SSA waarsku personeel teen ‘lek van inligting’

Argieffoto van die Staatsveiligheidsagentskap. (Foto: Facebook)

Lede van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) is streng gewaarsku teen die lek van sensitiewe inligting rakende die interne werkinge van die beleërde agentskap.

Gab Msimanga, waarnemende direkteur-generaal van die SSA, het lede van die agentskap in ʼn interne memorandum daaraan herinner dat die verspreiding van geklassifiseerde inligting en die ongemagtigde deel van geklassifiseerde dokumente die bepalings van wetgewing oor intelligensiedienste oortree.

Die memorandum volg op ’n dringende vergadering van die SSA se senior bestuur rakende die lek van inligting wat gelei het tot mediaberigte en sosialemediaplasings wat die agentskap in ’n slegte lig plaas.

“Ongegronde” bewerings van begunstiging met betrekking tot buitelandse plasings het onlangs die lig gesien.

“Daar word tans ondersoek ingestel na lede wat verantwoordelik is vir die lek van sensitiewe en geklassifiseerde inligting,” het die SSA Saterdag in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring sal personeellede wat hulle skuldig maak aan dié oortreding ʼn boete van R10 000 óf tien jaar tronkstraf óf boete sowel as tronkstraf opgelê word.

Msimanga en die SSA se bestuur is veral bekommerd dat sommige van die gelekte inligting valshede bevat wat daarop gemik is om doelbewus verwarring en anargie binne en buite die agentskap te veroorsaak.

“Ons het reeds moontlike skuldiges geïdentifiseer wat valshede en gerugte oor die geloofwaardigheid en bekwaamheid van sommige van ons lede binne die agentskap versprei.

“Ons gee aandag aan dié sake en sal binnekort teen hulle [die skuldiges] optree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank John

Geld koop of betaal vir baie en gierigheid het geen einde nie.

Michal

sny bietjie die gras en verf die muur, good luck met die waarskuwing

JohanR

Haai kan darem party dae soe lekker lag! Was die agentskap al ooit in ‘n goeie lug? Soos met alles van die ANC, werk hier ook net dom kaders! Die plek lyk ook soos die ingang van Thandi Modise se vark plaas!

Pieter

Jy kan sien waar die ANC betrokke is die plek lyk soos n as hoop.

Zandra

Soos enige ding wat enigsins met die ANC te doen het, op link ens gaan daar maar moeilik by beloftes gehou word dalk n n tikkie oor die vingers, maar niks radikaal om lede tot by afdank of skors sal bring nie, nee daarvoor is julle te hand om die blaas….en julle is onbekwaam en onbevoeg…en sny liewer die gras daar by die muur….