenewald sê in die verlede is voorsiening gemaak vir al die eerstejaarstudente in die amfiteater deur bykomende stellasies te bekom. Dié soort stellasies moes ses maande voor die geleentheid gereël word, maar is glo nooit gedoen nie.

Sedert die herrie oor die uitsluiting het besorgde ouers en oud-Pukke beeldmateriaal op sosiale media gedeel van oënskynlike oop spasies in die amfiteater op die betrokke dag.

Jacobs het by navraag aan Maroela Media verduidelik dat die NWU voorsiening moes maak vir sowat 500 ouers en voogde wat moontlik die geleentheid sou bywoon, daarom die oop spasies.

“Spasie is ook beskikbaar gestel om groeperings van die dorpskoshuise te akkommodeer, wat van hulle toe van die hand gewys het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Fran ·

Hoop NWU gaan nog die vrugte pluk vir hulle polities korrekte standpunt.

Groen Ghoen ·

Ry vir hulle bloots, AfriForum Jeug – tot binne in oom Daantjie se kraal! Politieke korrektheid, die vloekwoord, asook verloopte Afrikaner koppeswaaiers, se tyd is verby. Leer by Israel: Slaan terug: Dadelik en met maksimum krag. Daar is geen ander alternatief nie.

Lourens ·

Ouers en voogde mag bywoon, maar studente word uitgesluit?

Althes ·

Raspolitiek is werklikwaar een van ergste euwels in Suid-Afrika!!
Ons is siek daarvan dat wit mense gedurig uitgesonder word, geviktimiseer word en gediskrimineer word.
Wanneer jy na die staatsdiens byvoorbeeld kyk, soos bv die uitpassering van weermag en polisie, dan is daar feitlik geen wit gesig nie.

Samuel ·

Wittes mag dalk net te bekwaam wees en miskien nie so maklik omkoopbaar nie.

Skim ·

Ek skaam my vir die optrede van my Alma Mater. Watter ramp die dag toe politiek die Universiteite begin oorgeneem het. Dit was blatante diskriminasie om die dorpskoshuise so uit te sluit.

Amelia ·

Toemaar, dis al lankal nie meer jou Alma Mater nie. Dit staan net op dieselfde plek.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek vertrou die jong dame het begin met haar emigrasie proses. Beskaafde lande sal haar met ope arms verwelkom.

Samuel ·

Die eens trotse Pukke struikel oor die raskaart en die ewe trotse Maties verloën hulle moedertaal. Sies vir julle.

Christine ·

Ek glo hulle gaan nog duur betaal vir hulle optrede. Kyk maar hoe hierdie dorpshuiste geplunder en beskadig gaan word wanneer dit in die hande van jonges gaan val wat geen respek het nie.

Estelle ·

Hierdie Jacobs ou moet liewer stilbly, want hy gaan homself nog vaspraat.

Wildemien ·

Hy lieg openlik. Op die PUK se facebook blad word kommentaar gelewer by die fotografiese BEWYSE van die leë sitplekke. Die NWU se kommentaar hierop is elke keer “alle studente word by alle R&O aktiwiteite ingesluit”. So daar is die lieg net so openlik, aangesien die hoof R&O aktiwiteit sekere studente blatant en opsetlik uitsluit.
Hoe kom mens weg met sulke openlike leuens??

Jr ·

Hierdie varsity wil hê niks moet uitkom. Presies soos die fluitjie blaser in die Tottenham Hotspur saga. A ware kommunis taktiek, praat en ons sal gevolge uitdeel.

Daisy ·

Ek kan myself nie indink dat enige wit student nog enigsins by enige van ons Universiteite wil studeer nie.

Johan ·

Wel ek kan jou sê dat ek gladnie meer my ou Universiteit ondersteun nie en my kinders sal ook nie daar leer nie. As hulle dit wil oorneem, kan hulle dit ondersteun.

Daisy ·

My opinie is dat studente by Akademia, Sol-Tech, of Orania moet studeer of oorsee gaan. studeer indien moontlik.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

….daarom dat ons Solidariteit se Soltech en Akademia ten volle moet ondersteun. Maar die witman sal self, ons sal en ons gaan en ons moet.)

