St. Francisbaai: Man verdrink, branderplankryer red lewe van nog een

Een van die NSRI se pienk reddingsboeie. Foto: ANA.

ʼn Man het verdrink toe hy en ʼn medeswemmer die see ingetrek is terwyl hul geswem het by St. Francisbaai in die Oos-Kaap.

Garth Shamley, van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in St. Francisbaai, het gesê hul span is om 12:30 in kennis gestel van die voorval nadat ooggetuies gesien het hoe twee mans in die see in getrek word by Grannies Pool.

ʼn Plaaslike branderplankryer het een van die NSRI se pienk reddingsboeie, wat op verskeie strande aangebring is, gegryp en is agterna om die mans te probeer red.

Die polisie, die NSRI en nooddienste het dadelik op die voorval gereageer. “Die branderplankryer kon een van die mans veilig tot op die strand bring met die hulp van die boei; die tweede man was egter steeds vermis.”

Shamley vertel hoe die tweede man deur twee ander plaaslike branderplankryers, vriende van die eerste een, asook NSRI-reddingswemmers opgespoor is en na die strand gebring is waar daar begin is met kardiopulmonêre resussitasie.

Die man is op die toneel dood verklaar.

Die man wat gered kon word, is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mickey ·

Aan die branderplankryers, jul optrede was pragtig. Aan die swemmers, dit moes n nare ondervinding gewees het. Jammer dat een van jul moes sterf. Die see is nie n mens se speelmaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.