Vervaardiging in die metaal- en ingenieursbedryf het met 1% gedaal tussen Oktober en November 2014 weens kragonderbrekings deur Eskom.
Henk Langenhoven, woordvoerder van Seifsa, die verteenwoordiger van werkgewers in die staal- en ingenieursbedryf, het gesê die kumulatiewe effek van kragonderbrekings kom neer op ʼn daling van 2.5% in die eerste 11 maande van 2014 in vergelyking met dieselfde periode in 2013. Dit beteken ʼn 12 maande afname van 2.1% in vervaardiging.
Langenhoven sê die vervaardiging van rubberprodukte het met 5.9% gedaal en plastiek met 2%. Basiese yster- en staal het met 0.9% gedaal en nie-ysterhoudende produkte met 3.6%. Strukturele staal het met 6.3% gedaal en algemene masjinerie met 13%. Elektriese masjinerie en -toerusting het met 1.9% gedaal.
Hy het dit benadruk dat Seifsa se vorige beraming dat kragonderbrekings, soos wat die land in November beleef het, moontlik daartoe sal lei dat 23% van vervaardiging in die staal- en ingenieursbedryf vernietig sal word. “Eskom se waarskuwings oor die moontlikheid van nog sulke kragonderbrekings gedurende die jaar is ʼn groot kommer.”