Staat benodig R4.5 miljard vir studentefooie

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Die staat moet dringend ander maniere kry om sy studentefinansieringskema aan te vul nadat ʼn verslag getoon het die skema sal in 2016 ʼn tekort van R4.5 miljard hê.

Pres. Jacob Zuma se kantoor het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Zuma het ʼn verslag ontvang van die presidensiële taakspan wat aangestel is om die befondsingsuitdagings by die land se universiteite te ondersoek. Die verslag dui daarop dat die nasionale studentefinansieringskema (NSFAS) volgende jaar onder ʼn tekort van R4.582 miljard gebuk sal gaan.

“Die verslag beveel aan R2.543 miljard van hierdie bedrag moet vanuit die fiskus beskikbaar gestel word in die vorm van lenings om sodoende korttermyn skuldverligting aan 71 753 studente te bied, wat onvoldoende befonds is of nie van 2013 tot 2015 finansiële ondersteuning kon bekom nie,” het die presidensie gesê. “Die verdere R2.039 miljard word in die 2016/2017 finansiële jaar benodig om te verseker dat studente wat tans nie befonds word nie, in 2016 befondsing ontvang.”

Die verslag het aanbeveel die NSFAS se administratiewe stelsel moet verbeter word en “die reëls oor die akademiese geskiktheid van studente vir NSFAS moet deurentyd toegepas word”.

Volgens die verklaring het die taakspan ook die ontwikkeling van ʼn nuwe finansieringsmodel aanbeveel. Die finansieringsmodel, wat behels dat banke lenings aan studente moet toestaan teen lae rentekoerse en sonder enige borge, sal volgende jaar ontwikkel moet word om in 2017 toegepas te word. “Beleggings moet ingewin word van alle belanghebbendes om implementering op die skaal wat benodig word, moontlik te maak.”

Zuma het vroeër die taakspan op die been gebring na afloop van die nasionale studentebetogings wat eksamens tot stilstand gebring en die regering gedwing het om geen verhoging in tersiêre instansies se 2016-fooie te hef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Karel ·

Lekker man, nou hoes die belastingbetalers weer vilgende jaar!!

Peet Schabort ·

En dan wag daar ook nog gratis medies vir almal. Té lekker . . .

Lorna ·

Ek is net bekommerd oor my pension gaan daar nog oor 5 jaar iets oor wees of moet ek nou bedank en vat wat oor is

Sarie ·

@ Lorna. Ek is reeds van 2005 af op pensioen & is bang dat die fondse om een of ander rede kan opdroog of wàt ookal. Ek beskik nie juis oor beleggings nie. Dit is rèèds moeilik om te oorleef, en as my pensioen ingekort sou word of verdwyn, sal ek myself beslis in ‘n gròòt verknorsing bevind….

Lorna ·

Sarie
Ja ek werk al 29 jaar nou vir semi staatsdepartement die wit mense bedank op streepe Groot bekommernis kan nie net bedank nie ek is n weduwee en daar was niks toe my man oorlede is so ek is self verantwoordelik vir my oudag Ek is baie bekommerd

Berhalet Beukes ·

Laat die staatsamptenare en ministers, kabinetslede en politici wat die studentjies so aanhits gerus die gelde betaal!

Johann Marx ·

Dis maklik. Hou net op karre koop vir al die “tradisionele leiers”…en voila!!…daar’s geld vir student.

fritz breitenbach ·

Ek hoop die spul laat die toekomstige slim studente eers IK toetse en LIEG toetse doen dan sal dit nie veel kos om die wat oorbly te laat studeer nie

Fanie ·

Ek self wonder of die studente wat die lenings moet aangaan, daardie skuld gaan terug betaal. Laat daar dan eers IK toetse geskryf word om die wat kan op Universiteit te hou. Dit sal onnodige geldlenery uitskakel.

Frederik ·

Die (ANC) taakspan het besluit dat die banke ‘n finansieringsmodel ontwikkel wat lenings teen lae rentekoerse en geen borge aan studente moet toestaan. Can U believe?? En hoe gaan die banke bestaan?? Dis privaat ondernemings, so wie of wat is die ANC taakspan om aan hul voor te skryf hoe om hul besigheid te bedryf.
Dit is presies oor hierdie denke dat alle staatsinstellings inmekaar tuimel.

Peet Schabort ·

Frederik, dis ook seker een van die redes waarom Barclaysbank wil padgee en sy deel in Absa wil verkoop.
Wys maar net weer dat net ‘n ronde ysterbal veilig is maar dan raak die ding weer weg.

Frans ·

Die ANC het homself in ‘n hoek geverf en nou bedink taakspanne onhaalbare oplossings,want hul glo in ‘fairy tales’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.