Sssssooo warm, selfs die slange moet plan maak

Die swartmamba op die heining. Foto: Verskaf

Die swartmamba op die heining. Foto: Verskaf

Die snikhete toestande wat tans oor groot dele van die land ervaar word, laat nie net die kraaie gaap nie, maar ook slange vreemd optree.

Henk Havenga, eienaar van Thabazimbi Krisisbeheer in Limpopo wat ook ʼn slangvanger vir dié plaaslike nooddienste is, het Donderdag aan Maroela Media gesê hy werk al sedert 1980 met slange en het nog nooit só iets gesien nie – ʼn slang wat op ʼn draadheining seil omdat die grond te warm is.

“ʼn Vriend het Woensdag omstreeks 11:00 vir my ʼn foto van ʼn swartmamba gestuur wat op ʼn heining seil. Ek is dadelik na die plek, sowat 500 m ver as ʼn mens van die R510 op pad na Northam-platinummyn links draai op die Setaria-pad, en het dit self met my eie oë gesien,” het Havenga gesê.

Havenga, wat al 13 keer gepik is in die 35 jaar wat hy slange hanteer, het gesê dit is die eerste keer dat hy so iets gesien het en dat dié optrede beslis ongewoon is.

“Slange is aktief wanneer dit warm is, maar bly gewoonlik op die grond of gaan in bome in as die grond té warm is. Dié een was so 2,2 m lank en êrens heen op pad met ʼn plan. Ek het hom nie gepla nie en hom sy gang laat gaan.”

Hy het gesê toe hy omstreeks 12:20 na die temperatuur gekyk het, was die kwik 45 °C in die rooi. “Die grond hier is so warm, ʼn mens kan nie kaalvoet loop nie. Dit is regtig helwarm,” het hy geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

chrisp ·

Dewald.

Dankie vir die humor.Ons het dit dank die Vader nog nie verloor nie!!!

pauline ·

Ja nee kyk ek nie mal oor slange nie maar dis so warm die water in my emers is so warm jy kan bad in dit en dan prt ek nie van my foon moet le met n fan op hom sodat ek net kan in kontak bly met my mense, bly kwagafontein naby witbank mpoemalanga

pauline ·

Ek nie mal oor slange nie maar die arme dier, di hitte bitter warm hier op kwagafontein naby witbank foon so warm moet fan op hom hou net om te kan gesels

Eliza-beth ·

Pauline ek stem saam. En oral hier in Gauteng elke verdampte dag steek een of ander sot die veld aan die brand! Ons hier buite moet gedurig orals uithelp met vuur doodslaan/spuit. Daar is NIKS in die veld maar dan brand hulle. Moenie vra wat van d ie brandweer nie.. ek is seker jyken die antwoord op daardie vraag! Die arme ou velddiertjies wat nie kan wegkom, dis net vir my erg hoe sotlik die mens kan optree regtig.

Grassie ·

Reinhardt – ek dink mambas pik en pofadders byt. Ek het al altwee in aksie gesien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.