Staalhek val op seun

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn 8-jarige kind is Dinsdagmiddag beseer toe ʼn staalhek in die oprit by sy huis op hom geval het.

Netcare 911 is na die huis in Umkomaas, KwaZulu-Natal, ontbied waar hulle die seun op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem het vir verdere behandeling. Paramedici het bevestig dat die seun net matige beserings opgedoen het.

Die hek het vermoedelik ontspoor en op die seun geval toe hy van die skool af tuis gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kathy ·

Kyk hoe lyk die hek. Daar is geen instandhouding nie. Mens wonder maar net….

FW ·

Die argief hek foto lyk of dit al jare terug by die skrootwerf moes gewees het,so mede landsburgers en vriende maklik om so ‘n fout te maak

An-re ·

Hierdie foto is gebruik vir n vorige insident ook… kan dus nie die oorspronklike hek wees nie. Wel n argief foto :-)

Karma ·

Duidelik, onder aan die foto staan: “Argieffoto ter illustrasie”. Kathy, jy moet mooi lees voor jy kommentaar lewer! ;-)

Dawie ·

Hier is te veel van hierdie voorvalle wat plaasvind. As mense net tog nie probeer om op die goedkoopste manier hierdie tipe hekke in te sit nie. Indien dit ordentlik gedoen word, kan die hek nie omval nie.

Lou ·

Dit het nou al baie gebeur dat ‘n hek op ‘n kind val – soms noodlottig. Partykeer word die hek uitgehaal en eenkant neergesit. Terwyl iemand elders werk klim ‘n kleuter teen die hek op. Mens moet asb. seker maak dat die hek nie kan omval nie. Terwyl dit eenkant staan of in gebruik is. Die ding is masief swaar en val iemand dood.

charlene ·

dis so tragies maar ek het een vraag, ons hek en heining is deur my man, boetie en neefie opgesit omrede ons nie so baie geld gehad het om dit kontrakteurs te doen wat mens uitbyt nie
Maar daai hek en heining staan al 10+jaar, sonder om te le na die een kant of om te roes. My man het die hek al raak gery en die kar het meer skade gekry….. hoe val al wat `n heining is deesdae om op die kinders????? Dis so tragies en onnodig dat kinders so moet seer kry. die tannie langs ons se heining is ook deur “hoogs gekwalifiseerde” mans gedoen en lank na ons heining, haar heining mos al 4 keer versterk word??? Nee wat ek is jammer maar kontrakteurs doen baie crappy werk sodat hulle later moet terug kom nog geld eis en op die ou-end van die dag is dit onskuldige kinders wat seer kry.

m ·

Ek moet se dit het al met my gebeur dat die hek uit sy spoortjie uitgaan en dis met baie groot moeite dat mens dit terugkry want daai hek is blerrie swaar. Miskien was dit ma net fratsongeluk.

My Mening ·

Sjoe word alle kontrakteurs nou in die selfie bootjie gesit? Gewoonlik is dit die suinige mense wat goedkoop aarbeid kry i.p.v om iemand profesioneel te kry, dis die rede dat daar comebacks is en hekke wat omval, op die ou end kos dit jou meer. Onthou, kontrakteurs het oom rekeninge aan die een de van die maand.

Wat-ek-lees ·

Daar is al voorheen gevra dat ‘n bevoegde persoon sy kommentaar lewer en ook ‘n tekening instuur oor hoe so ‘n hek behoort te lyk. Helaas lyk dit nie of daar so ‘n persoon is.

Kathy ·

Askies almal…. ek sien nou dis ‘n argieffoto. Mense met sulke swaat hekke moet maar altyd hul hand daaraan hou om sulke ongelukke te vermy. Dis al wat ek ge impliseer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.