SR-verkiesing en lesings ontwrig by Tuks, NWU

Betogings op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus (20 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Betogings op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus (20 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Die Universiteit van Pretoria (UP) en die Noordwes-Universiteit (NWU) het ook Dinsdag onder studentebetogings deurgeloop nadat daar aanvanklik vroegoggend geen teken van onluste by dié twee universiteite was nie.

By die UP het betogers klasse binnegestorm om lesings en toetse te ontwrig en geëis dat prof. Cheryl de la Rey, rektor en visekanselier van UP, hulle onmiddellik toespreek.

Volgens ʼn Whatsapp-boodskap wat onder Tuks-studente versprei is, is studente gevra om aan te sluit by die betoging wat ten doel het om akademiese aktiwiteite tot ʼn stilstand te bring. “Die idee is om ook ʼn groot pad, soos die M1, te versper sodat nie net die universiteit nie, maar ook ʼn redelike deel van werkersklas ontwrig word, sodat ons saak erken word en daar na ons eise geluister word ver buite die universiteit,” het die boodskap gelui.

Die UP het in ʼn verklaring op sy amptelike Facebook-blad gesê die situasie op die universiteit se kampusse is “uiters plofbaar” en dat die studenteraadverkiesing ook by sommige stempunte ontwrig is. “Die universiteit spreek sy spyt uit oor die ontwrigtings en doen alles in sy vermoë om die akademiese program te laat voortgaan en om die veiligheid van studente, personeel en eiendom te verseker,” het die verklaring gelui.

Intussen het die NWU gesê onluste het ook Dinsdag op sy Mafikeng-kampus opgevlam nadat studente ʼn massavergadering op die kampus gehou het. “Na afloop van dié vergadering, om en by 10:00, het ʼn groep studente in lesingsale en kantore ingehardloop, aktiwiteite ontwrig en personeel en studente geïntimideer. Die groep van ongeveer 200 studente het daarna by die hoofingang van die kampus bymekaargekom, waar hulle hul protesaksies buite die universiteitsgronde voortgesit het. ʼn Stalletjie van ʼn straatverkoper is aan die brand gesteek,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê.

Betogings op die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus (20 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Betogings op die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus (20 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Volgens die verklaring is wetstoepassers ontplooi om die situasie te monitor en personeel, studente en universiteitseiendom te beskerm. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie en kampusbedrywighede gaan voort soos normaal.

“Prof. Mashudu Davhana-Maselesele, die kampusrektor, het studente ernstig versoek om met hul akademiese aktiwiteite voort te gaan om te verseker dat dié wat hard gewerk het, hulle finale eksamens vir 2016 kan aflê. Sy het hulle ook weer daarop gewys dat die interdik wat vroeër vanjaar deur die universiteit verkry is, steeds geldig is en toegepas sal word,” het die universiteit gesê.

Lees meer oor die studentebetogings op die onderskeie universiteitskampusse op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ook n ouer ·

Onopgevoede barbaare wat als verniel…..Moeilikheidmakers moet sommer toegesluit word..daar is studente wat vir die regte redebop universiteit is….dit is om te leer

Johann ·

Syid Afrika is GATVOL vir brand en breek; die ANC se eie skoothondjie wat almal om hom nou in die kuite kou. Dis blatante onwettige intimidasie en kwaadwillige skadeberokkenung. En Minister Blake en kie kruip iewers weg; blinde oog en oor vir die verwoesting wat Zuma se onbeholpenheid en totale onkunde oor die toepassing van Ekonomiese beginsels ons kos. Mag die GEREG vir EENS die “studente” n praktiese eksamen gee oor gevilge van jou aksies. Barbaars!!!!!!

Straatverkoper ·

N stalletjie van n straatverkoper aan die brand gesteek, dit wys jou die spul het geen waardes nie en wil maar net afbreek. Die straatverkoper het niks tedoene met enigiets nie, hulle wil maar net moeilikheid maak met wieookal voorkom.

Jeanne ·

Ja asb vertel my hoe FEESMUSTFALL sy doel gaan bereik as jy ‘n straatverkoper beroof of sy stalletjie aan die brand steek. Vertel my wat het dit met Universiteitsfooie te doen of met ‘arm studente’? Hulle vernietig iets van ‘n ander ARM persoon waardeur hy eerlik probeer geld maak het .. hulle het geen ontsag vir niks en niemand nie, dit is hoekom die Universiteit NIE moet dink die probleme eindig by FEESMUSTFALL nie. Dit was eers Afrikaans, toe Feesmustfall, toe Skoonmakers se salarisse, volgende is DOSENTE moet val, hou hierdie spasie dop, dis NIE die einde nie. Dieselfde dosente en dekane en rektore wat nou so ingee en so graag die vandale wil tegemoet kom, is die volgende wat oppad is.

