St. Francisbaai-brand word ondersoek

Brand by St. Francisbaai (Januarie 2016) Foto: Hattingh Bornman (‏@BornmanCH)/Twitter

Brand by St. Francisbaai (Januarie 2016) Foto: Hattingh Bornman (‏@BornmanCH)/Twitter

Die polisie in St. Francisbaai het ʼn “kwaadwillige berig” in die media, dat ʼn fakkel glo die oorsaak is van ʼn brand St. Francisbaai en Kaap St. Francis in die Oos-Kaap, veroordeel.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê owerhede ondersoek tans die oorsaak van die brand.

“Die brand het glo Saterdag omstreeks 14:00 begin en die betrokke rolspelers is dadelik na die toneel ontbied,” het Nkohli bygevoeg. “Die polisie ondersoek tans die oorsaak van die brand, en nie ʼn saak van brandstigting nie.” Enigiemand met verdere inligting word versoek om St. Francisbaai-polisie te bel by 042 200 1818.

Maroela Media het vroeër berig talle inwoners is ontruim.

Brandbestryders het Maandagoggend nog gespook om die brand te blus. Die veldbrand het tussen St. Francisbaai en Kaap St. Francis uitgebreek.

Lees alle vorige berigte oor St Francisbaai op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Met groot brande in die Kaap omtrent ‘n jaar gelede, is bewyse gekry dat arm mense wat as deel v.d. working on fire program geld kry om brande te help blus, self vir van die brandje verantwoordelik is. Hulle is so desperaat vir geld, dat hulle tot sulke uiterstes gaan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.