Staalpenne by Tongaat-winkelsentrum het verdwyn

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Staalpenne wat ʼn balk moes versterk om ʼn betonblok te dra by die Tongaat-winkelsentrum buite Durban in KwaZulu-Natal, word vermis.

Dit is Woensdag tydens ʼn Kommissie van Ondersoek oor die ineenstorting van ʼn gedeelte van die winkelsentrum bekend gemaak. Die konstruksieperseel het op 19 November 2013 inmekaargesak. Twee persone is dood en 29 is beseer.

Sipho Mbuyisa, wie se maatskappy Mbuyisa Steel Fixing Services CC verantwoordelik was vir al die staal in die konstruksie, het getuig dat sy span 19 staalpenne in die balk installeer het. Dit is gedoen kragtens die ingenieur se planne.

Phumudzo Maphaha, gesondheid- en veiligheidsbestuurder van die departement van arbeid, staan aan die hoof van die kommissie wat die ineenstorting ondersoek. Sandile Kubheka en Lennie Samuel, ʼn forensiese ondersoekbeampte en organiseerder staan hom by.

“Daar was slegs sewe Y32-penne,” het Maphaha aan Mbuyisa gesê. Hy kon nie verklaar wat met die ander 12 penne gebeur het nie.

Die kommissie sal na verwagting ʼn verslag oor sy bevindinge opstel en aanbevelings aan die minister van arbeid en Nasionale Vervolgingsgesag voorhou.

Die kommissie het op 10 Maart die perseel besoek.

Ronnie Pillay, voorman op die perseel, het vroeër gesê ʼn betonblok het ʼn paar dae voor die voorval met 7cm gesak.

Toestemming om die winkelsentrum te bou is nooit bekom nie en die eThekwini-munisipaliteit het ʼn hofbevel bekom om die ontwikkeling te verhoed. Die bouwerk het egter voortgegaan en die winkelsentrum sou in Maart vanjaar sy deure oopgemaak het. -SAPA

Lees ook:
Tongaat-winkelsentrum: Vermiste persoon onder puin opgespoor
Tongaat-winkelsentrum moontlik gesloop
Nog een vermis ná winkelsentrum ineenstort
Glo geen goedgekeurde bouplanne vir Tongaat-winkelsentrum
Ondersoek ná winkelsentrum ineenstort
Minstens een dood, talle beseer na winkelsentrum ineenstort
Foto’s: 50 werkers moontlik in winkelsentrum vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert Strydom ·

Nee maggies, wat ‘n swak vertaling.
Julle bedoel seker die staal bewapening van Y32 was nie beskikbaar nie. Dalk te min gelewer of elders ingebou. Y32 bewapening kan nie net vermis word nie.
En seker is dit ‘n gewapende beton blad wat deur die balk ondersteun is.
Of is ek net onnodig krities.

pop ·

Ja, ek dink jy is net onnodig krities. Die punt is, as gevolg van mense se inhaligheid, geldgierigheid en agterlosigheid, is 2 mense hulle lewens kwyt.

Dis die punt, en dis ook hoekom ons wit nasie so weerloos is, want ons val mekaar oor strond aan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.