Staal jou dán vir beurtkrag

Argieffoto

Eskom het laat hoor dat Suid-Afrikaners hulle Dinsdagoggend tussen 05:00 en 10:00 moet staal vir beurtkrag.

“Verbruikers word aangeraai om hul beurtkrag-skedules gereeld dop te hou op Eskom se webwerf en te beplan asof beurtkrag sal plaasvind,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Eskom het bygevoeg beurtkrag word as ʼn laaste uitweg ingestel om die stelsel van ʼn algehele stilstand of ineenstorting te red.

Dít ná werkers by sommige aanlegte begin staak het te midde van spanning oor onderhandelings tussen Eskom en die vakbonde oor die betaling van prestasiebonusse vir die afgelope boekjaar.

Eskom het die polisie in kennis gestel en beraadslaag glo met vakbonde om dié dooiepunt te ontlont.

Werkers eis 12% van hul jaarlikse salarisse as ʼn eenmalige bonus. Onderhandelinge is steeds nie verby selfs ná meer as twee maande lange gesprekke tussen Eskom en die vakbonde nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Wolkie ·

Hier gaan ons alweer.. darem dit in werksure, maar met my geluk sal die plek dit vryspring hehe

Adrian ·

Nee..Nee..Nee … niks meer vir julle nie die industrie bloei homself dood agv dubbel die mannekrag en buitensporige hoge salarisse en baie minder verbruik van selfaangepaste krag. Escom is die olifant in die land wat net wil he he he nee genoeg is genoeg. Raak ontslae van 2 derdes van die personeel dan sal die wat oorbly moet werk vir bonusse en hoer salarisse Punt

VanAfrika ·

Maklik vir jou om te praat, ek kan dalk een van daai 2 derdes wees en ek het my werk nodig. daar is baie hier wat hard werk en nie vedien om wat julle hier toewens nie

ES ·

“Prestasiebonusse” – Dis lagewekkend, daar is dan geen prestasie behaal nie??

yolande ·

Prestasiebonusse word gegee indien ‘n maatskappy in ‘n finansiele jaar goed goed? Met die skuld van Eskom hoe regverdig ‘n mens dit? Kan iemand asseblief aan die bestuur verduidelik wat en wanneer prestasiebonusse betaal word. En wie moet al weer betaal???

Msp ·

Oooooolo griet, daar gaan China se lening ook die afgrond in….

Yankee ·

Nerens, maar nerens buite Afrika hoor jy van so iets!! G’n wonder soveel van julle mense probeer nou om die Land te verlaat. Sterkte vir julle.

Casper Labuschagne ·

@Yankee, Probeer Brittanje voor die dae van Margaret Thatcher waar juis sulke linkse absurditeite alledaags was. Een van ons probleme is juis dat Brittanje se mislukte sosialiste sedert 1990 na Suid Afrika gestroom het en NROs gestig het wat die vakbonde die ANC asook elke denkbare linkse groepering adviseer en onderrig.

Danie ·

Die prestasie bonusse gaan vir BEE teikens wat bereik is. Dit is al wat, lyk my , my Eskom gemeet word. Ek vermoeid dat hulle baie goed in hulle BEE doen. Di beteken ongelukkig niks goed nie.

Wonder nogal wanneer ESKOM in duie gaan stort en of dit ooit gaan gebeur. Dit word die heeltyd as stok gebruik om net meer en meer geld te mors.

HPV ·

Patetiese ou bankrot spul, as die anc aan iets raak sink dit!

Martin ·

En as daar wel winste is bepaal die hoeveelheid winste hoeveel bonus betaal word, jy eis nie n % van salaris daarvoor nie. Tipies van die spul.

Theresa B ·

Dis pateties. Erg om te dink hulle staan aan stuur van landsake.

Anni ·

Prestasiebonus? Watter prestasie, waar?

Dit word ‘n Prestasiebonus genoem, nie ‘n Prestasiereg nie. ‘n Bonus is ‘n meevaller, nie ‘n “given right” nie. Dit gebeur wanneer die maatskappy waarvoor jy werk in so ‘n mate gepresteer het, dat daar ekstra geld is om bonusse mee te betaal.