Paul ·

Vang daai studente en sit hulle in die tronk.
Hanteer hulle met geweld dis al taal wat hulle sal verstaan.
Die klein groep opstokers ontwrig duisende ander studente se kans op opleiding.
N student wat nie wil studeer nie moet vd kampus af verwyder en verban word.
Hierdie nonsens van intimidasie en geboue en eindom afbrand en beskadig kan SA nie meer dult of bekostig nie.
Waar is ons regerings leiers wat brutale besluite kan en moet neem…..???
Doodstil……want hierdie tipe optrede is oor die jare heen gekweek en nou sit hulle met n GROOT probleem. Dis als die regering se skuld met swak leierskap en lee verkiesings beloftes……!!!

Johannes ·

Net ‘n eerlike vraag – hoe is dit verkeerd om te sê: ek wil apart van mense wat so optree studeer, werk en leef?

Hendrik ·

Ek stem saam met jou en dit is ‘n mikpunt om na te streef en werk.

ELMARIE ·

Hoe word die regte, volgens die grondwet verleen, tot onderrig vir dié studente wie se ouers bloed sweet om hul studiegelde te betaal, beskerm? Hoekom moet diegene wat binne die wet optree en fokus op die realisering van hul toekoms, ALTYD die onderspit delf? Dalk is dit tyd om die regsbank in te span om te verseker dat hulle ook hul regte (sonder onderbreking) kan uitoefen…

Hendrik ·

Soos Prof Koos Malan genoem reken dat Suid-Afrika die ongrondwetlikste grondige Grondwet het in die wereld. Nee wat hierdie grondwet beteken NIKS vir minderheidsgroepe.

CL ·

Niks is verniet nie. Iewers moet iemand die rekening betaal. Gaan betoog voor die parlement- daar waar die geld vermorsers sit. Los ons kinders wat leer- watter ras of party ookal. Hierdie belhamels wil net die land verder destabiliseer en die gepeupel oprui vir eie gewin.

Anoniem ·

Ja nee breek af…brand af…dan kan jul in elk geval nie verder leer…..Wys net hoe word daar gedink……

barend ·

ons skole gaan dieselfde pad volg ,dan ons kerke ,ons sosiale lewe en ons privaat klubs ,hulle gaan nog alles van ons weg neem ,dit is net die begin ,die mense is soos n kanker wat als wil venietig ,dit moet vreeslik wees om so jaloers te wees op n klein volkie soos die die Afrikaner

JC ·

Ek stem 100% saam Barend!
Oulike kommentaar. Slaan die spyker op sy kop!

Protes ·

Die studente waarna verwys word is swart studente ek het geen wit studente gesien wat betoog nie hulle is daar om te studeer

Jean ·

As julle hoor wat die leier van die FEESMUSTFALL oproermakers gister oor die radio gese het sal julle verstaan, hy het nie ‘n SAAK met die reg van ander studente nie, hy het nie ‘n SAAK met die onwrigting van klasse ek weerhouding van akademiese kwalifikasies nie, hy het duidelik gese, mense moet na die GROTER prentjie kyk . al gee hulle nou ‘n jaar of twee OP, is dit vir TOEKOMS van studente wat na hulle kom .. Eers as jy na hierdie mense se manier van redenasie hoor, en hoe opgewerk hulle is deur nog sarkasties na ‘madam’ en ‘baas’ te verwys as die persone aan die hoof van Universiteite terwyl dit alreeds lankal mense van alle kleure insluit, sal jy besef GEEN redenasie, GEEN ooreenkoms gaan met hierdie mense bereik word nie. Hulle is heeltemal onwillig om na enigiets te luister, en kry aandag deur geboue te verniel en verbrand, hulle word GESIEN en GEHOOR.

pieter ·

WAAR IS DIE POLITIEKE PARTYE WAT ONS VOOR GESTEM HET. KLA HIERDIE ANC EN SY TRAWWANTE AAN DA.

Karel ·

Ons moet ons eie Private Universiteite bou wat onafhanklik is van die staat en die spul wat net wil vernietig. Ons gaan tien jaar van nou af weer hoor dat net wit mense het geleerdheid gekry en dat hul nogsteeds agter is. Hulle sal reg wees, omdat dit is hul eie skuld dan. Ons moet net voort bou en organisasies ondersteun soos Afriforum en Solidariteit wat werklik in gemeenskappe verskil bring. Kom ons hoop dat Akademia sommer vinnig op die wereld ranglys sal beland as ´n gesogte Universiteit.

Ella ·

Hierdie is die eerste generasie van kinders wat nie gedissiplineer word in die skole nie, lyfstraf is mos buite die kwessie, die gevolg, geen vrees vir God nie, geen vrees vir die gereg, of owerhede nie, net wat hulle wil moet gedoen word, al beteken hulle eise dat daar oor ‘n jaar of drie geen universiteite oorwees om “gratis” by te studeer nie – ook geen ekonomie om in te werk nie???? Ek ondersteun trots Afriforum en ook nou Solidariteit se boufonds vir die universiteit wat hulle beoog – ek het ‘n kleinkind wat dit gaan nodig hê – as die kinders nog in Suid-Afrika is!!

Wilhelm ·

Hierdie afbrekende spul is die naam van student nie werd nie en hulle moet soos kriminele behandel word, MAAR waar is die outoriteit wat standpunt moet inneem? Hulle is net so lamsakkig en laat Gods water oor Gods akker loop. Al wat ek kan se is quo vadis Suis Afrika?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.