Elma ·

‘n Ander artikel op nog n media platform, lees as volg: :Die hoofbeswaar van die SR is dat konfidensiele inligting met eksterne partye gedeel is”.
Die arme kind word beskuldig van vertrouensbreuk. WAT, volgens die ander SR lede, was die sogenaamde konfidensiele inligting wat uitgelek het? Dat die koshuise uitgesluit is agv spasie in die amfi of dat hulle uitgesluit is agv die rassesamestelling. Is spasie probleme dan iets wat hulle nodig het om te verdedig? Dit gaan oor ras. Ons almal weet dit.

Tanya ·

Wel meer as ooit is dit rede om te glo dat alles in vandag se lewe Ras en Polities gegrond is. Want was die storie nou anders om gedraai, sou dit ongegrond gevind geword het! Die land is so ‘n gemors!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Nogsteeds…die heeltyd sedert 1994, selfs voor dit al! Sal nooit ophou totdat daar ‘n foutjie kom iewers!

Piet ·

“….bewerings wat onlangs die ronde gedoen het dat dorpskoshuise op grond van hul rassesamestelling van die jaarlikse verwelkomingsgeleentheid uitgesluit is.”
Nou wie doen die toelatingskeuring?

Christine ·

Solidariteit beplan ‘n baie groot universiteit binnekort.

ENFM ·

Beàtha, mense wat vrae vra, is gewoonlik onwelkom op plekke waar ongeruimdhede plaasvind.
Hou asseblief aan om dinge te bevraagteken! Ons het kritiese denkers bitter nodig!
Die waarheid kom altyd uit…en wiele draai…

Kalla ·

Dit is net jammer die waarheid kom uit met geen gevolge nie.

Johan ·

Hou ‘n optog en ruk die plek tot stilstand, dit werk vir die ander klomp.

marius ·

Politiek is vuil. Onskuldige mense word opsetlik daardeur geteiken en ras word as wapen gebruik.

Papsak ·

Wat is tog so fout met ons ras kleur en taal ons mag niks meer doen of hulle is op ons

Petrus Stephanus ·

Laat geregtigheid geskiet waarom moet ons blanke stoedente altyd tweede gestel word en teen Afrikaans gediskrimineer word waarom moet ons tenalle tye skuld kry vir hulle mislikkings genoeg is nou regtig genoeg n mens kan bloed uit n peroon tap maar n beperkte hoeveelheid en ek voel ons is nou al amper leeg ge tap nou moet dit stopsit

Chris ·

Do not support them…..Send your kids overseas to study……start a Afrikaner fund where everyone can donate and let them have the old building……lets see how long it will last……together you have the money to take on these bullies! We all should support this girl and fight them hard.

Wondermaarnet ·

Chris, it is a great idea, but our white kids struggle to get into university, especially medical school. Some smart @$$ will get a foot in the door to steal the money from this fund too.

Boatsie ·

Wys daai Louis Jacobs se bakkies vir ons dat mens kan sien wie hy is mannetjie, want media is baie gou om Bertha Groenewald se foto aan die groot klok te hang.
Let’s fame him and shame him.

Lillian ·

Alweer die ou rassekaart wat gespeel word. Gaan studeer by jul eie universiteite en los ons kinders, ons taal en kultuur uit!

Adam ·

Dit is waarom ons al ons energie in die enigste non politieke instelling moet instoot, nl Akademia. Dit moet ‘n instelling word wat kan kompeteer met die bestaande universiteite.
Die gemors op daardie kampusse gaan net groter word. Moenie naief wees en dink dit gaan weggaan nie. Die witman sal altyd in hierdie land verag word, of hy deel was vd verlede of nie.
Die uitkoms le in self doen. Moenie energie mors om die bestaande kampusse te verander ten goede nie. Hulle is klaar gedoem. Kyk wat gebeur nou weer by UCT

Pieter ·

So vergadering word gehou by puklieke universiteit waarvan die publiek nie die detail mag weet of hoor nie, terwyl dit alles met die publiek te doen het… Swak verskoning, swak gedrag, swak bestuur, swak waardes, net swak!

Magda ·

BOIKOT SOOS DISCHEM, HAAL ALLE WIT STUDENTE UIT EN STUDEER ONLINE.