Waar ek werk het ons vir twee jaar agtermekaar nie bonusse gekry nie, omrede die ekonomie en die maatskappy se boeke dit net nie toegelaat het nie. Jy aanvaar sulke dinge, en dank die Here elke dag dat jy tenminste nog elke maand ‘n salaris kan verdien, ten spyte dat daar nie geld is vir ‘n bonus nie. Ons het nie aan die staak gegaan en eiendom en voertuie begin brand en vernietig nie, en ander mense geintimideer nie, en die res van die land verontrief nie.

Anoniem ·

Presies! Ons werk eerder hard om hopelik volgende jaar weer prestasiebonus te kan kry.

jaco ·

Al hierdie kommentare is uiters krities op die stakers. Ek hoop julle sluit julle mede wit mense van Solidariteit in by julle kritiek, want hulle neem óók aan die staking by Eskom deel. Die dag wanneer hulle almal deur Eskom afgedank word; amptelik wille van “transformasie” maar eintlik as “straf” omdat hulle gestaak het, moet julle asseblief nie vir Eskom kwaad wees nie. Dis totaal absurd dat wit mense, vir wie werk ‘n absolute voorreg is, hulleself kwesbaar maak deur ook te staak. As jy wit is en jy het werk, BLY STIL oor watse onreg daar in jou werk mag wees en se 100 maal per dag sommer so terwyl jy werk dankie vir ons Hemelse Vader dat jy wel werk het.

KRITIES ·

Ja ons sluit almal in . wit en swart en alle kleure . want ons is wit en moet met 7% verhoging tevrede wees, hoekom moet hulle altyd meer en beter voordele kry as ons? Neewat hou op GREEDY wees, wees dankbaar vir jou salaris, ons BONUSSE is nie gewaarborg nie en baie jare kry ons net ‘n persentasie daarvan afhangende van die organisasie se prestasie . so BACK TO BUSINESS< black or white, wees bly julle het werk en hou op staak en kla!

Yolande ·

Jaco, niemand het enigsins hier iets van kleur genoem nie. Dit gaan oor die werknemers, dus wit, swart, pienk en pers. Indien jy ‘n Eskom personeel nommer het. Hou asseblief kleur uit dinge uit. Dit gaan oor die kwaliteit van bestuur, ongeag van sy/haar kleur. Dit gaan oor verkeerde besluite wat geneem word. Dit gaan daaroor dat aan die einde van die dag, ek en jy moet betaal vir foute en verkeerde besluite van mense wat nie gekwalifiseerd is om die regte besluite vir ‘n maatskappy te neem nie. Nie oor kleur nie…for heaven sake.

Annelize ·

Hel KRITIES, maar jy is bevoorreg met jou 7% verhoging. Ek het net 5% gekry. Ons moet maar meet en pas en klaarkom met dit wat ons het. Geen stakery en dikbekke vir ons, tot so ‘n mate dat die land verontrief word nie.

Wat die stakers nie besef nie, is dat hulle Eskom net dieper en dieper die afgrond intrek, dis nou as hullewel ‘n beurt kan kry by die bestuur. Volgende jaar roei hulle weer in hierdie bootjie, want dan gaan dit NOG slegter. Geen vooruitgang en groei, net agteruitgang en verminking.

Pateties ·

Die hemele weet die ANC kan maar net nie land regeer nie .. ongelukkig kon apartheid nou aan die NP gekoppel word maar die damme was vol, en die krag was aan en daar was minder stakings. Almal maak asof die stakings teen apartheid en Afrikaans was .. 99% stakings nou is teen DIENSLEWERING deur die ANC REGERING maar steeds stem mense vir hulle en steeds klim hulle gewildheid weer noudat almal grond persent gaan kry .. Dit is so belaglik om te dink dat die 50 miljoen mense van etniese afkoms wat nou in SA is REEDS honderde jare gelede grond besit het maar witmense NIKS gehad nie, en mag ook niks kry nie. In watter ander land word die BELASTINGBETALERS deur hulle eie regering GEDREIG en verneder ? Vreemd dat die vernedering en onderdrukking onder apartheid so verkeerd was maar die vernedering en onderdrukking en apartheidspolicies wat NOU teen blankes ingestel is is heeltemal IN ORDE?? Sjoe . het gedink ‘n groep mense wat so fiercely teen ANTI RASSISME en ANTI DISKRIMINASIE geveg het sou dit nooit weer toelaat nie .. maar dit lyk asof die program vir hulle ‘n GOEIE VOORBEELD was van hoe hulle dit ook wou doen ..

