St. Francisbaai se inwoners ontruim

Foto: Hattingh Bornman (‏@BornmanCH)/Twitter

Foto: Hattingh Bornman (‏@BornmanCH)/Twitter

Brandbestryders en reddingspanne het teen Sondagaand laat nog bont gestaan om ʼn brand tussen St. Francisbaai en Kaap St. Francis in die Oos-Kaap onder beheer te bring.

Paul Hurley, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in St. Francisbaai, het aan African News Agency gesê die brand het Saterdag in die reservaat naby Sea Vista ontstaan nadat ʼn fakkel afgevuur is en in die veld beland het.

Volgens die St. Francisbaai-burgervereniging is die brand deur die Kouga-munisipaliteit se rampbestuursentrum gemonitor, maar het dit later versprei. Die brand het Sondag opgevlam en is oor die R330 aan Kaap St. Francis se kant. Die pad is as gevolg hiervan verskeie kere gesluit.

Die brandweer het inwoners met grasdakhuise versoek om hul huise se dakke nat te maak as voorsorgmaatreël. Inwoners van Kaap St. Francis was later sonder elektrisiteit weens kragdrade wat deur die brand geraak is.

Inwoners van St. Francisbaai is teen Sondagaand versoek om hul huise te ontruim en naby die lighuis bymekaar te kom.

ʼn Wegholveldbrand het in 2011 deur die kusdorp versprei en 76 huise is vernietig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Phillip ·

Inwoners van Kaap st. Francis nie st. Francis nie,is gevra om te ontruim en by lighuis bymekaar te kom.

phillip ·

Kaap st. Francis se mense gevra om te ontruim nie St. francis nie. Plakkers by seavista in st.francis is ontruim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.