Daisy ·

Ek stem – Studente moet aanlyn, by Akademia, Soltech of Orania studeer. Orania is besig om geweldig uit te brei, veral wat studente en opleiding betref.

Wondermaarnet ·

Ditsem dan kyk Jacobs en kie wat bly oor van die universiteite.

Matmiet ·

Die vrugte van politiek in iets waar dit nie hoort nie, is wrang….

Fran ·

Ek het gaan kyk na hulle studenteraad. 15 Lede waarvan net 3 wit. Geen wit man nie. Diskriminasie in die ergste graad!

Harley Davidson ·

Dr Groenewald hier is jou kans om te bewys of jy ‘n ware leier is ,ons hou jou dop.

Raadsman ·

Onthou “divers” in SA betenken die meerderheid moet swart wees totdat hul die oorhand het om almal swart te maak. Nie net inuniversiteite nie maar in alle groot maatskappye.
Ook die rede hoekom soveel entiteite faal.

57 Chevy ·

Hierdie stories raak nou af gesaag . Ek stem “ons sal self ” dis al wat vir ons in die toekom voor lê . Hoe langer ons hulle entertain hoe langer sit ons met die probleem . Soltec moet n fonds insameling begin sodat daar meer Afrikaanse universteite gebou kan word waar ons Afrikaanse studente in vrede kan swot soos al reeds komentaar gelewer is . Hulle kan maar dan al die ou universiteite hou ….sommer die naam verander ook . Iets soos “Die Universiteit Van Fakkalteit ” want daar gan fakkal tyd vir hulle wees om te leer nie . Die geboue sal ook verval en gehijack word soos in JHB CBD .

Veronika ·

Net soos met Steve wat sê wat die waarheid is en opkom vir wat hy en sy in glo word hul geskors en verban! Hoekom omdat hul opstaan vir wat REG is!! Tsek!!

Josua ·

Met die afsterwe van my suster is my ma se huis verkoop waarin sy gebly het, ek het jare gelede ons buurman se huis gekoop en intussen die huis afgelos maw 23jaar af betaal ek het my geld belê in my woning vir die toekoms maar toe kom die euwel, die man wat my ma se huis gekoop het is n swart man baie ordentlik en geen probleem met hom nie maar woon nie self in die huis nie. Wat my boos maak is dat hy die huis omskep het in ‘n studente huis, die sitkamer word toe sommer n kamer ens wat die waarde van my huis toetaal terug geplaas het, die studente is almal swart kinders en ongelukkig laat hul kultuur by somige hul in die steek want daar is geen reels of respek vir mense om hulle nie en is baie “loud” hoe hulle studeur sal net hulle weet, ek moet kort kort tussen hulle invlieg en vra om stil te raak want daar is mense om hulle wat lang ure werk so dit maak sin dat koshuise so mag optree en ja wit kinders maak ook droog maar daar is geen rassekaart dan te speel nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Het jou buurman munisipale goedkeuring om ‘n besigheid daar te bedryf? Of dalk maak dit nie meer saak nie. Maak net seker SARS weet van die inkomste wat daar gegeneer word.

Pieter ·

As hulle haar nou skors en se sy het inligting laat uitlek, beteken dit mos hulle het die koshuis bespreek?

TRP ·

Rasbeheptheid raak ‘n pyn in die … Ek persoonlik dink PUK skuld baie ‘n verskoning. Sou die tafel gedraai was, was die kampus al aan die brand. Ek skaam my!

Andre ·

Ek besef dit kos baie moeite om om elke keer teen die duistere magte op te staan maar ons sal moet meer leer om selfonderhoudend op te tree want jy gaan nie hulp van hulle kry nie

Peter ·

NWU losing its credibility rapidly, going the same route as UCT, protests and strikes at the order of the day, circus

Erika ·

Die Universiteit behoort nie n plek te wees van Politiese Korrektheid
Politieke inmening moenie geduld word nie.. .
Dit moet gaan oor Beginsels Eerste( Reg of Verkeerd) Nie Ras groep se belange wat bevorder moet word nie
Studente het die reg om Universiteit by te woon sonder om Geviktimiseer te word deur ander groep -Jy behandel my soos jy self wil behandel word -dit is so eenvoudig soos dit

Antonk ·

Voor jy dalk wil imegreer moet jy eers hulle goed dagvaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.