Janna ·

Hoor by antie Lynn Brown en ooms Guptas, hulle sal kan help met julle se bounisse.

JamesBond ·

Spreuke 29:21 – “As ’n mens sy kneg van jongs af bederf, sal hy in sy latere lewe ’n ondankbare word.”
Nou ja toe, daar het ons dit.

Pieter ·

Kom ons sê dit dan maar, die ANC het die land in die afgrond bestuur en nogsteeds wil hulle witmense beskuldig. Dit is jammer dat mense met sulke mentaliteit moet probeer werk, daar is geen toekoms hier nie en hulle sal alles en almal laat vergaan behalwe hulle vriende en familie.

Theresa ·

Baie waar.

Weet iemand iets van die optog in die stad (Pretoria) vanoggend. Hoe verloop dit en watter paaie is tans benadeel daardeur?

Lerato ·

Die staatsdiens pensionarisse het 5.5% verhoging gekry. Die werkende staatsdiens amptenare het 7% gekry.

Eskom is 7% aangebied, maar die unies, onder andere Solidariteit eis meer.

Twee vrae

1 Gaan die unies vir die ouens sorg wat agv personeel vermindering afgelê gaan word?
2 Het die unies geen benul wat hulle aan die land doen nie?

Rynhardt ·

Eskom is nog nie behoorlik skoongemaak nie.Buitensporige salarisse en bonusse plus luukse partytjies is jou groot probleme,so ook die aflewer van steenkool aan Gupta-myne!Julle word met alles deurboor!Algehele donkerte vir die land is wat al lankal agter skerms beplan is.Sedert 2008 het Eskom en die Anc SA opsetlik geruineer!

marous ·

Die regering moet hulself begin staal teen belasting weerhouding . Dan gaan hulle verseker ‘n totale ineenstorting sien ….orals

Pieter ·

Nee die chineese speel nie hulle gaan daai mense uit haal by Eskom en later oor vat , jy speel nie met n chinees nie hulle gesoute besigheids mense . maar op die ou einde gaan ons as verbruiker die lot betaal .

Hendrik ·

Die plaaslike Sjinesemense word mos ook bevoordeel deur BEE en kwotas. Gaan die buitelandse Sjinese soos die buitelandse swartes ook bevoordeel word?

Maryna ·

Ek raak nou mooi gatvol vir alles. Hulle moet aangaan soos hulle nou aangaan. Brand die geboue af. Vernietig winkels… Betoog om jou sin te kry. Hulle verniel nou net alles en vergeet hulle gaan op die ou end baie swaar kry. Wat as daar nie meer finansies is om hulle salarisse te betaal nie. Dan sit hulle elk geval sonder werk. En hulle kan net hulle self bedank daarvoor. Moet hulle altyd ao te kere gaan om hulle sin te kry… Daar is nie 1 dag wat verby kan gaan wat SA sonder geweld en optogers kan klaar kom nie…???

MEYER ·

Ai die land. Ek het 0% verhoging gekry. Maar ek weet ek moet werk want ek gaan niks verniet kry nie.

Faan Bothma ·

Nou dat die Sjinese SA gekoop het hoop dat hulle beheer oor die staatsinstellings sal oorneem, en spesifiek escom. Hulle ‘state grid’ is uiters effektief en het altyd ‘gebeurlikheidsbeplanning’ in plek. Boonop moedig hulle plattelandse huishoudings aan om sonpanele op te sit – sonder batterye – dit word deur ‘n slim meter aan die ‘state grid’ gekoppel. Huishoudings word finansieel vergoed vir surplus elektrisiteit wat hulle lewer.

Riaan ·

Beurtkrag…. Maar die straatligte in Boksburg brand die hele dag lank.

Lerato ·

Riaan
Hulle sit die ligte bedags aan, sodat hulle snags kan krag spaar.

Ek verstaan dit nie. Maar is so baie wat ek nie verstaan nie.

Sinies ·

Sonpanele & batterye, sorg vir jouself.
.
Die staatssisteme het misluk.
.
Skrif is aan die muur, bou nuwe alliansies, Russe, Chinese, Indie.
.
Europa/Amerika is op aftraande.

001E ·

Dit help nie Eskom sê hou die skedule dop as hulle dit nie eers kan oplaai op die webwerf nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.