Staat doen weg met gedwonge kwarantyn

‘n Argieffoto van ‘n kwarantynfasiliteit in die Noord-Kaap.

Die Suid-Afrikaanse regering het van sy planne afgesien om pasiënte wat positief vir Covid-19 toets te dwing om in staatskwarantynfasiliteite te isoleer.

Dít volg nadat AfriForum vroeër vandeesmaand geëis het dat nuwe regulasies – wat in Februarie in die Staatskoerant afgekondig is en voorsiening maak vir die regering om enigiemand vir 48 uur in die fasiliteit van die regering se keuse aan te hou – geskrap word.

Die burgerregteorganisasie het ’n skrywe aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gerig waarin sy daarop gewys is dat die “drakoniese” regulasies ongrondwetlik en ’n growwe skending van menseregte is.

“Nadat AfriForum met regsaksie gedreig en hofstukke voorberei het, het die minister toegestem en die nodige wysigings aan die regulasies aangebring,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder.

Volgens die jongste gewysigde regulasies mag pasiënte nou weer selfisoleer.

Die regulasies wat bepaal het dat Covid-19-pasiënte kan verplig word om mediese behandeling te ontvang, is ook van die baan.

Broodryk sê nou die minister se besluit om die regulasies aan te pas, wys net weer hoe belangrik dit vir die burgerlike samelewing is om die regering op sy tone te hou. “’n Mens kry die indruk dat die staat toenemend sy mag probeer uitbrei en tensy organisasies soos AfriForum en hul ondersteuners nie terugstoot nie, sal die staat beslis sy mag misbruik, soos ons nou al telkemale gesien het.”

Die organisasie het in Junie 2020 ook ’n oorwinning in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria behaal toe ’n dringende aansoek toegestaan is om Dlamini-Zuma se kwarantynregulasies (wat toe ook selfisolasie verbied het) ongeldig te laat verklaar. Dié regulasies, wat volgens AfriForum irrasioneel en drakonies is, was daarop gemik om almal wat positief vir Covid-19 toets onder verpligte staatskwarantyn te plaas.

Broodryk sê AfriForum is steeds van mening dat mense wat positief toets vir Covid-19 en simptome toon, tuis moet isoleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nie Verbaas ·

Wonder watter kaders se plek die is? Lyk meer na hoenderhokke?

marius ·

Laat sy hoes vir die regskoste . In haar PERSOONLIKE hoedanigheid .

Miena ·

Dit het nie eers gewerk met staats isolasie verblyfplekke tydens die 1e en 2e golf nie – nou dat die mense ingespuit is en als ampertjies normaal se kant toe mik-mik – nou wil hulle staan en mens se bloeddruk opjaag met sulke snert. dink hulle – die goewerment – dit gaan NOU werk??? ag asseblief gee my krag…

George ·

Hulle sien die einde is in sig en moet nou spartel om planne te maak om nog te kan loot.

Christine ·

Hou op om te hardloop en getoets te word vit elke hoes, proes en loopneus! Behandel jouself.met die nodige medikasie. Ek gaan na my dokter wat GLAD NIE laat toets nie, want dit jaag net syfers op. Hy skryf medikasie voor en binne 8 dae is mens gesond. Ek stry nie daar is mense wat BAIE siek word van die virus.nie, hulle het beslis intensiewe sorg nodig.

VaalDonkie ·

En jy weet ne, hulle wil he dat as jy positief getoets word vir COVID, jy moet forseer word om dan die entstof te kry. Weet jy wat gebeur as jy die entstof kry terwyl jy reeds COVID het? Ek praat nie van nadat jy herstel het nie. Ek praat van jy het NOU covid, dan wil hulle jou inspuit met die doepa.

Hulle DINK nie. Hulle wil net magte aan hulself toe-eien. Ek dink nie eens dis moedswillig nie. Ek dink dis gewoon so ondeurdag soos die oorlog op ooptoon-skoene ek sigarette.

Willem ·

Verpligte isolasie in STAATSKWARANTYN = ARRESTASIE OMDAT MENS SIEK IS. Dis nie eers middeleeus nie, dis iets wat in die bybelse tyd toegepas is toe mense nog niks geweet het van virusse, bakteriee en kieme nie.

VaalDonkie ·

Hey, in die Ou Testament staan daar as jy siek is, moet jy jouself isoleer. Daar staan niks van mense in die tronk smyt nie.

Dirk Mostert ·

In die middeleeue is geglo vars lug is ongesond en siekes se vensters is toegehou. Presies wat gedurende die begin van die lockdown op ons afgedwing is: Almal moes binnenshuis bly en oefening was taboe.

JohanR ·

Rerig! Hierdie siek ANC wou mense in kwarantyn in daai gemors sit. Ja dit is nie eers geskik vir hoenders nie! Hoeveel het AfriForum nou al gewen teen ou kopdoek?

Anoniem ·

Hoekom moet ‘n mens alles waarby die staat betrokke is in die howe betwis?

Pietertjie ·

Dit lyk asof mens daar baie maklik ander siektes kan opdoen.

lollapot ·

Control freak! Wil die antie nie asb nou die emmer skop nie?

Miskruier ·

“Why do the protected need to be protected from the unprotected by forcing the unprotected to use the protection that did not protect the protected in the first case? Imagine a vaccine so safe you have to be threatened to take it for a virus so dangerous you have to be tested to see whether you have it or not”

Jack ·

Goed gedoen A. Ek glo nie dis die staat van die soort ding wil afdwing nie dis die diktator zuma wat die goed uitdink en sy weet dat selfs R nie teen haar sal gaan nie soos reeds telkemale bewys.

Dirk Mostert ·

Dankie ook aan Dear S.A. wat ons die geleentheid gebied het om kommentaar te lewer op die voorgestelde wetgewing. Ek het Dlamini se aandag gevestig op die Internasionale Kriminele Hof (ICC), waar die plandemie-stokers reeds aangekla is van misdaad teen die mensdom.

Swerwer ·

Wees verseker hul sien my nie in ‘n staatsdiensinstelling onder kwaratyn geplaas nie.
Kopdoek kan mos vir haarself dink dat haar besluite wat sy op almal wil afdwing haalbaar is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.